Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Spring in Aksie Hierdie Lente

Spring Into Action

Verlaag jou bloedsuikervlakke hierdie lente-seisoen

Laat die vars lug, pragtige bloeisels en warm weer jou inspireer om jou bloedsuikervlakke te verlaag. Lente is die perfekte tyd om in aksie te spring en gesonder te leef!

Lees verder om uit te vind hoe jy hierdie lente jou bloedsuikervlakke kan laat daal.

  1. Oefen buite

    Die oefenriglyne vir mense met diabetes is eenvoudig. Jy kan ‘n aktiwiteit teen ‘n matige tempo vir 30 minute doen, vir die meeste dae van die week. Kardio- en weerstandsoefening is die beste om bloedsuikervlakke af te bring.

    Lente is die perfekte tyd om jou liggaam aan die beweeg te kry. Geniet die vars lug, die bloeisels en die voëltjies se gesing terwyl jy fiks word. Jy durf dalk ‘n vinnige stappie aan of trap fiets deur jou buurt. Watter oefening jy ook al kies, buitelugoefening hou baie voordele in.

    Sommige voordele sluit in:

    Jou geestesgesondheid kan verbeter

    Volgens ‘n 2015-studie blyk dit dat ‘n stappie in die natuur jou kan help om kalm te voel en te vergeet van die probleme waarmee jy opgesaal is. Die natuur kan jou aandag aflei van al die spanning in die lewe. Hierdie voordeel is natuurlik veral welkom as jy sukkel met hoë bloedsuikervlakke aangesien stres jou bloedsuikervlakke aansienlik kan verhoog.

    Jy kan geld spaar

    Om buite te oefen is nie net goed vir jou geestesgesondheid nie, maar jy kan ook kostes sny. Jy hoef nie vir ‘n peperduur lidmaatskap by ‘n gimnasium te betaal nie. Jy kan eerder in die natuur oefen.

    Jy mag harder oefen

    As jy buite oefen is die kanse goed dat jy langer sal oefen. In een studie het bejaarde volwassenes wat buite geoefen het, ongeveer dertig minute meer oefening gedoen as dié wat net binnenshuis geoefen het.

  2. Nooi lente binnetoe. Tyd vir ‘n lente-skoonmaak!

    Lente-skoonmaak is ‘n tradisie wat eeue gelede terugdateer toe mense hul vensters oopgemaak het om vars lug in te laat en die helderder dae benut het om hul huise deeglik skoon te maak. Lente is ‘n tyd van vernuwing. Dit is tyd om enige onnodige items uit te gooi en die seisoen met ‘n vars en netjiese leefruimte te begin.

    Miskien moet jy dit oorweeg om jou huis hierdie lente deeglik skoon te maak. Nie net sal jy ‘n silwerskoon huis hê nie, maar dit sal ook goed wees vir jou gesondheid. Daaglikse aktiwiteite, soos skoonmaak, kan jou bloedsuikervlakke verlaag.

    Probeer hierdie lente-skoonmaak wenke:

    Maak jou yskas skoon

    Maak jou yskas skoon en vervang enige slegte kos met veselryke kos. Jy kan aspersies, appelkose, ertjies en bessies in jou yskas verkoel en later geniet. So kan jy jou gesondheid ‘n hupstoot gee.

    As jy gereeld kosse ryk aan vesel eet, sal dit help om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou. Begin hierdie seisoen deur vars vrugte en groente te eet en staan diabetes teë.

    Herorganiseer jou diabetesvoorrade

    Herorganiseer jou medisynekas en noodvoorrade sodat jy kan vind wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het. Maak ook seker dat jy al jou nodige medikasie en aanvullings het.

    As jy dit nog nie gedoen het nie, kan jy Manna Blood Sugar Support by jou voorrade voeg. Hierdie produk het duisende mense gehelp om hul bloedsuikervlakke te stabiliseer. Manna Blood Sugar Support is heeltemal organies en kan saam met ander medikasie geneem word.

    Hoe werk Manna Blood Sugar Support? Wanneer dit saam met jou maaltyd geneem word, sal die aanvulling die tempo waarteen glukose in jou bloedstroom vrygestel word, verlaag. Hierdie produk help om die glukemiese indeks van die kos wat jy eet met tot 43% te verminder.

  3. Begin ‘n buitelug-stokperdjie

    Dink daaraan om een van hierdie buitelug-stokperdjies uit te probeer:

    Durf ‘n staptoer aan

    Staptoere is ideaal vir individue met diabetes of prediabetes. Dit is ‘n minder strawwe opsie in vergelyking met ander oefeninge, maar jy kan wel ongeveer 250 kalorieë per uur verbrand, wat help om bloedsuikervlakke te reguleer.

    Begin tuinmaak

    Jou tuin kan jou buite-gimnasium wees. Tuinmaak kan ‘n goeie manier wees om aktief te bly want jy kan baie spiergroepe gebruik terwyl jy strek, buig, lig, trek en druk.

    Gereelde fisiese aktiwiteit en oefening kan help om bloedsuikervlakke te beheer, en tuinmaak is ‘n aktiwiteit wat beide fisiese aktiwiteit en stresverligting bied.

  4. Nog ‘n paar wenke vir die lente

    Praat met jou dokter oor allergiemedikasie

    Baie mense neem allergiemedikasie om simptome soos waterige oë en ‘n loopneus gedurende die lente-seisoen te verlig. Hierdie medikasie kan egter jou bloedsuikervlakke beïnvloed. Pasop vir die moontlike newe-effekte van die volgende medikasie:

    • Antihistamiene kan jou lomerig maak en dit moeilik maak om te reageer op veranderinge in jou bloedsuikervlakke.
    • Dekongestante kan bloedsuiker, bloeddruk en jou hartklop verhoog.

    Dit is die beste om met jou dokter te praat voordat jy hierdie medikasie neem.

    Smeer sonskerm aan

    Al is die son dalk gedeeltelik agter die wolke, is dit steeds moontlik om te brand as jy vir ‘n lang tydperk aan sonstrale blootgestel word. Die brandende sensasie op jou vel kan stres veroorsaak wat dan jou bloedsuikervlakke kan verhoog. Smeer altyd sonskerm aan.

    Dra die regte skoene

    As jy aan diabetes ly, loop jy ‘n groter risiko om ‘n voetinfeksie op te doen of te sukkel met bloedsirkulasie.

    Hier is ‘n paar wenke om te help met goeie voetgesondheid:

    • Dra gemaklike drafskoene wanneer jy stap of hardloop
    • Dra gemaklike skoene wanneer jy ‘n staptoer aandurf
    • Gebruik visplakkies of sandale wanneer jy swem – al staan jy net langs die swembad
    • Inspekteer jou voete gereeld en gee aandag aan enige skrapies of blase

Samevatting

Geniet alles wat die lente-seisoen bied en laat die vars lente lug jou inspireer om jou bloedsuikervlakke te verlaag. Spring in aksie! Oefen buite, maak jou huis skoon en begin ‘n buitelug-stokperdjie. Lente is sowaar die seisoen van beter gesondheid!

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters