Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Beste Lekkernye vir Gewigsverlies

Best snacks for weight loss

Eet gesonde peuselhappies en verloor gewig

Een van die moeilikste dinge, wanneer dit by gewigsverlies kom, is om nie te veel kalorieë te eet nie.

As jy van skyfies, sjokolade en ander lekkernye hou, kan jy sukkel om gewig te verloor.

Die meeste van die verversings wat ons eet is ongelooflik ongesond en verslawend.

Natuurlik hoef jy nie heeltemal op te hou peusel om verslawing en gewigstoename te vermy nie. Ons hou almal daarvan om bedags ietsie lekkers te geniet.

Die beste manier om op te hou om ongesonde verversings te eet, is om dit met gesondes te vervang.

Moet ek suiker of vet beperk?

As jy lekker ryk, dekadente kosse soos romerige avokado’s of bottergebraaide salm gereeld geniet mag jy dink dat jy baie gewig gaan optel.

Die bekende sêding lui mos: “Lekker op die lippe, vir ewig op die heupe.”

Dieselfde geld vir kosse wat gelaai is met suiker soos ontbytgraan en roomys. Dit kan ook nie goed vir jou middellyf wees nie.

In baie dele van die wêreld word suiker en vet selde apart geëet. Wetenskaplikes ondersoek egter nou hoe vette en suikers jou afsonderlik affekteer.

‘n Toenemende hoeveelheid navorsing dui daarop dat vet alleen nie bydra tot gewigstoename nie. Talle studies dui daarop dat suiker ‘n groter sondebok is as dit by gewigstoename kom.

Jy wil peuselhappies met baie suiker beperk:

Sommige hiervan sluit in:

  1. Lekkergoedstafies
  2. Koekies
  3. Roomys
  4. Doughnuts (oliebolle)
  5. Kolwyntjies

Alhoewel vette dalk ‘n slegte reputasie het, kan die insluiting van gesonde vette in jou dieet talle voordele inhou.

Sommige verversings met gesonde vette sluit in:

  1. Avokado-roosterbrood bedek met olyfolie
  2. Hoemoes met volgraan skyfies
  3. Gemengde neute
  4. Griekse jogurt met ‘n druppel heuning en gekapte amandels
  5. Guacamole met groentestokkies

Lekkernye vir gewigsverlies

  1. Gebak

    As jy aan gebak dink, dink jy dalk aan koolhidraatgelaaide, suikerryke lekkernye. Maar jy kan gesonde lekkernye koop of bak. En hulle kan net so lekker wees.

    Hierdie lekkernye kan redelik duur wees om by gesondheidswinkels te koop.

    Bak is ‘n goeie opsie as jy geld wil spaar.

    Die twee goue reëls wanneer dit kom by die bak van gesonde lekkernye is:

    Reël 1: Beperk suiker

    Wanneer jy ‘n resep kies, kan jy altyd die hoeveelheid suiker verminder of suiker vervang met ‘n ander bestanddeel.

    Sommige vervangings vir suiker sluit in:

    • Heuning
    • Stevia

    Reël 2: Ruil meel vir gesonde alternatiewe

    Meel bevat baie koolhidrate en het nie die noodsaaklike voedingstowwe soos vesel nie.

    Meel kan ook bloedsuikerspieke veroorsaak en hoë bloedsuikervlakke kan lei tot uiterse honger.

    Wat beteken dat jy vinnig nog wil eet.

    Daar is baie alternatiewe vir meel, soos:

    • Amandelmeel: Hierdie meel is gemaak van fyngemaalde amandels en bevat gesonde vette, proteïene en vesel. Dit is laag in koolhidrate en ‘n goeie bron van vitamien E en magnesium.
    • Klappermeel: Hierdie meel is hoog in vesel en bevat min koolhidrate. Dit bevat ook omega-3-vetsure, wat baie gesondheidsvoordele inhou.
    • Gemaalde vlassaad: Hierdie poeier is ‘n uitstekende bron van omega-3-vetsure, vesel en proteïene.
    Voorbeelde van gebak vir gewigsverlies:
    • Avokado-brownies met avokado-versiersuiker
    • Pekanneut blondies
    • Piesangbrood met amandelmeel
    • Sjokoladekoekies met klappermeel
    • Sjokolade en grondboontjiebotter proteïenstafies
    • Meellose pampoenkolwyntjies
  2. Vrugtehappies

    Vrugte is natuurlik soet en wonderlik om ‘n soettand te bevredig. Vrugte is ook propvol vitamiene, antioksidante en vesel. En natuurlik is hulle veelsydig. Jy kan hulle vars eet, bak, rooster of vries.

    Enkele voorbeelde van vrugtehappies:
    • Aarbeie gedoop in donkersjokolade
    • Bruinsuiker-geroosterde pomelo’s
    • Appelskywe met grondboontjiebotter
    • Maaskaas en pere
    • Blomkoolpizza met vrugte
    • Gebakte appelskyfies met kaneel
  3. Happies propvol proteïne

    Proteïene is ‘n uitstekende voedselkeuse om gewig te verloor. Om baie proteïene te eet, kan jou werklik help om gewig te verloor, aangesien proteïen jou langer versadig laat voel.

    Goeie proteïen-keuses sluit in:
    • Geroosterde kekerertjies
    • Hardgekookte eiers
    • Biltong of droë wors
    • Amandel- en gedroogde appelkoosryskoekies

Meer wenke

  • Goeie plaasvervangers vir skyfies sluit in springmielies of boerenkoolskyfies.
  • Sit jou peuselhappies in ‘n bakie in plaas daarvan om uit houers te eet. As jy jou verversings in kleiner bakkies bedien, kan dit jou help om nie te veel te eet nie. Oefen goeie porsiebeheer.
  • Gebruik jou vrieskas. Jy kan vrugte vries om later in smoothies te voeg of saam met jogurt te geniet. Jy kan ook gebak vries en ontdooi vir teetyd.

Samevatting

Moenie skuldig voel as jy daarvan hou om te peusel nie. Vervang verslawende, soet lekkernye met gesonder opsies. Onthou om jou gewigsverliesreis te geniet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters