Die grootste rede vir gewigstoename is omdat ons meer kalorieë inneem as wat ons verbrand.
Maar ekstra kalorieë is net een van die redes vir gewigstoename.
Hier is 5 ander redes waarom jy dalk gewig optel – sonder dat jy dit besef:
-
Te min slaap
‘n Gebrek aan goeie slaap kan gewigstoename veroorsaak deur jou energie te verlaag en jou stres te verhoog. Stel ‘n slaaproetine op en hou daarby.
-
Hoë stresvlakke
Stres laat jou dikwels na suiker ryk kos gryp. Wanneer jy stres, verhoog jou kortisolvlakke en vertraag jou metabolisme. Eet iets gesonds soos wortels of seldery wanneer jy gespanne voel.
-
Sekere medikasie
Medikasie vir depressie, bloeddruk, migraine, hormoonvervanging, en voorbehoedmiddels kan gewigsverlies bemoeilik. Raadpleeg jou dokter indien nodig.
-
‘n Onderliggende mediese toestand
Hipotireose en hormonale veranderinge soos menopouse kan gewigsverlies belemmer. ‘n Gesonde lewenstyl en ondersteuning kan help om dit te bestuur.
-
Menopouse
Laer estrogeenvlakke veroorsaak vetversameling rondom die maag. Dit kan saam met ander simptome moeilik wees om te hanteer – maar daar is oplossings.
Wat kan jy doen?
Begin met ‘n gebalanseerde eetplan soos die gratis Manna Dieët e-boek, en neem Manna Blood Sugar Support saam met jou etes.
Hierdie aanvulling help om suiker stadig in die bloed op te neem, wat bloedsuiker stabiel hou. Dit beteken jy voel langer versadig en het volhoubare energie.
Voordele van Manna Blood Sugar Support:
- Help insulienweerstandigheid om te draai
- Normaliseer bloedsuikervlakke
- Vertraag glukose-opname
- Verlaag insulienbehoefte
- Verskaf volhoubare energievlakke
So, hoe voorkom jy gewigstoename?
Vermy kits-diëte en fokus eerder op volhoubare eet- en oefengewoontes.
Eetgewoontes:
- Beperk verfynde koolhidrate en suiker
- Maak 1/3 van elke ete proteïen
- Eet vars vrugte, groente en slaaie
- Vermy verwerkte en diep-gebraaide kos
- Beheer porsiegroottes – selfs gesonde kos bevat kalorieë
Kry die gratis Manna Dieët e-boek vir meer leiding.
Oefening:
Wees minstens 4 keer per week aktief. Jy hoef nie gim toe te gaan nie – kies aktiwiteite wat vir jou werk:
- Stap of fietsry
- Draf
- Bergklim of tuinwerk
- Gebruik huishoudelike items vir gewigte
- Dans of spring tou
Manna Blood Sugar Support:
Gebruik 1–2 tablette saam met elke ete. Dit hou jou bloedsuiker stabiel en help om kosdrange te voorkom.
Waarom is stabiele bloedsuiker belangrik?
Stabiele bloedsuiker voorkom energie-dalings en onnodige eetlus. Dit maak gesonde gewigsverlies moontlik.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Die aanvulling vertraag suikeropname, verminder insulienvrystelling en voorkom vetopberging.
Is daar newe-effekte?
GEEN. Dit is natuurlik en gemaak van die peule van die Prosopis (Mesquite) boom – sonder bymiddels of negatiewe newe-effekte.
Wat kry jy uit Manna Blood Sugar Support?
- Verminder kosdrange
- Laat jou toe om soms te bederf sonder skadelike pieke
- Help om daardie laaste kilogramme af te skud
- Voorkom "sugar crash" na ‘n maaltyd