Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

8 Slim Gewigsverlies Strategieë

8 Slim Gewigsverlies Strategieë

Verander jou gewoontes permanent met hierdie slim taktieke, sodat jy gewig kan verloor

As jy gewig wil verloor, moet jy op die beproefde pad hardloop – beperk die hoeveelheid kalorieë wat jy eet en vermeerder fisiese aktiwiteite. Om ‘n lae-kalorie dieet te handhaaf en konsekwent te oefen is nie maklik nie. Die meeste van ons hys die wit vlag binne ‘n paar weke.

Voordat jy nog ‘n gewigsverliesplan begin, implementeer slim strategieë wat jou sal help om eet- en oefengewoontes vol te hou.

Hier is ‘n paar slim gewigsverlies strategieë

1. Begin waar jy is

Om ‘n gewigsverliesplan te begin, kan oorweldigend voel – daar is soveel goeie gedrag om te implementeer en slegtes om van af te staan. Jy hoef nie al jou gewoontes op een slag te verander nie.

Die beste manier om te begin is om eers te evalueer waar jy is en dan een, klein treetjie na jou doel te neem. As jy meestal stilsit, moenie begin deur elke dag ’n strawwe roete van 5 km te hardloop nie. Begin klein. Probeer elke dag vir 5 minute loop. Vier jou klein oorwinnings en binnekort sal jy op pad wees om vinnig en ver te hardloop.

2. Identifiseer struikelblokke

Wat weerhou jou om gesonde gewoontes te implementeer en vol te hou? Miskien sukkel jou om stres te hanteer. As jy jou struikelblokke kan identifiseer, kan jy ‘n manier vind om hulle te verwyder. Joernaalinskrywings is, byvoorbeeld, ’n goeie manier om bewustheid te kweek rondom jou innerlike wêreld. As jy bewus is van hoe jy voel, sal dit makliker wees om stres te hanteer in plaas daarvan om dit te onderdruk deur te eet.

Sit ‘n stop aan emosionele etery…

3. Maak gewigsverlies maklik

As jy gesonde maaltye wil voorberei, maak dit maklik vir jouself. Eerder as om moeilike en eksotiese resepte met bestanddele wat jy van Indië of Maleisië of êrens anders ver weg moet bestel, probeer om eenvoudige en maklike maaltye te kook. As jou nuwe gewoontes maklik is, verhoog jy jou kanse om hulle vol te hou.

Stel jou omgewing so in dat dit vir jou maklik is om jou nuwe gewoontes uit te voer. Moet byvoorbeeld nie jou drafskoene agter in jou kas sit nie, sit hulle eerder by die deur sodat jy hulle maklik kan aantrek en in die pad kan val.

4. Vind jou motivering

Hy wat weet hoekom hy gewig wil verloor, kan amper enige hoe verduur. Miskien wil jy jou algemene gesondheid verbeter of wonderlik in jou bikini lyk, wat ook al jou motivering is, maak seker dat dit duidelik is.

Die belonings van beter gesondheid of ‘n pragtige bikini-liggaam sal jou motiveer om jou nuwe gesonde gewoontes vol te hou.

5. Geniet jou nuwe gewoontes

Het jy geweet dat jou brein aangename ervaringe onthou? Jy sal meer geneig wees om gewoontes te bou rondom dinge wat jou gelukkig maak. Kies vrugte en groente waarvan jou hou om te eet. Geniet die geure en teksture van jou gunsteling gesonde kos. Probeer om nie kos te eet waarvan jy regtig nie hou nie, al is dit gesond. Vind eerder ‘n gesonde alternatief.

6. Doen dit saam

Kies mense om jou te ondersteun, wat jou op positiewe maniere sal aanmoedig, sonder om jou skaam of verleë te laat voel of jou vordering gaan saboteer. Ons is sosiale wesens, en dit is baie makliker om moeilike dinge aan te pak, as jy dit nie alleen doen nie.

7. Hou rekord van jou gewoontes

Om tred te hou met jou gewoontes sal jou help om by jou nuwe gedrag te bly. Hou rekord van al die nuwe gewoontes wat jy daagliks implementeer, en aan die einde van elke dag merk jy take af wat jy voltooi het. Deur ‘n taak te voltooi en dit af te merk, sal meer van die hormoon dopamien vrygestel word. Dopamien is die motiveringsmolekule wat jou dryf om belonings te soek in die bereiking van doelwitte en jou in staat stel om die moeite te doen wat dit vereis om suksesvol te wees. Hoe meer dopamien jy het, hoe meer gemotiveerd sal jy wees om by jou gewoontes te hou.

8. Verander jou perspektief

As jy daardie ekstra kilogramme wil afskud en weghou, moet jy langtermyn veranderinge maak. Jou nuwe gewoontes moet ‘n leefstyl word. Jy sal waarskynlik af en toe ‘n terugslag hê maar in plaas daarvan om heeltemal op te gee na ‘n terugslag, begin eenvoudig die volgende dag opnuut.

Samevatting

Die beste manier om gewig te verloor en daardie kilogramme af te hou, is om jou leefstyl te verander. As jy gewigsverlies wil volhou moet jy permanente veranderinge aanbring aan jou dieet en hoe jy jou tyd spandeer. Implementeer slim taktieke wat jou sal help om jou nuwe gewoontes vol te hou.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters