Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

9 Natuurlike Behandelings Vir Warmgloede

9 Natuurlike Behandelings Vir Warmgloede

Warmgloede is die ikoniese simptoom van menopouse

Dit is die eerste simptoom waaraan meeste mense dink as hulle “menopouse” hoor. Warmgloede kan ‘n pyn wees om te hanteer; en boonop dit kan dit ook ‘n verleentheid wees!

Warmgloede kom gewoonlik op die mees ongerieflike tye. Maar dan weer, is daar ooit regtig ‘n tyd wanneer dit gerieflik is om van die sweet te drup en rooi in die gesig te word vir geen duidelike rede nie? Gelukkig is daar natuurlike oplossings om warmgloede te beveg.

Wat is warmgloede?

Warmgloede is skielike en intense warm sensasies, gewoonlik in die gesig en bolyf. Hulle kan gepaard gaan met ander simptome soos ‘n verhoogde hartklop, oormatige sweet, naarheid, duiseligheid, angs, hoofpyn, of skielike swak gevoel.

Wanneer vind warmgloede plaas?

Warmgloede kom gewoonlik tydens menopouse voor en kan enige tyd van die nag of dag plaasvind.

Wat veroorsaak warmgloede?

Die hoofrede waarom warmgloede voorkom, is dieselfde as vir die meeste ander menopousale simptome. Dit kan teruggetrek word na wanbalanse in die hormone, soos die dalende vlak van estrogeen. Daar is ‘n paar faktore wat die waarskynlikheid van warmgloede verhoog. Dit sluit in om oorgewig te wees, fisieke onaktiwiteit, rook, oormatige stres, warm baddens, saunas, die eet van branderige kos, en oormatige verbruik van alkohol.

Hier is 9 natuurlike behandelings vir warmgloede:


1. Appelasyn

Rou, ongefiltreerde appelasyn help om gifstowwe te reguleer wat die liggaam deur sweet probeer uitskei. Dit kan dan help om die intensiteit en kans van warmgloede te verminder. Meng een of twee eetlepels appelasyn in ‘n glas water, groentesap, of vrugtesap. Drink dit een of twee keer per dag totdat die simptome verdwyn.

2. Soja

Kos wat soja bevat help om hormoonvlakke te balanseer, veral wanneer dit by estrogeen kom. Probeer om twee porsies sojakos per dag te eet. Dit kan in die vorm van sojamelk, tofu, of edamame wees.

3. Vlassaad

Vlassaad is hoog in fito-oestrogene. Die fito-oestrogene in vlassaad is in die vorm van lignine. Eet daagliks 50 g gemaalde vlassaad. Jy kan elke dag ’n paar eetlepels by jou hawermout, jogurt, sop of smoothie voeg.

4. Salie

Salie is vir baie jare ‘n bekende warmgloed oplossing. Die rede waarom dit so goed werk, is dat dit flavonoïede, sekere olies, en tannine bevat. Drink 2 koppies salie tee per dag.

Hier is die resep:
  • Voeg een eetlepel salieblare by ‘n koppie kookwater.
  • Laat dit vir vyf minute trek en gooi deur ‘n sif om die blare te verwyder.
  • Voeg bietjie suurlemoen en heuning by vir smaak.

5. Rooi klawer

Rooi klawer bevat plant-isoflavone wat estrogeenagtige eienskappe het, so dit help om warmgloede te verlig. Dit kan weer in ‘n tee gemaak word, met die resep soos volg:

  • Voeg een of twee teelepels gedroogde rooi klawer by ‘n koppie kookwater.
  • Bedek, trek vir 30 minute en gooi deur ‘n sif.
  • Drink daagliks tot en met drie koppies van hierdie kruietee.

Let wel: Rooi klawer kan ander medikasie beïnvloed, praat met jou dokter voordat jy dit probeer.

6. Vitamien E

Vitamien E het estrogeen en kan warm gloede effektief verminder. Dit vervang ook die nodige elektroliete wat die liggaam deur sweet verloor.

Let wel: Vitamien E kan drie tot ses weke neem voordat jy ‘n verskil sien.

7. B-vitamiene

B-vitamiene, soos B5, B2, B12, B6 en B3, kan help om die intensiteit van warm gloede te behandel en te verminder. Hulle help om hormone soos estrogeen en progesteroon te reguleer. Ook hou B-vitamiene die slymvliese van die vagina gesond, verminder depressie, verlig angs, en korrigeer eetlusverlies.

  • Eet kosse wat ryk is aan vitamien B5 soos vis, volgraan brood, volgraan grane, peulgewasse, avokado’s, neute, eiers, en piesangs.
  • Eet vitamien B2-kosse soos melk en eiers.
  • Probeer vitamien B12-kosse soos sojaprodukte, eiers, melk, en vis eet.
  • Eet vitamien B6-kosse soos sonneblomsaad, kalkoen, gedroogde vrugte, en piesangs.
  • Eet vitamien B3-kosse soos groen blaargroentes, neute, bone, en ertjies.

8. Oefen

Daaglikse oefening is nie net goed vir jou algemene gesondheid nie, maar dit help ook om warmgloede effektief te beveg. Jy moet vyf keer per week minstens 30 minute se aërobiese oefening (stap, dans, swem, fietsry) kry. Boonop moet jy twee keer per week 15 tot 20 minute kragoefening (Liggewigoefening, of weerstandsoefening) byvoeg.

9. Manna Hot Flush Gel

Die Manna Hot Flush-gel bied vinnige en effektiewe verligting van warm gloede en nagsweet. Vryf eenvoudig ‘n bietjie van die Manna Hot Flush-gel agter in jou nek en ervaar byna onmiddellike verligting en verkoeling. Jy kan dit selfs voorkomend gebruik!

Wat is die voordele van Manna Hot Flush Gel?

Dit het ‘n vinnige verkoelende effek, verlig spierspasmas, het ‘n kalmerende effek, anti-allergies, anti-inflammatories, antisepties, nie-giftig, en nie-irriterend.

Manna Menopause Support

Oorwin die simptome van menopouse en voel wonderlik!

Manna Menopause Support

Sekere aanvullings kry ons nie in ons daaglikse dieet nie maar mens het hierdie aanvullings nodig om die liggaam se balans tydens menopouse reg te stel.

What do customers say about Manna Menopause Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Amazing product
Ive been using Manna Health for 3 months now and simply can’t function without the menopause support. I can’t use conventional hormone-based menopause remedies due to medical reasons and Manna’s menopause support is the only thing that gets me through the day.

— Michelle O

This product works
Thank you for developing this product that really works. I recommended it to a total stranger the other day!

— Linda Hulley

The product has truly taken away my hot flushes. Extremely happy with the product.

— Lisa

Have been using this product since 2018 after having hysterectomy and it's my go to product for all menopause related symptoms.

— Zanele (Takealot)

This is the first natural supplement that actually helps with hot flushes

— Karen (Takealot)

I was sceptical, but tried it since there were so many good reviews. I can honestly say I was pleasantly surprised and will recommend it to anyone wanting a natural option. Night sweats are no longer an issue😁

— Janine (Takealot)

I would definitely recommend this product. I have been using it for about two years and it is excellent. Assists with hot flushes, mood swings, better sleep. My family and I noticed the difference recently when I ran out😂

— Sue (Takealot)

Manna menopause support has changed my life! Before I was suffering from frequent hot flushes and now I am flush free! Thank you so much!

— June (Takealot)

At last I can get a good night's rest without the pesky nightsweats and hot flushes. Highly recommend this product

— Rene (Takealot)