Hoe werk gewigsverlies? Hoe lank vat ‘n liggaam om gewig te begin verloor? Wanneer kom mens op mens se doelgewig?
Hierdie is alles vrae waaroor ons almal soms wonder, maar hoe werk dit regtig? Daar is ‘n paar werklikhede van gewigsverlies om te help met daardie vrae.
Hier is 4 werklikhede van gewigsverlies wat jou meer sal help verstaan oor hoe dit werk…
-
Hoe Jou Liggaam Gewig Verloor
Wanneer jy minder kalorieë inneem as wat jou liggaam gebruik, sal jou liggaam vet verbrand om op te maak vir die verskil – en jy sal dus geleidelik gewig verloor. ½ Kg liggaamsvet is gelykstaande aan ongeveer 3,500 kalorieë. ‘n Tekort van 500 tot 1,000 kalorieë per dag sal dus ‘n gewigsverlies van so ½ tot 1 kg per week teweegbring.
Wanneer jy te veel kalorieë uitsny, sal die liggaam egter vermoed dat daar hongersnood op pad is en probeer om vet te stoor. Wanneer ‘n vrou dus minder as 1,200 kalorieë per dag, of ‘n man minder as 1,800 kalorieë per dag eet, sal hul liggaam spierweefsel afbreek om vir energie te gebruik.
Die skaal sal wys dat jy gewig verloor het, maar hierdie gewigsverlies sal gedeeltelik ‘n verlies van spiermassa wees, wat jou totale liggaamsamestelling – die verhouding tussen vet/maer – nadelig sal verander.
Jou doel moet dus wees om jou kalorie-inname so te verminder dat jou liggaam vet sal verbrand, maar nie so baie dat jy onder die minimum kalorie-inname van 1,200 of 1,800 kalorieë per dag is nie.
-
Gewigsverlies se Uitwerking op Gesondheid
Dit is natuurlik om fisiese veranderinge vinnig te wil sien, maar een van die werklikhede van gewigsverlies is oorgang na slanker heupe en maag neem tyd. Selfs al sien jy dalk nie die resultate vinnig nie, sal jou gewigsverliespogings jou die wêreld se goed doen. Deur so min as 5 tot 10 persent van jou totale gewig af te skud sal jou bloeddruk, cholesterol en bloedsuikervlakke verbeter.
Wanner jy begin oefen as deel van jou gewigsverlies-program, sal jy jou kanse op hartsiektes aansienlik verminder, selfs al verloor jy nie baie gewig nie. As jy gesonder eet en meer beweeg, sal dit jou help om viserale vet te verloor. Viserale vet is die diep maagvet rondom jou organe en dit verhoog jou kanse op gesondheidsprobleme soos tipe 2 diabetes en kardiovaskulêre siektes aansienlik.
-
Fisiese Tekens van Gewigsverlies
Jy kan dalk tekens van gewigsverlies raaksien voordat jou vriende, kollegas of gesin dit opmerk. Jou klere sit dalk bietjie losser, die skaal wys dat jy ‘n kilogram of 2 verloor het – en as jy in die spieël kyk, lyk jou arms en dye selfs ‘n bietjie dunner.
As jy oorgewig is, is enige gewigsverlies ‘n goeie ding. Jy kan egter gefrustreerd raak as jy nie verlies op jou “probleemareas” raaksien nie. Gewigsverlies vind gewoonlik plaas in areas waar jy eerste gewigstoename opgemerk het. Vir mans is die maag gewoonlik ‘n algemene vetstoringsplek, terwyl vroue sukkel met gewig rondom die heupe en dye.
-
Optimale Gewigsverlies Strategieë
Wanneer jy graag vinnige gewigsverlies resultate wil sien, is dit meestal ongesond en oneffektief om té vinnig gewig te verloor. Kitsdiëte of skemas waar jy vinnig gewig verloor kan dalk in die korttermyn help, maar jy sit meestal daardie gewig vinnig weer aan.
Sny verwerkte kosse, kitskosse en gereelde soetigheid stadig uit. Gebruik vars bestanddele soos groente vol vog en vesel, maer proteïene, vrugte, lae-vet suiwel en heelgrane. Jou bord moet bestaan uit ‘n kwart proteïen, ‘n kwart kwaliteit-koolhidrate, en twee kwarte groente.
Bly weg van lekkers en versoete drankies tussen etes. Kies eerder lae-vet joghurt, vars vrugte, ongesoute neute of lae-vet kaas.
Maar as jy nou REGTIG wil gewig verloor…
Probeer die Manna Diet as ‘n maklike manier om oor te skakel na ‘n gesonde eetplan. Neem altyd ‘n produk soos die Manna Blood Sugar Support saam met etes – dit help kosdrange hok slaan en jou aptyt natuurlik onderdruk, sonder newe-effekte.
Oefening help kalorieë verbrand en verbeter gesondheid. Probeer minstens 150 minute per week oefen. Voeg weerstandsoefeninge by vir vinniger resultate en ‘n fermer liggaam.
Gee jou gewigsverlies ‘n hupstoot…
Die Manna Low GI Shake is ideaal om ‘n maaltyd te vervang – tot twee keer per dag. Dit help om bloedsuikervlakke en kosdrange te beheer.
Die shake is gluten-vry, laktosevry, Nie-GMO, soja-vry en geskik vir vegans, vegetariërs en diabete. Kies jou geur en meng dit met melk, water, vrugtesap, of voeg dit by ‘n smoothie.
Voordele van die Manna Low GI Shake
- Hoog in vesel
- Lae-GI
- Bekamp kosdrange
- Hoë voedingswaarde – ideaal as maaltydvervanging
- Bevat essensiële suikers (Glyco-Nutrients)
- Cholesterolvry
- Glutenvry
- Verskaf energie sonder om vet te maak
- Help om bloedsuikervlakke te beheer
- Organies en natuurlik