Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

6 Ekstra Motiverings Om Gewig te Verloor

6 Ekstra Motiverings Om Gewig te Verloor

Om gewig te verloor het BAIE meer voordele as om net mooi te lyk en gesond te wees…

Deur slegs net ‘n paar kilogramme ekstra om die middellyf rond te dra word die kans van gesondheidsprobleme dadelik drasties verhoog. Gelukkig is daar motiverings om gewig te verloor om daardie gesondheidsprobleme te wil vermy.

Hier is 6 motiverings om gewig te verloor:

  1. Beter Slaap

    Deur slegs 5% van jou liggaamsgewig te verloor kan jy beter, dieper slaap verwag. Dit help ook dat jy minder gereeld wakker word gedurende die nag, en ook dat jy meer uitgerus voel wanneer jy ontwaak.

  2. ‘n Gesonde brein

    Wanneer mens oorgewig is kan dit die bloed-brein-skans beskadig. Dit kan dan veroorsaak dat daar stowwe vanaf die vetselle na die brein vloei, soos wat ook kan gebeur met die hart en ander organe.

    Dus is dit belangrik om jou gewig dop te hou sodat daar nie skade aan jou brein gerig word nie, en dit help ook om jou brein ‘n goeie hupstoot te gee!

  3. ‘n Sagter, gesonder vel

    Vel probleme soos psoriase en plooie klaar dikwels op sodra mens begin vet te verbrand en gewig te verloor.

  4. Jy spaar geld

    Jy sal sekerlik nie kla as jy ‘n paar rand kan spaar nie!

    Tussen doktersrekeninge en kosrekeninge kan jy baie geld bespaar sodra jy jou doelgewig bereik het.

    Dit beteken daar is meer geld vir vakansies langs die see met jou nuwe somers-lyf!

  5. Verlig en voorkom gewrigspyn

    As jy reeds gewrigspyn het, help dit om ‘n paar kilo’s af te skud omdat dit druk afhaal van die gewrigte af en help dat hulle vinniger kan herstel.

    As jy nie gewrigspyn het nie, is dit net so goed om ‘n gesonde liggaamsgewig te handhaaf, want dit verlaag die risiko van gewrigspyn geweldig.

  6. ‘n Warmer Sekslewe

    Deur so min as 5 tot 10 persent van jou liggaamsgewig af te skud, kan in erektiele funksie en libido drasties verbeter.

    ‘n Groot deel van die rede is omdat daar minder spanning op die hart en bloedvate is.

    Ego en selfbeeld kan ook ‘n rol speel. As jy goed voel oor jouself, dan kan jy ook jou optrede uitvoer met selfvertroue – sonder om oor jou gewig te bekommer!

Hoe kan ek gewig verloor en die voordele sien?

Eet gesond. Bly aktief. Neem die regte aanvullings. Kry genoeg rus. Met die regte kombinasie kan jy vet verbrand en vinnig die kilo’s afskud.

Dieët:

Die eerste ding wat jy moet doen is om jou daaglikse kalorie inname te verlaag. Ons kan dit doen deur ons porsiegrootte effens te verminder, en dan kan ons ongesonde kosse met gesonder kosse (wat laer in kalorieë is) vervang.

Oefening:

‘n Dieët gaan nie baie effektief sonder oefening wees nie. Daar word aanbeveel dat jy vir ten minste 30 minute per dag, 5 dae per week moet oefen.

Oefening hoef nie vervelig of uitdagend te wees nie. Jy kan ‘n ent in die veld gaan stap of ‘n “power walk” langs die strand onderneem en op so ‘n manier jou oefening inkry. Die belangrike ding is om dit vir jouself opwindend te maak.

Slaap:

Die uitwerking van ‘n goeie nagrus word heeltemal onderskat. Selfs een nag van slegte slaap kan jou gewigsverliespogings benadeel.

Manna Blood Sugar Support:

Een van die grootste dinge wat mense miskyk wanneer hulle gewig wil verloor is om bloedsuiker vlakke stabiel te hou. Wanneer bloedsuiker vlakke nie onder beheer is nie, is dit bitter moeilik om gewig te verloor.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Hierdie aanvulling meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters