Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

7 Strategieë om Jou Lus vir Gemorskos te Blus

7 Strategieë om Jou Lus vir Gemorskos te Blus

As jy gewig wil verloor is gemorskos jou grootste vyand.

Gemorskos kan smullekker wees. Dit kan moeilik wees om gesonde koskeuses te maak as jou lus vir sjokolade, kitskos of gaskoeldrank onbeheerbaar is. In die 21ste eeu, is gemorskos sowaar orals beskikbaar. Gemorskos kan jou maklik in versoeking bring want waar ook al jy inkopies doen – daar is gemorskos!

Jy kan jou lus vir gemorskos uitoorlê met hierdie 7 strategieë

  1. Plaas jou gesonde eetgoed waar jy dit kan sien

    Plaas jou voedsame kos op hoogs sigbare plekke. Plaas jou aarbeie, veselperskes en neute op jou kombuistoonbank.

    Navorsers van die joernaal Health Education & Behavior het ‘n studie gedoen en gevind dat diegene wat slegs vrugte op hul kombuistoonbank sit, ‘n laer liggaamsmassa-indeks (BMI) gehad het as diegene wie se toonbanke vol gestaan het met lekkergoed, graankos en koeldrank.

  2. Drink water

    Voel jy honger? Jy mag dalk net dors wees. Voordat jy na gemorskos gryp, drink ‘n groot glas water en wag ‘n paar minute. Jy mag vind dat jou eetlus verdwyn. Deur jou dors te demper kan jy onnodige kalorie-inname vryspring. Om baie water te drink kan jou werklik help om gewig te verloor!

  3. Eet ‘n hoë-proteïen ontbyt

    Proteïne sal jou langer versadig hou en as jy versadig voel sal jy minder gemorskos wil eet. ’n Maklike manier om proteïene deel van jou ontbyt te maak, is om eiers vir ontbyt te eet. Maar mens kan ook moeg word om elke oggend eiers te eet – jy kan maklik ander kosse, wat ryk in proteïne is, vir ontbyt eet.

    Vir ontbyte met verskeidenheid eet hierdie proteïene:

    • Griekse jogurt
    • Grondboontjiebotter en ander neutbotter
    • Bone
    • Melk
    • Maaskaas
  4. As jy nie hou van kook nie of nie tyd het nie, koop voorafgemaakte maaltye

    Jy kan voorafgemaakte maaltye by ‘n kafee, kruidenierswinkel of voedseldiens koop. Daar is baie besighede wat gesonde voorafgemaakte maaltye verkoop. Jy kan hierdie etes bloot ontvries vir etenstyd in stede daarvan om ongesonde kitskos te koop.

    Jy kan self ook maaltye vooraf voorberei. Dalk kan jy gedurende die naweek jou etes vir die week kook en vries. Jy kan ook gesonde oorskiet van aandete vir ‘n peuselhappie wegsit.

  5. Stabiliseer jou bloedsuikervlakke

    Daar is ‘n direkte verband tussen hoë bloedsuikervlakke en ‘n onbeheerde eetlus. Baie kos in ons Westerse dieet kan hoë bloedsuikervlakke veroorsaak. As jou bloedsuikervlakke voortdurend hoog is, kan jy sukkel om jou eetlus te beheer. Intense hongerpyne maak dit byna onmoontlik om versoekings soos sjokolade, oliebolle (doughnuts), vetterige kitskos en ander koolhidraatryke kosse te weerstaan.

    As jy jou bloedsuikervlakke meer stabiel wil hou moet jy minder hoogs verwerkte voedsel eet en eerder veselryke kosse kies.

  6. Beheer jou stresvlakke

    Emosies en eetlus loop hand aan hand. Soms is jy net lief vir sjokolade en roomys maar wanneer jy stres, kan jou eetlus onbeheerbaar wees. Vra jouself af of jy kos gebruik om jou emosies te demper. Indien dit die geval is, wees geduldig met jouself en probeer alternatiewe maniere vind om jou stres te beheer.

  7. Dink anders oor gemorskos

    Leer om jou mees geliefde gemorskos in ‘n negatiewe lig te sien. So kan jy dalk jou begeerte daarvoor blus.

    Dinge wat jy kan doen as jy lus is vir gemorskos:

    • Verbeel jou jy voel reeds versadig
    • Verbeel jou jy het pas oor jou kos genies
    • Weet dat jy jou gemorskos kan bêre vir later
    • Dink aan die negatiewe gevolge

Samevatting

Om ‘n onbeheerbare eetlus vir gemorskos stop te sit, is geen maklike taak nie. Deur hierdie sewe strategieë te volg, kan jy jou eetlus demper en gesonder eet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters