Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Doeltreffende Oplossings vir Algemene Gesondheidsprobleme

Algemene Gesondheid

Ontdek die Potensiaal van Natuurlike Gesondheidsaanvullings vir Algemene Gesondheid.

Filters

Clear all

Die Stille Moordenaar: Hoë Bloeddruk by Vroue

by Freda Coetzee

Die Stille Moordenaar: Hoë Bloeddruk by Vroue

Vrouens staar unieke uitdagings in die oë as dit by hoë bloeddruk kom Hoë bloeddruk (hipertensie) is dikwels die oorsaak agter beroertes en hartaanvalle. Die Hart- en Beroertestigting in Suid-Afrika meen dat een uit drie Suid-Afrikaners hipertensie het. Ongeveer 45% van mans en 48% van vroue ouer as 15 jaar in Suid-Afrika het hipertensie, volgens 'n studie in die joernaal Global Epidemiology. Hoë bloeddruk kan dodelik wees. Die toestand staan bekend as die “sluipmoordenaar” aangesien hipertensie gewoonlik geen simptome toon nie. Die beste manier om hoë bloeddruk te voorkom, is om jou bloeddruk gereeld te toets en die risikofaktore binne jou beheer mooi te bestuur. Leer meer oor die unieke risikofaktore vir hoë bloeddruk waarmee vroue opgesaal is. Risikofaktore Mans ontwikkel gewoonlik hoë bloeddruk en kardiovaskulêre siektes vroeër as vroue. Daar is egter sekere risikofaktore wat veral in vroue se latere lewe hoë bloeddruk kan veroorsaak. Risikofaktore vir hipertensie kan in drie kategorieë verdeel word: Dié wat jy nie kan beheer nie: familiegeskiedenis, etnisiteit, ouderdom. Dié wat jy kan beheer: oorgewig, gebrek aan oefening, rook, ongesonde koskeuses, sekere voorbehoedmiddels. Gepaardgaande siektes of orgaanskade: hoë cholesterol, hartsiektes, hartversaking, diabetes, beroerte, nierskade, retinale skade, skade aan bloedvate. Risikofaktore vir vroue Probleme tydens swangerskap: Hoë bloeddruk kan voor of tydens swangerskap ontwikkel. Voorbehoedmiddels wat estrogeen bevat: Hierdie middels kan jou bloeddruk verhoog. Premenstruele migraines Menopouse: Hormonale veranderinge kan gewigstoename en verhoogde bloeddruk veroorsaak. Wat kan vroue doen? Tydens swangerskap As jy swanger is, moet jou dokter gereeld jou bloeddruk monitor. Medikasie kan nodig wees afhangende van die erns. Kies jou voorbehoedmiddels goed As jy 35 of jonger is, gesond is en jou bloeddruk is goed beheer, kan geboortebeperking wat estrogeen bevat oorweeg word. Jou bloeddruk moet binne een maand en daarna elke ses maande nagegaan word. As jy ouer as 35 is of verskeie risikofaktore het, moet jy geboortebeperking met estrogeen vermy. Hanteer premenstruele migraines Eet gesond en vermy snellers soos om maaltye oor te slaan, suiker, alkohol en kafeïen. Gereelde oefening, genoeg slaap, ontspanningstegnieke en akupunktuur kan ook help. Behandel menopouse Tydens menopouse kan bloeddruk skerp styg. Hormoonvervangingsterapie en leefstylveranderinge kan help om bloeddruk te bestuur. Leefstylveranderinge Die volgende leefstylveranderinge kan deur beide mans en vroue geïmplementeer word om hoë bloeddruk teë te werk. Oefen gereeld: Mik vir minstens 30 minute per dag. Volg ’n gesonde dieet: Lae sout, ryk aan volgraan, vrugte, groente en laevet suiwel. Verloor gewig: Handhaaf ’n gesonde gewig met dieet en oefening. Verminder stres: Gebruik meditasie, joga, asemhalingsoefeninge of praat met ’n terapeut. Verminder alkohol-inname: Beperk tot hoogstens twee drankies per dag. Hou op rook: Staak rook om bloeddruk en algehele gesondheid te verbeter. Samevatting Vroue staar unieke uitdagings wanneer dit by hoë bloeddruk kom. Laat jou bloeddruk gereeld toets tydens swangerskap, kies geboortebeperking versigtig, monitor jou bloeddruk tydens menopouse en maak die nodige leefstylveranderinge om gesond te bly.

Read more

Hoe Werk Die Manna Calmer?

by Freda Coetzee

Hoe Werk Die Manna Calmer?

Verminder stresvlakke en fokus denke met die hulp van Manna Calmer. Hierdie natuurlike aanvulling help om die gemoedstoestand te verbeter en angs te verminder. Manna Calmer help om stresvlakke onder beheer te kry deur jou in staat te stel om te kalmeer en weer fokus te vind – die perfekte ding vir wanneer jy moet studeer of werk moet doen! Wat is Manna Calmer? Manna Calmer is ‘n natuurlike aanvulling wat die gemoed kan verbeter, angs-vlakke kan verlaag, en ook die gevolge van spanning kan help beveg. Die produk is ‘n botaniese aanvulling wat ‘n aktiewe bestanddeel van Sceletium tortuosum bevat – wat bekend is om die gevolge van stres, sosiale angs, depressie, post-traumatiese stresversteuring, grysweersindroom en baie ander simptome van ons moderne lewensstyl te help beheer. Dit is ideaal vir die verbetering van fokus en konsentrasie – perfek vir skoliere, studente en almal wat hulp benodig om op iets te fokus. Kan voordelig wees in die behandeling van simptome van aandagafleibaarheidsversteurings en hiperaktiwiteit (ADD en ADHD). Help ook met die hantering van stresvolle situasies, prikkelbaarheid, gemoedsskommelinge, emosionele spanning en ligte simptome van angs en depressie. Manna Calmer is beskikbaar in 3 sterktes: Calmer Junior – 5mg Sceletium-ekstrak (vir kinders 9 jaar en ouer) Calmer Adult – 15mg Sceletium-ekstrak (vir persone 15 jaar en ouer) Calmer Extra – 25mg Sceletium-ekstrak (vir volwassenes 18 jaar en ouer) Manna Calmer bevat 3 hoofbestanddele: Sceletium (Sceletium tortuosum)Sceletium is ‘n plant uit Suid-Afrika en word al lank gebruik as tradisionele medisyne. Dit kan help om bui te verbeter en spanning, angs en depressie te verlaag. TaurineTaurine is ‘n aminosulfonzuur en ‘n bousteen van proteïene. Navorsing dui daarop dat Taurine aandag en redenasie by adolessente kan verbeter. MannitolMannitol is ‘n afgeleide suiker wat op sellulêre vlak werk. Dit vervoer waardevolle voedingstowwe direk na selle, veral in die brein. Dit verhoog nie bloedsuiker nie en word algemeen in die voedselbedryf gebruik as versoeter vir diabete. Voordele van Manna Calmer: Help om kalm te bly Verbeter gemoedstoestand Help met fokus en konsentrasie Bevat geen suiker, gluten, koring of diereprodukte nie Veilig vir diabete Help met die hantering van stres en depressie Ondersteun teen aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit Verminder spanning en angs Laat jou nie lomerig voel nie Heeltemal natuurlik

Read more

Is Stilsit Erger as Rook?

by Freda Coetzee

Is Stilsit Erger as Rook?

Dit wil vir ons voel asof ons leefstyle al hoe minder aktief word. En met goeie rede – want dit doen. Baie van ons is al vertel dat vroetel – tik van voete, wriemel, behoefte om rond te beweeg – ‘n teken van angstigheid of gebrek aan fokus is. Maar dit kan eintlik help dat ons langer en gesonder leef, veral in teenstelling met te veel stilsit. Maar hoe dan nou so? ‘n Groot studie het duisende vroue vir meer as ‘n dekade gemonitor en gevind dat vroetel geassosieer word met ‘n laer risiko van voortydige dood, beter liggaamsgewig en minder insulienweerstandigheid. Beweging, selfs in kort sarsies of teen lae intensiteit, is goed vir gesondheid en welstand. Ons liggame is gemaak om te beweeg – nie om heeldag te sit nie. Ons leef meer staties as ooit Werksplekke en tegnologie hou ons lank in ‘n sittende posisie. Studies wys dat mense gemiddeld 7.7 ure per dag sit – party selfs tot 15 ure! Is stilsit die nuwe rook? Stilsit is nie direk vergelykbaar met rook nie, maar dit dra wel by tot verhoogde risiko van diabetes, vetsug, hartsiektes en vroeë dood. Een studie wys dat elke uur se televisiekyk 22 minute van jou lewensduur kan wegneem. Kan sit vetsug veroorsaak? Sit verbrand 84 kalorieë per uur, staan 108, en stap 324. Aktiewe liggame verbrand meer en voorkom vetophoping – ‘n risikofaktor vir baie siektes. Verhoog stilsit kankerrisiko? Vroue wat meer as 6 ure per dag sit, het ‘n hoër risiko vir verskeie kankers, insluitend eierstok- en borskanker. Invloed op cholesterol Stilsit verlaag lipoproteïenlipase – ‘n ensiem wat slegte cholesterol afbreek. Minder van hierdie ensiem beteken meer risiko vir hartprobleme. Insulienweerstand en stilsit Onaktiwiteit verlaag selgevoeligheid vir insulien, wat kan lei tot hoë bloedsuiker en uiteindelik tipe 2-diabetes. Ons is nie gemaak om stil te sit nie Gereelde beweging in werksplekke en skole verbeter konsentrasie, verlaag afwesigheid en verminder mediese kostes. Hoe kan jy meer aktief wees? Beweeg tydens advertensies of TV-kyk Oorweeg ‘n stapstasie of treadmill werkstasie Rangskik jou kantoor om beweging aan te moedig Stel ‘n foon-alarm om elke 1-2 uur te beweeg Gebruik ‘n pedometer of aktiwiteitmonitor Staan tydens oproepe en e-posse Gebruik trappe eerder as hysbakke Wat kan jy nog doen vir ‘n gesonde leefstyl? Dieët ‘n Gebalanseerde, kaloriebeperkte dieët is belangrik. Gebruik die GRATIS Manna Dieet E-boek vir riglyne oor hoe om gesond te eet sonder om jouself te ontneem. Manna Blood Sugar Support Hierdie natuurlike aanvulling help om insulienweerstand te bekamp deur bloedsuikervlakke stabiel te hou. Wat is Manna Blood Sugar Support? ‘n Natuurlike aanvulling gemaak van die Prosopis (Mesquite) boom se peule – sonder enige chemiese newe-effekte. Hoe werk dit? Manna Blood Sugar Support vertraag die vrystelling van suiker in die bloedstroom na etes, sodat insulienreaksies nie skielik is nie. Dit help om bloedsuikerpieke te vermy. Gebruik dit saam met elke ete om stabiele energievlakke en gesonder bloedsuikervlakke te ondersteun.

Read more

Manna MSM: Vir Seer Gewrigte en Meer

by Freda Coetzee

Manna MSM: Vir Seer Gewrigte en Meer

MSM is wragtig ‘n wonderlike ding! Maar jy wonder seker nou “wat in die wêreld is MSM”? Wat is MSM? Metielsulfonielmetaan, of MSM, is ‘n organiese middel wat natuurlik in mense, diere en plante voorkom. Dit is: Een van die belangrikste basiese boustene van glikosaminoglikane (smeermiddel in gewrigte) ‘n Belangrike strukturele komponent van kraakbeen ‘n Belangrike rolspeler in die instandhouding van gewrigskraakbeen ‘n Organiese bron van swael vir die liggaam Waarvoor word MSM gebruik? MSM word gebruik om osteoartritis, spysverteringsontstekings, mikrobiese infeksies en muskuloskeletale pyn te verlig. Dit help ook om die immuunstelsel te versterk en allergieë te beveg. Voordele van MSM: Organiese, biologies aktiewe swael is noodsaaklik vir die werking van elke sel en orgaan. Aangesien nie-organiese swael swak opgeneem word, is dit belangrik om voldoende organiese swael soos MSM in te neem. Die mees merkwaardige voordeel van MSM is die effektiewe pynverligting. Dit help met: Lae-rugpyn Osteoartritis en rumatoïede artritis Tennis-elmboog en ander sportbeserings RSI (herhalende spanningsbesering) Fibromialgie Spierpyne Persoonlike beserings en littekens weens brandwonde, operasies of ongelukke Bursitis Sklerose Karpale tonnelsindroom Hoofpyne en migraine Hoe werk Manna MSM? Natuurlike pynverligter MSM help om die geleiding van pyn-impulse deur senuwees te blokkeer. Voorkoming van inflammasie MSM verhoog die aktiwiteit van kortisol – ‘n natuurlike anti-inflammatoriese middel. Verbeter opname van voedingstowwe MSM verhoog selmembrane se deurlaatbaarheid, wat opname van vitamiene en die uitskeiding van afvalstowwe verbeter. Verbeter bloedsirkulasie MSM verwyd bloedvate, wat help met genesing en die verwydering van toksiese afval. Spierverslapper MSM verlig spierspanning en help teen chroniese pyn. Versterk die immuunstelsel MSM help met die vervaardiging van teenliggame, immuun komplekse en prostaglandien-metabolisme. As jy sukkel met chroniese pyn, styfheid of gewrigprobleme, is Manna MSM ‘n natuurlike oplossing wat jou kan help voel soos ‘n nuwe mens!

Read more

Natuurlike kollageen wat werk! Skoon, effektief en maklik om te absorbeer.

by Antoni Hubert van Beusekom

Natuurlike kollageen wat werk! Skoon, effektief en maklik om te absorbeer.

Kollageen is die volopste proteïen in die liggaam en speel 'n sleutelrol om jou vel ferm, jou gewrigte buigsaam en jou bene sterk te hou. Dit dien as 'n natuurlike gom wat alles bymekaar hou, wat die struktuur van jou vel, spiere en bindweefsel ondersteun. Tipe I-kollageen: die grondslag vir ‘n sterk vel, bene en meer As jy 'n jeugdige vel, sterk bene en 'n gesonde liggaam van binne na buite wil ondersteun, is 'n tipe I kollageenaanvulling dalk presies wat jy nodig het. As die volopste vorm van kollageen in die menslike liggaam, speel tipe I 'n belangrike rol in die handhawing van strukturele sterkte en elastisiteit oor verskeie stelsels. Wat is tipe I kollageen? Tipe I kollageen is 'n proteïen wat natuurlik in jou vel, bene, tendons, ligamente en bindweefsel voorkom. Dit maak ongeveer 90% van die liggaam se totale kollageen uit en is bekend daarvoor dat dit sterkte en fermheid verskaf. Dit is die tipe wat die meeste geassosieer word met: Ferm, plooibestande vel Sterk bene en tande Buigsame gewrigte en senings Gesonde hare en naelgroei Soos ons ouer word, vertraag kollageenproduksie, wat lei tot sigbare tekens van veroudering soos slap vel, bros naels en gewrigsongemak. ‘n Aanvulling met tipe I kollageen kan help om hierdie effekte te verminder of verhoed. Kollageen en jou vel. Kollageen help jou vel deur struktuur, fermheid en elastisiteit te verskaf. Hier is hoe dit werk: Behou fermheid en elastisiteit Kollageen verskaf struktuur aan jou vel, hou dit ferm en help om uitsakking te voorkom. Verhoog hidrasie Kollageen help jou vel om vog te behou, sodat dit gladder en soepeler lyk. Verminder plooie en fyn lyntjies Dit ondersteun die vel se struktuur, wat die voorkoms van verouderingstekens mettertyd kan verminder. Help met velherstel en vernuwing Kollageen speel 'n rol in die genesing van beskadigde vel en die handhawing van 'n gesonde velversperring. Verbeter veldikte en sterkte Dit help om veldikte te herstel wat natuurlik afneem met ouderdom, wat die vel meer veerkragtig maak. Kollageen en beengesondheid Hier is hoe kollageen beengesondheid ondersteun: Bied strukturele ondersteuning Kollageen maak ongeveer 90% van die organiese materiaal in jou bene uit, wat hulle krag en buigsaamheid gee. Help om beenverlies te voorkom Soos jy ouer word, neem kollageenproduksie af, wat kan lei tot swakker bene en 'n groter risiko van frakture en osteoporose. Verbeter beendigtheid Kollageenaanvullings kan help om beenafbraak te vertraag en die produksie van nuwe beenweefsel te bevorder, veral wanneer dit gekombineer word met kalsium en vitamien D. Ondersteun gesamentlike funksie Kollageen help ook om die kraakbeen te handhaaf wat jou gewrigte kussing, verminder styfheid en verbeter mobiliteit. Help met mineraalabsorpsie Kollageen se struktuur help om minerale soos kalsium en fosfor aan die been te bind, wat bene sterker maak. Kollageen en gewrigspyn. Gewrigspyn kan aftakelend en frustrerend voel, veral wanneer dit jou vermoë beperk om vry te beweeg of alledaagse aktiwiteite te geniet. Of dit nou veroorsaak word deur veroudering, oorbenutting of onderliggende toestande soos artritis, die ongemak kan 'n ernstige tol op jou lewenskwaliteit eis.  Gewrigspyn raak nie net ouer persone nie, maar kan ook enigiemand na oefening raak. Kollageen help ook om jou gewrigte te beskerm en te herstel, dus moet op enige ouderdom geneem word.  5 maniere waarop kollageen help met gewrigspyn: 1. Ondersteun sterk tendons en ligamente, wat help om die gewrigte te stabiliseer en te beskerm 2. Versterk bene om druk en spanning op die gewrigte te verminder 3. Moedig natuurlike kollageenproduksie aan4. Verskaf boustene vir weefselherstel en herstel 5. Help om gewrigsbuigsaamheid en beweegbaarheid oor tyd te verbeter Werklik geurlose kollageen wat jy by enigiets kan voeg! Omdat Manna Bovine Collageen Peptide geurloos is, kan jy dit by enigiets voeg sonder om die smaak te verander. Gebruik Manna Health Bovine Peptide daagliks deur dit in jou jogurt, pap te meng of selfs beter, meng dit met die Manna Low GI Shake vir 'n gesonde proteïenryke maaltydvervanger.  

Read more

Slaap: 'n  Luuksheid of a noodsaaklikheid?

by Freda Coetzee

Slaap: 'n  Luuksheid of a noodsaaklikheid?

Slaap is nie 'n luukse nie, maar 'n fundamentele komponent van 'n gesonde leefstyl ! Die impak van slaap op ons fisiese gesondheid, geestelike welstand en daaglikse funksionering beklemtoon die belangrikheid daarvan. Deur slaap as ‘n prioriteit te hanteer en die faktore wat aanleiding gee tot slaaptekorte aan te spreek, kan individue hul algemene gesondheid en lewenskwaliteit verbeter. Om die kritieke rol van slaap te verstaan ​​en proaktiewe stappe te neem om voldoende rus te verseker, kan lei tot 'n gesonder, en meer gebalanseerde lewe.

Read more

Fight colds and the flu from the inside out

by Freda Coetzee

Veg Verkoue en Griep van Binne na Buite

Wil jy gesond bly gedurende die koue maande? Goeie dermgesondheid kan help! Jy weet wat om te doen om virusse en bakteriële infeksies weg te hou: was jou hande gereeld, eet vitamienryke kosse en neem immuunversterkers. Iets wat jy dalk nie aan gedink het nie, is om jou dermgesondheid te verbeter. Gesonde ingewande kan ook jou immuunstelsel versterk. As jy jou derms gesond hou, kan jy makliker siektes afweer en dan hoef jy nie gereeld platgetrek te word deur ‘n nare verkoue nie. Wat is jou immuunstelsel? Die immuunstelsel is ‘n uitsonderlike sekuriteitstelsel. Die immuunstelsel is ‘n komplekse netwerk van selle, weefsels en organe wat jou liggaam help om infeksies en siektes te weerstaan. Hierdie stelsel vind vreemde indringers in jou eie liggaam en produseer teenliggaampies om hulle uit te roei. Die immuunstelsel werk ook om te verhoed dat skadelike stowwe, soos virusse, bakterieë en gifstowwe, jou liggaam binnedring. Die mees algemene dele van die immuunstelsel sluit in: Witbloedselle Teenliggaampies Limfatiese stelsel Beenmurg Daar is ander liggaamsdele soos jou vel, longe en spysverteringskanaal wat ook skadelike stowwe afweer. Navorsing oor die funksie van die spysverteringskanaal het die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei en wetenskaplikes het gevind dat jou ingewande baie meer doen as om net kos te verteer. Hoe beïnvloed my ingewande my immuunstelsel? Jou spysverteringstelsel is nie net ‘n goeie manier om die noodsaaklike elemente – soos vitamiene, minerale, energie, proteïene en vet – uit die kos wat jy verbruik, te onttrek nie. Dit werk ook in samewerking met ander stelsels binne die liggaam, insluitend die bloedsomloopstelsel, die senuweestelsel en die limfatiese stelsel. Die voering van die dermwande bevat gespesialiseerde weefsel genaamd Gut Associated Lymphoid Tissue (GALT). GALT is dig gepak met Peyer se plakette, wat klein massas limfatiese weefsel is. Hulle werk is om slegte bakterieë op te spoor, te vang en te neutraliseer. Dink aan GALT as kasteelgragte en mure, en aan die Peyer se plakette as boogskutters wat slegte bakterieë afweer terwyl hulle goeie bakterieë deurlaat. Vesel wat in jou ingewande deur goeie bakterieë afgebreek word, produseer butiraat – ‘n vetsuur wat sirkulasie na die dermwand verhoog en help met herstel en groei van kolonselle. Dit hou slegte bakterieë in toom en ondersteun die immuunstelsel. Hoe verbeter ek my dermgesondheid? Jy wil hê goeie bakterieë moet groei, groei, groei. Voed jou goeie bakterieë Eet baie vesel: Vrugte, groente en volgraan help goeie bakterieë floreer. Eet probiotika: Gefermenteerde kosse soos jogurt, kombucha en kefir bevat nuttige bakterieë. Neem ‘n aanvulling: ‘n Probiotiese produk soos Manna Gut Support help om die dermflora en verteringsensieme te herstel. Eet ‘n verskeidenheid kosse: ‘n Diverse dieet bevorder ‘n gesonde mikrobioom. Verhonger jou slegte bakterieë Slegte bakterieë hou van suiker en verwerkte kosse. Vermy verwerkte produkte en eet vars en veselryke voedsel. Kry genoeg slaap 7 tot 9 ure slaap per nag help om gesonde bakterieë te bevorder en inflammasie te verminder. Beheer stresvlakke ‘n Ongebalanseerde mikrobioom kan jou bui beïnvloed. Doen dinge wat jy geniet, mediteer of praat met iemand. Vermy antibiotika Antibiotika vernietig ook goeie bakterieë. Vermy dit indien moontlik en bou jou immuunstelsel op om infeksies self te beveg. Samevatting Moenie dat verkoue en griep jou winter bederf nie – hou jou ingewande gesond. Eet gesond, slaap genoeg, bestuur stres en neem probiotika soos Manna Gut Support om jou dermflora en immuunstelsel te ondersteun.

Read more

Wat Is Die Verband Tussen Diabetes en ADHD?

by Freda Coetzee

Wat Is Die Verband Tussen Diabetes en ADHD?

Diabetes veroorsaak nie aandaggebrek-hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD) nie en ADHD veroorsaak nie diabetes nie, tog blyk daar ‘n verband tussen hierdie twee siektes te wees. Beide hierdie siektes het ‘n stygende diagnosesyfer en meer navorsing oor die korrelasie tussen hulle kan help om die ernstige gevolge van diabetes en ADHD te bestuur. Dit kan help om na die verband tussen hierdie twee siektes te kyk as jy of jou kind aan een van hulle ly. So kan jy dalk die negatiewe effekte van diabetes en ADHD verminder. Wat is diabetes? Jy sal met diabetes gediagnoseer word as jou bloedsuikervlakke chronies hoog is. Die hormoon insulien vervoer glukose uit jou bloedstroom na jou selle. Wanneer jou liggaam nie genoeg insulien produseer nie of nie die insulien wat dit maak effektief kan gebruik nie, styg jou bloedsuikervlakke. Hoë bloedsuikervlakke het ernstige komplikasies – diabetes kan hart- en bloedvatsiekte, senuweeskade en niersiekte veroorsaak. Tipes diabetes Tipe 1-diabetes Tipe 1-diabetes is ‘n outo-immuunsiekte. Die immuunstelsel vernietig selle in die pankreas, waar insulien gemaak word. Gevolglik produseer jou pankreas nie genoeg insulien nie. Dit is onduidelik wat hierdie aanvalle veroorsaak. Tipe 2-diabetes Tipe 2-diabetes kom voor wanneer jou liggaam weerstandig teen insulien raak en suiker in jou bloed ophoop. Dit is die mees algemene tipe aangesien ongeveer 90% van mense wat met diabetes leef, tipe 2 het. Tipe 2-diabetes kan meestal voorkom word deur jou leefstyl te verander. Leer meer oor die aktiveerders van tipe 2-diabetes… Swangerskapsdiabetes Swangerskapsdiabetes is hoë bloedsuiker tydens swangerskap. Insulienblokkerende hormone wat deur die plasenta geproduseer word, veroorsaak hierdie tipe diabetes. Leer meer oor swangerskapsdiabetes… Wat is ADHD? ADHD is ‘n geestesgesondheidstoestand. Mense met ADHD kan sukkel om te fokus of onverdeelde aandag aan ‘n taak te skenk. Hulle kan ook impulsief optree en kan hiperaktief wees. Baie mense met ADHD ervaar fluktuasies in hul energievlakke. Dit is onseker wat presies ADHD veroorsaak. Die verband tussen ADHD en diabetes Tipe 1-diabetes en ADHD ADHD word algemeen by kinders met diabetes gediagnoseer. Elliot LeBow (2016), ‘n gesertifiseerde diabetes-opvoeder, sê dat baie mense wat voor die ouderdom van 17 met tipe 1-diabetes gediagnoseer word, ‘n mate van ADHD het. As jy jonk is en met diabetes gediagnoseer is, kan dit die volgende probleme tot gevolg hê: Verminderde vermoë om aandag te gee Verminderde inligtingverwerkingspoed Probleme met beide kort- en langtermyngeheue Verminderde uitvoerende funksionering Verminderde selfmoniteringsvermoëns Tipe 2-diabetes en ADHD Mense met ADHD smag na dopamienstimulasie, wat hulle kan kry deur eenvoudige koolhidrate en hoë-suiker kosse te eet. Omdat mense met ADHD sukkel om by ‘n gesonde eetplan te hou, kan hulle maklik tipe 2-diabetes ontwikkel. Die navorsing is beperk, maar ‘n Sweedse studie het gevind dat volwassenes met ADHD twee keer so geneig was om tipe 2-diabetes te ontwikkel as hul nie-ADHD eweknieë. ADHD en Diabetes Behandeling ADHD word met medikasie en gedragsterapie behandel. Die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) beveel ook aan om die volgende leefstylgewoontes te volg om ADHD te bestuur: Eet ‘n voedsame, gebalanseerde dieet Oefen vir 60 minute elke dag Beperk tyd voor die skerm – spandeer minder tyd op fone, voor rekenaars en televisies Kry genoeg slaap Hierdie gesonde gewoontes word ook voorgeskryf om diabetes te help voorkom en te beheer: Verander jou dieet om meer voedsame kosse in te sluit wat ryk aan vesel is. Dit sal help om jou bloedsuikervlakke meer stabiel te hou. Probeer ons Manna Dieet e-boek. Oefen vir ongeveer 30 minute elke dag. So kan jy tipe 2-diabetes teëwerk. Aërobiese oefeninge soos fietsry, swem, dans of ‘n vinnige stappie word voorgeskryf om tipe 2-diabetes te vermy en te bestuur. Om te lank stil te sit moet ook vermy word. Elke twee uur wat jy TV kyk in plaas daarvan om iets meer aktief te doen, verhoog jy jou kanse om diabetes te ontwikkel met 20%. Studies toon dat swak slaapgewoontes ‘n beduidende risikofaktor vir diabetes is. Mense wat nie slaap nie, probeer dikwels hul energie herwin deur meer te eet, wat bloedsuikerstygings kan veroorsaak. Samevatting Alhoewel meer navorsing gedoen moet word oor die verband tussen diabetes en ADHD, kan jy help om beide siektes te bestuur deur gesonde gewoontes te kweek. Die leefstylveranderinge wat vir beide siektes voorgeskryf word, stem baie ooreen. Selfs al is die verband tussen hierdie twee siektes nie so duidelik nie, kan jy dalk steeds die gevolge van diabetes en ADHD verminder deur gesonde gewoontes te bou.

Read more

What does it mean to have borderline cholesterol?

by Freda Coetzee

Wat is Grens-Cholesterol?

Voorkom die vernietigende gevolge van cholesterol deur grens-cholesterol te behandel Totale cholesterol en grens-cholesterol Totale cholesterol verwys na die totale hoeveelheid verskillende soorte cholesterol in die bloed. Cholesterol word in die lewer gemaak en is baie belangrik vir die menslike liggaam. Studies het getoon dat ongeveer 20% van die cholesterol in die menslike liggaam afkomstig is van die kos wat ons eet, terwyl die oorblywende 80% in die liggaam geproduseer word. Grens-cholesterol beteken dat jou totale cholesterol hoër as 200 mg/dL is, maar onder 240 mg/dL is. As jy ‘n lesing van 240 mg/dL of hoër het, het jy hoë cholesterol. Cholesterol is lipiede – dit is vetterige, wasagtige stowwe wat in die liggaam deur die bloedstroom vervoer word. Die behandeling van cholesterolvlakke is oor die algemeen gebaseer op ‘n persoon se LDL (lae-digtheid lipoproteïene) of slegte cholesterol, en HDL (hoë-digtheid lipoproteïene), of goeie cholesterol. As jou liggaam nie lipoproteïene kan verwerk nie of sukkel om dit te verwerk, kan die lipoproteïene aan die wande van jou are vassit wat dan kan verhard tot plaak. Die obstruksie wat deur die plaak veroorsaak word, kan lei tot hartsiektes en ander kardiovaskulêre komplikasies. Wat is LDL en HDL cholesterol en trigliseriede? LDL-cholesterol: Soos voorheen genoem, word dit soms na verwys as slegte cholesterol, aangesien dit jou risiko vir kardiovaskulêre siekte verhoog. Oormaat LDL bou in die wande van slagare op en veroorsaak dat inflammatoriese stowwe vrygestel word wat die risiko van ‘n hartaanval verhoog. Hierdie proses word na verwys as aterosklerose. HDL-cholesterol: Daar word soms na HDL verwys as goeie cholesterol omdat hierdie proteïene cholesterol van die are wegneem deur dit uit die bloedstroom na die lewer te neem, waarvandaan dit uit die liggaam uitgeskei word. Trigliseriede: Trigliseriede is wasagtige lipiede wat in die bloedstroom gevind kan word. Die liggaam gebruik trigliseriede as energie. Die eet van kosse hoog in cholesterol, versadigde vette en transvette, sowel as die drink van alkohol, kan jou trigliseriedevlakke verhoog. Dit kan weereens tot aterosklerose lei. Ideale cholesterol vlakke Totale cholesterol: Ongeveer 150mg/dL LDL-cholesterol: Ongeveer 100mg/dL HDL-cholesterol: Mans: Ten minste 40 mg/dL | Vroulik: Ten minste 50 mg/dL Trigliseriede: Minder as 150mg/dL Simptome van grens-cholesterol Daar is gewoonlik geen sigbare simptome vir hoë cholesterol of grens-cholesterol nie. Die enigste manier om uit te vind of jy hoë cholesterol het, is om ʼn bloedtoets te doen. Volwassenes kan ten minste elke vyf jaar ‘n bloedtoets doen. Vir mans tussen die ouderdom van 45-65, en vrouens tussen 55 – 65 word daar aanbeveel om ten minste elke twee jaar ‘n toets te doen. Toetse moet jaarliks gedoen word as jy ouer as 65 is. Hoe om LDL en totale cholesterolvlakke te verminder Kom ons kyk na maniere om ons cholesterolvlakke te verlaag sodat jy die gevaarlike gesondheidskomplikasies van hoë cholesterol kan vryspring. Die volgende punte sal verder help met die verlaging van cholesterolvlakke: Eet meer vesel: Voedsel wat hoog is in oplosbare vesel, soos hawer en sitrusvrugte, bind aan cholesterol, en help die liggaam om dit na die lewer te vervoer waar dit as afval uit die liggaam verwyder word. Omega-3-vetsure: Omega-3-vetsure kan help om trigliseriede vlakke te verlaag en HDL-cholesterolvlakke in die bloedstroom te verhoog. Verminder jou rooivleis inname: Rooivleis is oor die algemeen hoog in versadigde vette en cholesterol. As jy rooivleis eet, probeer om vleissnitte te kies, wat minder vet bevat. Trek die vel van jou pluimvee af: Deur die vel van die pluimvee of vis wat jy eet te verwyder, kan dit help om die hoeveelheid vet wat jy inneem te verminder. Om jou vleis te bak of te rooster kan ook help om jou inname van versadigde vette te verminder. Bly aktief: Vir volwassenes word aanbeveel om daagliks vir 45 minute te oefen. Dit kan ‘n vinnige stappie, swem of fietsry insluit. Beperk of vermy alkohol: Oormatige alkohol inname kan beide jou totale trigliseried- en cholesterolvlakke verhoog. Oormatige verbruik kan gedefinieer word as meer as een drankie per dag vir vroue, en meer as twee drankies per dag vir mans. Beperk of vermy nikotien produkte: Om sigarette of e-sigarette te rook, kan jou bloedvate beskadig, jou are verhard en jou algehele risiko van hartsiektes verhoog. Om op te hou rook kan jou immuunstelsel ‘n hupstoot gee en jou LDL- en HDL-cholesterolvlakke verbeter. Samevatting Hoë cholesterol het ernstige gesondheidskomplikasies. Vra jou dokter om jou totale cholesterolvlakke na te gaan sodat jy weet of jy sekere maatreëls moet tref om jou cholesterol te verlaag. Hou jou cholesterol in toom deur gesond te eet, te oefen en die gebruik van alkohol en nikotien produkte te beperk.

Read more

What is High Blood Pressure?

by Freda Coetzee

Wat is hoë bloeddruk?

Leer meer oor hoë bloeddruk en hoe om hierdie sluipmoordenaar te vermy. Hoë bloeddruk (hipertensie) kan hartsiektes, beroerte, ander kardiovaskulêre siektes, chroniese niersiekte en demensie veroorsaak. Leer meer oor hoë bloeddruk sodat jy hierdie noodlottige gesondheidsprobleme kan omseil. Hoe werk bloeddruk? Die bloedsomloopstelsel dra bloed, gevul met suurstof, deur die liggaam sodat weefsels en organe goed kan funksioneer. Die hart genereer druk wat bloed deur ‘n netwerk van bloedvate, are en slagare stoot, en hierdie druk staan bekend as bloeddruk. Die twee kragte waaruit bloeddruk bestaan, is sistoliese druk, wat geskep word wanneer die hart pomp, en diastoliese druk, wat geskep word wanneer die hart tussen slae rus. Jy het bloeddruk nodig vir bloed om in jou liggaam rond te beweeg, maar as jou bloeddruk te hoog is, is jy in gevaar. Hoe benadeel hoë bloeddruk my gesondheid? Hoë bloeddruk plaas stremming op die hart en bloedvate, wat klein skeurtjies in delikate weefsels binne die are veroorsaak. Slegte LDL-cholesterol begin plaak vorm rondom die skeurtjies en dit vernou die are en veroorsaak verdere skade aan die hart, are en die res van die liggaam, wat die risiko vir toestande soos ‘n hartaanval en beroerte verhoog. Hoe word bloeddruk gemeet? Bloeddruk word gemeet in millimeter kwik (mm Hg). Navorsers stem saam dat die gemiddelde bloeddruk gedurende die dag nie meer as 130/80 mm Hg moet wees nie. Jy sal met hipertensie gediagnoseer word as jou bloeddruk konsekwent bo 140 sistolies of 90 diastolies is. Die volgende tabel toon die normale reekse van bloeddruk en die vlakke van hipertensie vir Suid-Afrikaners aan: Bloeddruk Sistolies (mm Hg) Diastolies (mm Hg) Optimaal 120 of minder 80 of minder Normaal Minder as 130 Minder as 80 Hoë Normaal 130 -139 80 – 89 Hipertensie Vlak 1 140 – 159 90 – 99 Hipertensie Vlak 2 160 – 179 100 – 109 Hipertensie Vlak 3 180 of hoër 110 of hoër Suid-Afrikaners kan hul bloeddruk by ‘n plaaslike apteek, Clicks, Dis-Chem, of ‘n algemene praktisyn toets. Jy kan ook jou bloeddruk by die huis meet – praat met jou dokter oor die beste bloeddruk-monitors of besoek die Suid-Afrikaanse Hipertensievereniging vir meer inligting. Hoë bloeddruk is dodelik Mediclinic meen dat meer as 6,2 miljoen Suid-Afrikaners bloeddruk hoër as 140/90 mm Hg het. Meer as 3,2 miljoen hiervan het bloeddruk hoër as 160/95 mm Hg, ‘n vlak wat volgens navorsers onaanvaarbaar hoog is. Ongeveer 53 mans en 78 vroue sterf elke dag in Suid-Afrika weens die impak van hipertensie. Hoë bloeddruk kan dodelik wees. Die toestand staan bekend as die “sluipmoordenaar” aangesien hipertensie gewoonlik geen simptome toon nie. Die beste manier om hoë bloeddruk te voorkom, is om jou bloeddruk gereeld te meet en risikofaktore binne jou beheer te bestuur. Risikofaktore Risikofaktore vir hipertensie kan in drie kategorieë verdeel word: Nie-beheerbare faktore: familiegeskiedenis, etnisiteit, ouderdom. Beheerbare faktore: oorgewig, gebrek aan oefening, rook, ongesonde dieet, sekere voorbehoedmiddels. Gepaardgaande siektes: hoë cholesterol, hartsiektes, hartversaking, diabetes, beroerte, nierskade, retinale skade en vaskulêre skade. As jy hoë bloeddruk het, sal jou dokter medikasie voorskryf. Jy kan ook hipertensie bestuur of voorkom deur op hierdie punte te fokus: Praat met jou dokter of dieetkundige oor ‘n gewigsverliesplan indien jy vetsug het. Oefen gereeld – minstens 3 tot 4 keer per week vir 40 minute of in korter sessies. Hou op rook. Verander jou dieet – beperk soutinname tot onder 2 300 mg per dag, verkieslik 1 500 mg. Bespreek voorbehoedmiddels met jou dokter. Samevatting As jy meer leer oor bloeddruk en oor die nadelige gevolge van hoë bloeddruk het jy die eerste stap geneem om hierdie “sluipmoordenaar” weg te hou. Kontroleer jou bloeddruk gereeld en werk aan die risikofaktore binne jou beheer.

Read more

Wetenskaplik Beproefde Voordele van MSM

by Freda Coetzee

Wetenskaplik Beproefde Voordele van MSM

Hierdie aanvulling het oorvloedige gesondheidsvoordele MSM is ‘n gewilde dieetaanvulling wat gebruik word om ‘n verskeidenheid gesondheidsprobleme te behandel. Dit word in beide fauna en flora aangetref en kan in laboratoriums gesintetiseer word in poeier- of kapsulevorm. Dit word gereeld in alternatiewe medisyne gebruik as deel van natuurlike middels om gewrigspyn te help verlig, energievlakke te verhoog, inflammasie te verminder en natuurlike immuniteite te verbeter. In hierdie artikel sal ons kyk na agt voordele van MSM as ‘n dieetaanvulling: 1. MSM kan gewrigspyn verminder Een van die belangrikste en gewildste gebruike van MSM is vir verligting van gewrigspyn en liggaamspyn. Kliniese proewe het getoon dat MSM voordelig is vir die behandeling van gewrig-degenerasie, wat ‘n prominente oorsaak is van pyn in verskeie gewrigte in die menslike liggaam soos die heupe, rug, knieë en hande. Die gewrigspyn wat met degenerasie geassosieer word, kan ernstige reperkussies hê wat lei tot verminderde mobiliteit en beweging en dit kan jou lewenskwaliteit nadelig beïnvloed. Kliniese studies het verder getoon dat MSM inflammasie by pasiënte drasties verminder deur die afbreek van kraakbeen te vertraag (‘n buigsame weefsel wat aan die basis van gewrigte gevind word om wrywing tussen bene te verminder). 2. MSM het anti-inflammatoriese effekte Wetenskaplikes stem saam dat MSM baie anti-inflammatoriese effekte het. MSM laat byvoorbeeld, glutathionvlakke toeneem. Glutathion is ‘n uitstekende anti-inflammatoriese middel wat deur die liggaam geproduseer word. MSM kan ook ‘n prominente rol speel in die vermindering van molekules wat inflammasie veroorsaak. 3. MSM help jou liggaam om te herstel na uitputtende aktiwiteite Tydens strawwe fisiese aktiwiteite soos oefening word jou spiere beskadig aangesien spiervesels dikwels tydens oefening geskeur word. Oksidatiewe stresvlakke sal ook toeneem. As ‘n neweproduk van strawwe oefening word spierpyn dikwels ervaar wat ‘n atleet se prestasie en oefening negatief kan beïnvloed. MSM is uitstekend daarmee om spiere wat seer en moeg is na ‘n oefensessie, vinnig te herstel deur inflammasie sowel as oksidatiewe stres te verminder. 4. MSM help om artritis simptome te verlig deur pyn en styfheid te verminder Artritis is ‘n inflammatoriese toestand wat gekenmerk word deur pyn eb styfheid en kan ook ‘n vermindering in ‘n persoon se gewrigsbeweging veroorsaak. Soos voorheen genoem, het MSM uitstekende anti-inflammatoriese eienskappe en is dit ‘n natuurlike alternatief om artritis-verwante simptome te verminder en te help met die fisiese funksie van gewrigte. 5. MSM kan simptome van allergieë verlig Hooikoors word deur allergiese reaksies veroorsaak en kan op verskeie maniere manifesteer – jou oë kan waterig raak, jy kan nies, jou neus kan begin loop en jou neus kan verstop voel. ‘n Algemene liggaamsreaksie op die verskillende inflammatoriese allergene is die vrystelling van klomp ander inflammatoriese stowwe binne die menslike liggaam wat onaangename simptome kan hê. Kliniese studies het getoon dat MSM effektief kan wees in die vermindering van die simptome van hooikoors deur óf die fisiese reaksie wat deur die verskillende allergene veroorsaak word te verminder óf deur die vrystelling van inflammatoriese allergene in jou lyf te inhibeer. 6. Daar is getoon dat MSM immuniteit verhoog en jou sodoende help om gesond te bly Die menslike immuunstelsel is ‘n hoogs gespesialiseerde netwerk van weefsels, selle en organe wat help met die voorkoming van siektes. Die immuunstelsel kan ook verswak deur faktore soos stres, ‘n swak dieet, siekte en onvoldoende slaap. MSM word beskou as hoogs effektief in die vermindering van oksidatiewe stres en inflammasie wat verantwoordelik is vir die verswakking van jou immuunstelsel. MSM help ook jou liggaam om glutathione te vervaardig, wat die liggame se meester-antioksidant is. 7. MSM kan ‘n rol speel in die verbetering van velgesondheid Keratien is ‘n proteïen wat in die menslike liggaam voorkom en dien as die belangrikste strukturele komponent van hare, naels en vel. Dit bevat hoë vlakke van die aminosuur sisteïen. Dit is ook ‘n swaelbevattende aminosuur. MSM kan voordelig wees vir jou velgesondheid deur swael aan keratien te gee wat op sy beurt hierdie waardevolle proteïen versterk. Selskade en tekens van veroudering, soos plooie, kan verminder word as gevolg van MSM se effek op keratien en die aanvulling se anti-inflammatoriese effekte. 8. MSM kan kankerbestrydende eienskappe hê Sommige van die jongste studies wat oor MSM gedoen is, fokus op die doeltreffendheid daarvan om kankerselle te beveg. Die navorsing toon ‘n paar belowende resultate, maar is steeds taamlik beperk. Samevatting MSM word algemeen beskou as veilig en verdraagsaam en toon min tot geen newe-effekte, maar sommige individue ervaar ligte reaksies as hulle hoogs sensitief is vir MSM soos naarheid en diarree. Dit kan ook ligte vel- en oogirritasies veroorsaak. Die voordele van hierdie aanvulling is egter verreikend – dit bevorder velgesondheid en help om allergieë te beveg. Hopelik sal daar in die toekoms meer bewyse ontdek word oor die effekte van hierdie aanvulling – spesifiek die uitwerking daarvan op kankerselle.

Read more