Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Hoe om Gesonde Gewigsverliesgewoontes te Bou in 2024

How to Build Healthy Weight-loss Habits in 2024

Maak 2024 jou gewigsverliesjaar

Ai, die feestyd — ‘n tyd gevul met vreugde, lag, en laat ons eerlik wees, hope heerlike kos! Het jy al ooit opgemerk hoe daardie ekstra porsies pepermentcrisp-tert en eindelose vakansie-lekkernye ongemerk ‘n paar kilo’s by die skaal voeg? Dit is soos ‘n kersgeskenk waarvoor ons nie gevra het nie! Maar om die waarheid te sê, gewigstoename na die feesseisoen is ‘n redelik algemene verhaal vir baie van ons. Skielik word daardie knus, gunsteling-jeans ‘n bietjie te knus.

‘N NUWE JAAR – ‘N NUWE EK

Soos die kalender na 2024 omblaai, neem ons deel aan ‘n tradisie vol hoop en moontlikhede: – maak ons nuwejaarsvoornemens! Met vasberadenheid visualiseer ons ‘n Nuwe Ek, met positiewe veranderinge, persoonlike groei, ‘n gesonde liggaam en ‘n skraal middellyf. Dan maak ons drastiese besluite – wat as gloeiende bakens moet dien. Ons staar ons Reus in die gesig en beplan reuse-stappe om dit te oorkom.

Maar heel te gou vind ons, ons kort die aanhoudende entoesiasme van ons aspirasies, om ons doelwitte na te streef; soos om die ekstra gewig af te skud. Miskien is die sondebok die grootte van ons stappe.

Hier is stappe om goeie gewigsverlies-gewoontes te implementeer.

Stap 1: Neem klein stappies

In sy boek Atomic Habits verduidelik James Clear ’n werkbare stelsel, wat jou by jou doelwitte sal uitbring.

Hy sê: Fokus daarop om elke dag klein verbeterings te maak – met verloop van tyd sal daardie klein verbeterings gelykstaande wees aan ‘n massiewe verandering. Doelwitte is goed om ‘n rigting te bepaal, maar stelsels is die beste om vordering te maak.

Klein aanhoudende stappe oor tyd sal kragtige resultate lewer. Maak ‘n 1 persent verandering elke dag en staan verbaas waar jy oor ‘n maand staan.

Gee aandag aan klein aksiestappe, maak klein veranderinge en bereik jou doelwitte. Stel vir jouself ‘n uitdaging om vir die volgende 30 dae elke dag 1% in ‘n area te groei.

As jy byvoorbeeld daardie ekstra kilo’s wil verloor, begin om een vrug per dag te eet, as jy nie ‘n vrugte-eter was nie. Eet daarna ‘n vrug eerder as ‘n sjokolade. In plaas daarvan om daarop te fokus om 10 kg te verloor, konsentreer daarop om drie keer per week 30 minute lank te oefen. Met verloop van tyd sal jy veranderinge in jou liggaam begin sien.

Dr Barbara O’Neil sê dat net 15 minute se doelgerigte oefening per dag genoeg is om ‘n gesonde liggaam te bou.

Stap 2: Hou by jou doelwitte

Groot dinge groei uit ‘n klein begin. Die saad van elke gewoonte is ‘n enkele, klein besluit. Maar soos daardie besluit herhaal word, word ‘n gewoonte gekweek.

Stephen Covey het gesê: “Ek is nie die produk van my omstandighede nie, ek is ‘n produk van my besluite.”

Is daar ‘n nuwe lewenstylverandering wat jy graag wil maak? Verbind jou tot ‘n doelwit vir 21 dae (minder as ‘n maand – voor jou volgende salaristjek) en dit sal ‘n gewoonte word. Die 21/90-reël bepaal dat dit 21 dae neem om ‘n gewoonte te vorm en 90 dae om dit ‘n permanente lewenstylverandering te maak.

Moenie iets te moeilik kies nie. Dit moet nie iets wees wat jy waarskynlik oor ‘n paar dae sal opgee nie.

Moenie probeer om dadelik vir 2 ure te oefen nie, veral nie voor ontbyt nie, sal jy misluk en voel dat die mislukking ‘n negatiewe ingesteldheid oor jouself bring.

Verbind tot ‘n haalbare doelwit vir 21 dae en dit sal ‘n gewoonte word. Verbind jou verder vir 90 dae (minder as ‘n seisoen) en dit sal deel van jou leefstyl word.

Slegte gewoontes vererger ook met verloop van tyd, as jy uitstel om elke dag aan iets te werk, sal die slegte gewoonte van uitstel vermeerder en na ander areas van jou lewe insypel.

Stap 3: Maak dit maklik

Volgens James Clear bestaan gedragsverandering uit vier komponente. Vier komponente wat ons kan gebruik om beter gewoontes te bou. Hulle is: maak dit visueel, maak dit aantreklik, maak dit maklik en maak dit bevredigend.”

  • Maak dit VISUEEL: Moenie jou drafskoene of die vrugte wat jy wil eet wegsteek nie, vertoon dit om jouself te herinner aan die nuwe jy.
  • Maak dit AANTREKLIK: Koop gesonde versnaperinge of gimnasiumdrag, en dit sal jou aanmoedig om dit te gebruik.
  • Maak dit MAKLIK: As jy meer vrugte wil eet, eet die vrugte wat maklik is om te eet.
  • Maak dit BEVREDIGEND: As jy tevrede is, sal jy meer wil hê.

Pas dit toe op alle goeie gewoontes en doen die teenoorgestelde met slegte gewoontes: Maak hulle onsigbaar, onaantreklik, moeilik om te doen en onbevredigend.

Vra jouself:

  • Hoe kan ek dit duidelik maak? Vestig ‘n hardloopgewoonte deur jou hardloopskoene aan die voetenent van jou bed te plaas.
  • Hoe kan ek dit aantreklik maak? Koop mooi drafskoene of nuwe gimnasiumklere.
  • Hoe kan ek dit maklik maak? Deur klein te begin—ek kan vir vyftien minute per dag hardloop of stap.
  • Hoe kan ek dit bevredigend maak? Deur ‘n heerlike, gesonde maaltyd voor te berei waarna ek kan uitsien as ek klaar gehardloop het.

Stap 4: Beloon jouself

Na < EK WIL….>, sal ek < EK MAG…>. Iets wat jy geniet of graag wil doen.

Enkele voorbeelde: ‘n Ontspannende bad, lees ‘n gunsteling boek, kyk ‘n fliek of tee saam met ‘n vriendin nadat die 21-dae doelwit bereik is.

Samevatting

Wanneer ons die nuwe jaar binnegaan of die skaal sien, besluit baie van ons op ‘n paar drastiese aksies om gewig te verloor, maar het nie die selfdissipline om dit deur te voer nie.

Visualiseer die Nuwe Jy. Begin met klein verbeterings, alhoewel hulle klein mag lyk.

  1. maak dit visueel,
  2. maak dit aantreklik,
  3. maak dit maklik, en
  4. maak dit bevredigend,

Klein veranderinge is transformerend as jy daarby hou.

Die Nuwe Jy is ‘n haalbare moontlikheid!

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters