Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

7 Natuurlike Maniere om Bloeddruk te Verlaag

7 Natural Ways to Lower Blood Pressure

Verlaging van jou bloeddruk is binne jou bereik

Voorskrifmedikasie is net een manier om jou bloeddruk te verlaag. Daar is baie leefstylveranderinge wat jy kan maak om jou bloeddrukvlakke laag te hou. Wanneer jy medikasie neem en ook op natuurlike maniere jou bloeddruk verlaag kan die resultate wonderlik wees!

Hier is 7 maniere om jou bloeddruk natuurlik te verlaag.

  1. Eet donkersjokolade
    Hoe wonderlik – sjokolade met meer as 60% kakao kan help om jou bloeddruk te verlaag. Sjokolade met baie kakao bevat flavonoïede wat help om bloedvate wyer te maak.
    Verminder en bestuur stres
    Chroniese emosionele stres kan bydra tot hoë bloeddruk.
  2. Jy kan probeer om stres te verminder deur:
    -nie te veel verpligtinge aan te neem nie
    -te fokus op die kwessies binne jou beheer en oplossings vir hulle te vind
    -tyd te maak om te ontspan
    -tyd te maak om te dink oor dit waarvoor jy dankbaar is
    Om jou stres te bestuur, kan jy meditasie of joga probeer. Kenners meen dat meditasie en joga help om angs te verminder. Studies dui daarop dat dit belangrik is om asemhalingstegnieke, verkillende posisies en meditasie in jou oefening in te sluit vir die beste resultate.
  3. Oefen gereeld
    ‘n 2014-oorsig oor oefening en die verlaging van bloeddruk het bevind dat die volgende oefeninge bloeddruk verlaag:
    -aërobiese oefeninge soos stap, hardloop, swem, fietsry of dans.
    -weerstandsoefeninge. Probeer om ten minste twee keer per week weerstandsoefeninge te doen.
    -hoë intensiteit interval oefensessies
    -kort oefeninge deur die dag
    -10 000 treë stap per dag
    Die American College of Cardiology en die American Heart Association adviseer matige tot hoë intensiteit oefening vir 40 minute, drie tot vier keer per week. As jy sukkel om vir 40 minute te oefen, kan jy ook elke dag drie of vier oefensessies van 10 tot 15 minute doen.
    Jy kan klein begin. Om meer aktief te wees, kan jy:
    -trappe klim in stede van ʼn hysbak gebruik
    -huishoudelike take verrig
    -tuinmaak
    -fietsry
    -‘n spansport speel
    Die belangrikste is dat jy gereeld moet oefen om jou bloeddruk te verlaag. Begin deur jou fisiese aktiwiteit te verhoog en werk jou pad na 30 – 40 minute oefensessies.
  4. Eet minder suiker en verfynde koolhidrate
    Om minder suiker en verfynde koolhidrate te eet, kan nie net jou bloeddruk verlaag nie, maar kan jou ook help met gewigsverlies. As jy ‘n lae-koolhidraat-, lae-suiker-dieet volg, sal jy vir langer versadig voel aangesien jy meer proteïene as vet inneem.
  5. Sny sout (natrium) en voeg kalium by jou dieet
    Om minder sout by jou kos te voeg, kan jou bloeddruk aansienlik verlaag. Hoeveel sout moet jy eet? Beperk sout oor die algemeen tot 2 300 milligram (mg) per dag. ’n Laer daaglikse natriuminname van 1 500 mg of minder is egter ideaal vir die meeste volwassenes.
    Kalium help om die skadelike uitwerking van sout te verminder. Die mineraal help ook om spanning op jou bloedvate te verminder.
    Voedsel hoog in kalium sluit in:
    laevet suiwelkosse, soos melk en jogurt
    vis
    vrugte, soos piesangs, appelkose, avokado’s en lemoene
    groente, soos patats, aartappels, tamaties en spinasie
  6. Hou op rook
    Rook beskadig jou algemene gesondheid. Terwyl jy rook, sal jou bloeddruk tydelik styg, aangesien rook jou hartklop verhoog.
    Rook het ook langtermyn-effekte op jou bloeddrukvlakke. Dit beskadig jou bloedvatwande, veroorsaak inflammasie en vernou jou are. Die verharde are veroorsaak hoër bloeddruk.
  7. Probeer medisinale kruie
    Kruiemedisyne word al lank gebruik vir verskeie kwale, insluitend hoë bloeddruk. Voordat jy kruie-aanvullings neem, praat met jou dokter om te verseker dat dit nie met jou voorskrifmedikasie sal inmeng nie.
    Sommige plante en kruie wat bloeddruk kan verlaag, sluit in:
    swart boontjie (Castanospermum australe)
    seldery sap (Apium graveolens)
    Gemmer wortel
    sesamolie (Sesamum indicum)
    tamatie-ekstrak (Lycopersicon esculentum)
    tee (Camellia sinensis), veral groen tee en oolong tee

Samevattig

Alhoewel medikasie effektief is om bloedsuikervlakke te verlaag, kan jy ook oefen, donkersjokolade eet, jou stresvlakke bestuur en ‘n lae-suiker-, lae-koolhidraat-dieet volg om wonderlike resultate te sien. Om jou bloeddruk te verlaag is binne jou bereik en jy kan dit natuurlik doen.

Bloed sirkulasie probleme? Probeer Manna Blood Circulation Support!

Hoe werk Manna Blood Circulation Support?

Die bestanddele in Manna Blood Circulation Support help om stikstofoksied vry te stel om mikro-kapillêre bloedvloei te verhoog. Dit kan ook ongewenste bloedlipiedvlakke verlaag en lipiedneerslae in are oplos.

Die verskillende bestanddele werk op ‘n holistiese manier om te help met positiewe bloedvloei.

Voordele van Manna Blood Circulation Support

  • Ondersteun kardiovaskulêre gesondheid deur stikstofoksied-produksie te bevorder en bloed makliker deur die liggaam te help vloei.
  • Ondersteun gesonde bloeddruk en versterk die immuunstelsel.
  • Suiwer die lewer en verwyder ammoniak.
  • Verbeter seksuele stamina en verbeter die liggaam se herstel na ‘n intense oefensessie.

Wie kan dit gebruik?

  • Enige iemand wat gesonde bloeddruk wil ondersteun
  • Individue wat angina (borspyn) wil vermy
  • Individue wat beenpyn wil vermy weens swak bloedsirkulasie
  • Enige iemand wat beskerming teen ‘n hartaanval of ‘n beroerte soek
  • Mans wat aan erektiele disfunksie ly
  • Atlete wat vinniger wil herstel na ‘n oefensessie

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters