Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

10 Betroubare Maniere Om Gewig Te Verloor En Steeds Genot Uit Die Lewe Te Put

10 Betroubare Maniere Om Gewig Te Verloor En Steeds Genot Uit Die Lewe Te Put

Daar is ‘n magdom vreemde advies rondom gewigsverlies daar buite

Die bou van nuwe gewoontes kan nogal intimiderend wees. Het jy geweet dat jou brein aangename ervaringe onthou? Jy sal meer geneig wees om gewoontes te bou rondom dinge wat jou gelukkig maak. Gesonde gewoontes, wat jou help om gewig te verloor, kan jou ook genot bied.

As jy gewoontes rondom gewigsverlies lekker maak, sal jy langer by die gewoontes kan hou en so sal jy daardie ekstra gewig kan afskud. Lees verder om uit te vind watter gewoontes jou sal help om daardie ekstra kilogramme te verloor.

Hier is tien beproefde maniere om gewig te verloor wat jy in jou daaglikse lewe kan implementeer…

1. Eet stadig

Wanneer jy kos kou, probeer om al die geure en verskillende teksture te geniet. Kou behoorlik en doelbewus. Smul aan jou kos. Dit neem tyd om agter te kom dat jy vol is. Om stadig te eet, sal jou liggaam die nodige tyd gee om te registreer dat jy versadig is. Om tyd te neem om elke happie te geniet, sal jou help om nie te ooreet nie.

2. Geniet jou kos

Om gesond te eet kan lekker wees. Voeg ‘n verskeidenheid geure en teksture by jou dieet. Probeer nuwe en interessante resepte. Eksperimenteer met speserye. Geniet dit om kos te maak met bestanddele waarvan jy hou.

3. Eet in ‘n spesifieke plek

Wanneer jy voor die TV of skootrekenaar of in jou motor eet, is dit moeilik om bewus te wees van wat jy alles eet. Probeer om ‘n spesifieke plek in jou huis te allokeer waar jy net eet. Sodoende kan jy sonder afleidings, by ‘n tafel gaan sit en op jou maaltyd fokus. Dit sal help om bewussyn te skep rondom wat jy elke dag eet.

Nie net sal jy meer bewus wees van wat jy daagliks eet nie, maar as jy op ‘n spesifieke plek elke dag eet, sal dit jou ook help om by ‘n eetskedule te hou. Dit is belangrik om nie maaltye oor te slaan nie. Wanneer jy maaltye oorslaan, sal jou liggaam sy bes probeer om soveel moontlike energie te kry en jy sal dalk ‘n eetlus opbou vir koolhidrate en lekkers. Jy kan jou lus vir suiker smoor – gee jou liggaam die energie wat dit nodig het deur konsekwent gesonde maaltye te geniet.

4. Sny kalorieë en geniet meer geur

Gebruik bestanddele met skerp reuke en skerp geure. Wanneer jy byvoorbeeld die hoeveelheid kaas wat jy in ‘n maaltyd gebruik verminder, kan jy kaas met ‘n skerper aroma kies bo een met ‘n sagter geur, so kan jy kalorieë verminder en steeds die ryk geur van kaas geniet.

5. Skryf in ‘n joernaal

Wanneer jy meer bewus word van jou emosies, kan jy “emosionele ooreet” vermy. Joernaalinskrywings is ’n goeie manier om bewustheid te kweek rondom jou innerlike wêreld. As jy bewus is van hoe jy voel, sal dit makliker wees om groot emosies te hanteer in plaas daarvan om hulle te onderdruk deur te eet.

6. Drink meer water

Drink ongeveer ‘n halwe liter water voordat jy eet. Dit kan jou metabolisme ‘n hupstoot gee en jou minder honger laat voel. Jy kan altyd suurlemoene, komkommers of eetbare blomme by jou water voeg vir geur en kleur.

7. Eet meer groente

Vul die helfte van jou bord met groente, ‘n kwart met graan en ‘n kwart met proteïene. Daar is ‘n groot verskeidenheid groente om van te kies wat wonderlike variasie by maaltye kan skep. Jy kan die pragtige patrone van romanesco-broccoli geniet of pak choi en pastinaak probeer.

8. Begin waar jy is

Om te probeer gewig verloor, kan oorweldigend voel – daar is soveel goeie gewoontes om te implementeer en slegte gewoontes om te laat vaar. Jy hoef nie al jou gewoontes op een slag te verander nie.

Die beste manier om te begin is om eerstens te evalueer waar jy is en dan een, klein stappie nader jou doelwit te neem. As jy ‘n meestal deur die dag stilsit, moenie jou eerste oefensessies afskop deur elke dag ‘n strawwe roete van 5 km te hardloop nie. Begin klein. Probeer elke dag vir vyf minute stap. Vier jou klein oorwinnings en binnekort sal jy vinnig en ver kan hardloop.

9. Geniet vrugte-nageregte

’n Heerlike manier om te verseker dat jy jou daaglikse kwota vrugte eet, is om met vrugte te eksperimenteer vir nagereg. Vrugte is ryk aan voedingstowwe en bevat baie vesel. Jy kan klapperroom, lychees en frambose probeer met ‘n bietjie vanielje of geroosterde perskes met amandels. Vrugte kan gebak, gerooster of gevries word en dit gee wonderlike geure en kleure aan enige gereg.

10. Kry genoeg slaap

Onvoldoende slaap kan ook jou eetlus verhoog, aangesien jou liggaam meer ghrelien produseer. Ghrelin is jou hongerhormoon, en met verhoogde hoeveelhede sal jy ‘n eetlus opbou vir koolhidrate en soetgoed. Om genoeg rus te kry, sal help om jou hormone te balanseer en jy sal gesonder keuses kan maak.

Samevatting

Om meer groente te eet, te oefen en genoeg slaap in te kry, kan jou help om gewig te verloor. As jy hierdie gesonde gewoontes wil implementeer, probeer om dit lekker te maak en jy sal meer geneig wees om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf en daardie ekstra kilogramme te verloor.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters