Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Handhaaf Jou Gewig Hierdie Feesseisoen

Maintain your weight this festive season

Jou gids tot gewigsbeheer op feesdae

Ons eet wanneer ons feesvier, maar om hope gebakte aartappels, patats, malvapoeding en melktert te verorber, kan jou heupe verbreed en jou ronder laat. En dan is die vet in die vuur – jy kan sowaar die nuwe jaar met ‘n paar ekstra kilogramme begin!

Wat moet jy doen om vakansie-gewigstoename te vermy?

Dit is moeilik om by ‘n gesonde dieet te hou en selfs moeiliker tydens die feesseisoen wanneer tafels kreun onder die gewig van vetmakende kos. Dis nie nou die beste tyd om ’n gewigsverliesreis af te skop nie, fokus eerder om jou gewig te handhaaf gedurende die feestyd. Die beste strategie: hou jou gewig in stand tydens die feesseisoen en begin om gewig af te skud in die nuwe jaar!

Hoe om jou gewig te beheer terwyl jy feesvier

Hier is wat jy kan doen voor jou fees-byeenkomste en voor, tydens en na jou groot feesmaaltye.

Voor die vakansie-byeenkoms

Voor jou feesvieringe, implementeer die volgende:

Begin vandag gewig-instandhouding

Wanneer dit by vetterige en suikerryke kos kom, sit jou voet neer – van vandag af! Dit is heeltemal aanvaarbaar om “nee” te sê vir kosse en gedrag wat jou gewigsdoelwitte belemmer.

Besluit voor die feesseisoen inskop hoeveel jy gaan eet en watter soort kosse jy wil vermy.

Dit mag gebeur dat jy nie by jou doelwitte hou nie en dit is heeltemal verstaanbaar! Dit is uiters belangrik om nie toe te laat dat ‘n terugslag jou vordering in die wiele ry nie. Erken eerder hierdie terugslae en fokus daarop om in die toekoms gesonder keuses te maak.

Vind ‘n gewigsbeheer-vennoot

‘n Kameraad, kan jou baie help om jou gewig te handhaaf. Vind ‘n vennoot met soortgelyke gewigsdoelwitte. Julle kan mekaar aanmoedig en help om op koers te bly gedurende die vakansieseisoen.

Oorweeg om na vriende, familie of kollegas uit te reik om ‘n vennoot te vind. As jou vriend nie op die dag saam met jou fees vier nie, kan jy hulle af en toe bel of ‘n boodskap stuur om te hoor hoe dit gaan.

‘n Voorbeeld van ‘n boodskap aan ‘n vennoot:

Hallo vriendin! Hoe verloop jou feesdag? Ek geniet ‘n paar gesonde verversings vandag, maar die kolwyntjies op die peuseltafel is so aanloklik. Het jy vandag gesonde kos geniet?

In die nuwe jaar kan jy en jou vriend julle gewigsinstandhouding vier met ‘n gesonde maaltyd.

Voor die groot ete

Daar is gewoonlik hope verversings by feesgeleenthede. As jy minder peusel, sal jy jou gewig baie beter beheer. Hier is wat jy kan doen:

Peusel van ‘n bord af

Probeer om nie aan verversings te peusel sonder om ‘n bord te gebruik nie. Sonder ‘n bord word dit uitdagend om tred te hou met hoeveel jy eet. Deur jou peuselhappies op ‘n bord te sit, kan jy makliker sien hoeveel jy eet en oormatige eetgewoontes vermy.

Moenie ‘n maaltyd van verversings maak nie

Eerder as om op korttermynbevrediging te fokus deur te smul aan suiker-ryke happies, is dit noodsaaklik om gesonder opsies te prioritiseer wat jou op die lang termyn tevrede sal laat voel. Daarom is dit die beste om nie jou maag voor die hoofmaaltyd met vetterige en suiker-ryke verversings te vul nie.

Tydens die ete

Jy kan hartlik jou hoofmaaltyd geniet en steeds jou gewig beheer. Hier is wat om te doen:

Kyk na al die geregte voordat jy opdis

Wanneer dit by vakansie-etes kom, is dit maklik om meegevoer te raak en heeltemal te veel te eet. ’n Slimmer benadering is om ’n tree terug te neem en al die beskikbare kosopsies te assesseer voordat jy begin inskep. Deur dit te doen, kan jy prioritiseer om jou bord te vul met gesonder keuses soos proteïene en groente.

Skep net een keer op

Om te verhoed dat jy te veel kos geniet, skep net een keer op – vermy “seconds”. Deur jouself bewustelik tot net een bord te beperk, kan jy die oormatige kalorie-inname vermy wat dikwels tot gewigstoename lei.

Kyk ook na jou porsiegroottes wanneer jy opskep. Een doeltreffende strategie is om kleiner borde te gebruik, want dit kan jou brein mislei om te dink jy het meer kos geëet het as wat jy werklik het.

Na die ete

Beweeg rond

Na jou maaltyd het jy die hele dag om uit te span – dis immers vakansie! As jy jou gewig wil handhaaf, doen fisiese aktiwiteite saam met jou geliefdes. Jy kan swem, gaan stap of saam met die kinders of troeteldiere in die tuin speel.

Samevatting

Mag jy die beste feestyd hê! Geniet die tyd saam met jou geliefdes en geniet die kos. Jy kan jou verlustig in jou etes en verversings terwyl jy ook jou gewig beheer sodat jy nie die nuwe jaar met ’n paar ekstra kilogramme begin nie.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters