Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Wat is Suikerverslawing?

What is sugar addiction?

Staan suikerverslawing in jou pad tot ‘n gesonde leefstyl?

Die meeste mense beskou suiker oor die algemeen nie as verslawend of so ernstig soos baie ander verslawings nie – maar as regstellende maatreëls nie getref word nie, kan suikerverslawing tot ‘n aantal ernstige gesondheidseffekte lei soos:

  • Gemoedsversteurings
  • Vetsug
  • Kandida oorgroei
  • Lekkende derm en metaboliese afwykings
  • Hartprobleme
  • Vetlewer-siekte
  • Suikersiekte
  • Kanker

Reeds in Maart 2013 het die gevolgtrekking van ‘n studie wat deur die Amerikaanse Hart Assosiasie gedoen is, berig dat “Ons suikerbelaaide dieet ons letterlik doodmaak.”

Wat is suikerverslawing?

Suikerverbruik kan ‘n korttermyn energie-hoogtepunt en emosionele vonk in die liggaam teweegbring. Emosionele of sielkundige afhanklikheid van soet kosse en drankies, skep ‘n pseudo-behoefte in die liggaam na suiker, ook bekend as suikerverslawing. Soortgelyk aan ander kompulsies of gedragsverslawing, is suikerverslawing ‘n groter risiko vir mense met neerslagtigheid, depressie, angs en stres.

As gevolg van die verslawende aard van suiker, kan langtermyn-gesondheidseffekte soos vetsug en die oorgroei van kandida, nagevolge van oormaat suiker wees.

Hoe ontwikkel ‘n suikerverslawing?

Suiker word in baie kosse aangetref en is byna onmoontlik om heeltemal te vermy. Lekkers, sjokolade, kolwyntjies, vrugtesap en gaskoeldrank is gelaai met suiker, maar verwerkte voedsel en verfynde meel skakel ook om in glukose in die liggaam sodra die kos metaboliseer.

Suiker stel endorfiene vry wat met ander chemikalieë in die liggaam saamsmelt, wat ‘n vrystelling van energie tot gevolg het. Suiker in matigheid is nie skadelik nie; maar baie mense oordoen dit egter.

Die van ons wat aan konstante moegheid ly, kan dalk na koolhidraatryke en suikerryke kosse gryp vir ‘n hupstoot. Sodra iemand ‘n emosionele konneksie maak tussen suiker en die verskaffing van energie, kan hulle daarvan afhanklik word (gewoonlik onbedoeld). Mense kan begin smag na suiker om geïrriteerdheid, emosionele laagtepunte en algemene moegheid te balanseer.

Wie het die grootste risiko om ‘n suikerverslawing te ontwikkel?

Geestesgesondheidstoestande soos depressie, angs, gedragsversteuring en aandaggebrek-hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD) skep ‘n groter risiko vir problematiese middelgebruik en verslawings.

Kinders wat ‘n geskiedenis van trauma gehad het (soos waarneming van geweld of mishandeling ervaar het) het getoon dat hulle later in hul lewe ‘n groter risiko vir verslawing het. Dit is belangrik vir ouers en versorgers om die moontlike impak van trauma op ‘n kind te erken en toepaslike hulp te kry.

Tekens van suikerverslawing

Anders as baie ander verslawings, is suikerverslawing maklik om raak te sien. Die duidelikste tekens van suikerverslawing behels die gebruik van groot hoeveelhede kos of drankies wat met suiker gelaai is. Jy sal aanhoudend eet, energiek wees en dan uitgeput neersak.

Emosionele eet

Mense vind dalk suiker se vermoë om ‘n “vinnige oplossing” te bied tydens ‘n lang en stresvolle dag, baie gerieflik, maar diegene wat hulle egter tot suiker wend om emosionele probleme te hanteer, is meer geneig om verslaaf te raak. Ander aanduidings van suikerverslawing vir emosionele verligting is gewigstoename en probleme om op daaglikse verantwoordelikhede te fokus. Hierdie newe-effekte kan hul selfbeeld beskadig, gevoelens van hulpeloosheid veroorsaak en selfwaarde verlaag; dit lei weer tot meer suikerverbruik en ‘n erger verslawing.

Stop suikerverslawing op ‘n gesonde manier!

As jy “verslaaf” is aan suiker, moenie probeer om alle suikers en koolhidrate gelyktydig uit te skakel nie. Eet eerder ‘n gesonde dieet wat uit meer gebalanseerde kosse bestaan - volgraan, vrugte, groente, gesonde olies en proteïene. Bly weg van lekkergoed en eet kos wat stadiger verteer. Hulle sal help om jou bloedsuikervlak konstant te hou en jy sal nie heeltyd wissel tussen hiper energiek en energie-uitputtings nie.

Hier is ‘n paar dieet-wenke:

  1. Sluit meer proteïene in jou dieet in.
  2. Eet gesonde vette en olies.
  3. Vesel is baie belangrik in jou dieet.
  4. Eet gefermenteerde kosse of probiotika-ryke kosse (soos kefir, jogurt, kimchi en appelasyn)
  5. Gebruik natuurlike versoeters soos stevia, rou heuning en dadels.
  6. Neem Manna Blood Sugar Support. Hierdie natuurlike aanvulling kan help om jou lus vir suiker te blus deur jou eetlus te beheer.

Hier is ook ‘n paar lewenstylwenke:

  • Moenie ‘n maaltyd oorslaan nie.
  • Beplan jou inkopielys – sluit baie gesonde versnaperinge in.
  • Kom in beweging. Doen gereelde oefening en doen fisiese aktiwiteite (soos tuinmaak).
  • Slaap genoeg – moegheid veroorsaak ‘n lus vir suiker.
  • Drink genoeg water.

Samevatting

Verandering begin wanneer jy besef dat jy ‘n probleem met suikerverbruik het. Neem ‘n besluit om te verander. Stel ‘n doelwit vir jouself maar onthou: daar is geen kitsoplossing nie. ’n Leefstylverandering sal tyd en moeite verg. Deel jou planne met ‘n vriend wat jou sal ondersteun en aanmoedig en jou aanspreeklik sal hou. Jy kan jou suikerdieet staak!

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters