As jy diabetes het, kyk uit vir die volgende gesondheidskomplikasies
Diabetes kan baie ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak. As jy nie waaksaam is nie, kan diabetes lei tot hart- en bloedvatsiekte, amputasie, blindheid en chroniese niersiekte (CKD). Gelukkig is die ontwikkeling van gesondheidskomplikasies nie onvermydelik nie, daar is baie wat jy kan doen om hul aanvang teë te werk.
10 algemene diabetes komplikasies
-
Hartsiekte
Die term “hartsiekte” verwys na verskeie tipes harttoestande en is ‘n baie algemene diabetes komplikasie. Die mees algemene tipe hartsiekte is koronêre arteriesiekte, wat die bloedvloei na die hart beïnvloed. Verminderde bloedvloei kan ‘n hartaanval veroorsaak.
Jou dokter sal gereeld jou bloeddruk kontroleer en kan ook ‘n klein bloedmonster neem om vlakke van LDL-cholesterol en trigliseriede te kontroleer.
-
Beroerte
Simptome van beroerte sluit in swakheid aan die een kant van die gesig of liggaam, gevoelloosheid in die gesig, arm of been, probleme met praat, probleme om met albei oë te sien, of duiseligheid. As jy hierdie simptome ervaar, moet jy dadelik jou dokter skakel.
-
Niersiekte (diabetiese nefropatie)
As jou niere beskadig is, het jy niersiekte. Dit is ‘n baie algemene diabetes komplikasie aangesien een uit elke drie diabeteslyers die siekte ontwikkel. Die meeste mense wat vroeë stadiums van niersiekte het, toon geen simptome nie.
Jy moet ten minste een keer per jaar ‘n urientoets kry om te kyk vir niersiekte. Jou gesondheidsorgverskaffer sal ook jou bloeddruk nagaan aangesien hoë bloeddruk ook jou niere beskadig. Jou bloeddruklesing moet minder as 130/80 wees.
-
Senuweeskade (diabetiese neuropatie)
Permanente hoë bloedsuikervlakke sal jou senuwees beskadig. Die senuwees wat eerste beskadig word, is gewoonlik in jou arms, bene, voete en hande. Jou vel kan brand of jy kan pyn en gevoelloosheid in jou ledemate ervaar. Jou dokter moet jou voete ten minste een keer per jaar deeglik ondersoek om te kyk vir senuweeskade.
-
Oogskade (diabetiese retinopatie)
Diabetes kan bloedvate in die retina beskadig en dit kan sigverlies en blindheid veroorsaak.
Die vroeë stadiums van diabetiese retinopatie is gewoonlik asimptomaties, daarom is dit belangrik vir mense met diabetes om jaarliks ’n oogarts te sien. Jy kan jou visie beskerm deur vroeë diagnose en behandeling.
-
Gastroparese
Gastroparese is ‘n toestand waar die spiere in jou maag nie normaal beweeg nie. Dit vertraag die leëmaak van die maag.
Praat met jou dokter as jy simptome soos braking, naarheid, opgeblasenheid, maagpyn, verlies aan eetlus of gewigsverlies ervaar.
-
Erektiele disfunksie
Diabetes verhoog jou risiko vir erektiele disfunksie. Gereelde oefening en die afskaf van rook kan help om simptome te verbeter.
-
Velprobleme
Ongeveer een derde van mense met diabetes ervaar velprobleme. Hoë bloedsuiker bevorder bakterieë en swamme. Die meeste toestande kan effektief behandel word.
-
Infeksie
Hoë bloedsuikervlakke verswak jou immuunstelsel. Infeksies wat aanhou of herhaal kom kan 'n teken van diabetes wees.
-
Tand- en mondprobleme
Verswakte witbloedselle kan infeksies in die mond veroorsaak. Gereelde besoeke aan die tandarts is belangrik.
Hoe vertraag ek die aanvang van diabetes komplikasies?
Hou jou bloedsuikervlakke stabiel. Volg die ADA se teikens van 80-130 mg/dL voor etes en onder 180 mg/dL na etes.
Leefstylveranderinge sluit in:
- Eet heel kosse
- Vermy hoë-GI-voedsel
- Oefening
- Hou op rook
Laat gereelde toetse doen om komplikasies vroegtydig op te spoor.
- Urientoets vir niersiekte (1x per jaar)
- Voetondersoek vir senuweeskade
- Jaarlikse oogondersoek
- Kardiale kontroles
- Let op vir tekens van gastroparese, erektiele disfunksie, velprobleme en infeksies
- Tandarts besoeke
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike aanvulling gemaak van die Prosopis-peul. Dit help om suiker stadig in die bloedstroom vry te stel en voorkom bloedsuiker-spyke.
Gebruik dit saam met ‘n gesonde dieet soos dié wat in die GRATIS Manna Dieet e-boek beskryf word. Neem een of twee tablette met elke ete om jou bloedsuiker te stabiliseer.