Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Uiteet en Diabetes

Eating out and diabetes

Hou jou bloedsuikervlakke stabiel tydens sosiale geleenthede

Jy hou dalk nie van die idee om uit te eet as jy diabetes het nie. Jy wil tog nie hê jou bloedsuikervlakke moet die hoogte inskiet by sosiale geleenthede nie.

Wanneer jy uiteet, kan jy lasagne, roomys, geroosterde aartappels en 'n magdom ander vyande teëkom wat smullekker smaak. Jy kan ook toegee aan sosiale druk en kos eet wat jy gewoonlik nie jou lippe aan sou sit nie.

Hoe geniet jy jou tyd uit terwyl jy jou bloedsuiker stabiel hou?

In hierdie artikel kyk ons na:

  • Wenke vir ʼn aansitetes
  • Wenke vir 'n bring-en-braai
  • Wenke vir restaurantbesoeke
  • Monitor jou bloedsuikervlakke

Wenke vir aansitetes

Jy mag dalk onbeskof voel wanneer jy ‘n maaltyd by iemand se huis eet net om baie geregte van die hand te wys.

Wanneer jy vir 'n ete na iemand se huis genooi word, het jy twee opsies. Jy kan die gasheer vooraf van jou toestand in kennis stel of jy kan die beste maak van die kos wat bedien word.

Jou gasheer weet jy het diabetes

Dit is die beste om familie en goeie vriende van jou toestand te vertel. Jou geliefdes sal jou waarskynlik prys omdat jy by gesonde gewoontes hou en jou gesondheid wil verbeter.

Hulle kan jou ondersteun deur lae-koolhidraatgeregte by maaltye te voeg of dalk sal hulle dit nie afstootlik vind as jy 'n paar gesonde geregte na byeenkomste saambring nie.

Die eet van diabetesvriendelike kosse is noodsaaklik vir jou gesondheid, maar hierdie disse is ook wonderlik vir diegene wat nie met diabetes sukkel nie. Om gesond te eet is immers goed vir almal!

Jou gasheer weet nie jy het diabetes nie

As jou gasheer nie bewus van jou gesondheidsprobleme is nie, kan jy die situasie hanteer deur goeie porsiebeheer toe te pas.

As jou gasheer byvoorbeeld pasta en slaai bedien, skep slegs ‘n bietjie pasta en baie slaai.

As jy steak (biefstuk) en gebakte aartappels bedien word, help jouself aan 'n groot stuk vleis en net 'n halwe aartappel.

Volg die bordmetode wanneer jy opdis. Die metode stel voor dat jy:

  • Die helfte van jou bord vul met vrugte en groente
  • ‘n Kwart met proteïene
  • 'n Kwart met koolhidrate

Wanneer dit by nagereg kom, moet jy dit dalk van die hand wys of net 'n klein porsie geniet.

Wenke vir 'n bring-en-braai

Die lekker ding van 'n Suid-Afrikaanse bring-en-braai is dat dit gewoonlik redelik informeel is. Jy kan jou vleis, moontlik ’n bykos en peuselhappies saamneem na die kuier.

Volg die volgende wenke:

  • Kies om hoender of beesvleis eerder as vetterige boerewors of tjops te braai.
  • Neem diabeetvriendelike peuselhappies soos biltong, springmielies of lae-GI-koekies saam.
  • Geniet 'n paar gesonde bykosse soos ‘n slaai met babaspinasie en kekerertjies, gebakte portobello-sampioene of lae-GI braaibroodjies.

Wenke vir restaurantbesoeke

Hier is 'n paar voorstelle vir wanneer jy by 'n restaurant uiteet:

  • Kies gestoomde of gekookte opsies soos gestoomde rys, groentenoedels en geroosterde vleis- of visgeregte.
  • Vra vir voedsame, lae-vet opsies. Restaurante is dikwels ervare met dieetbeperkings.
  • Bestel ekstra gesonde bykosse soos slaai en groente om jou maaltyd meer gebalanseerd te maak.
  • Monitor porsiegroottes, kies vars vrugteslaai of deel ‘n ryker nagereg met iemand.
  • Beplan vir ‘n stappie voor of ná die ete om bloedsuikervlakke stabiel te hou.
  • Moenie voel jy moet jou hele bord leeg eet nie. Neem oorskiet huis toe.
  • As jy insulien gebruik, pas jou tydsberekening aan as jou maaltyd vertraag.

Monitor jou bloedsuikervlakke

Neem jou glukosemonitor saam wanneer jy uiteet. Meet jou bloedsuikervlakke ongeveer ‘n uur ná die maaltyd.

Oorweeg om in ‘n deurlopende glukosemonitor te belê – dit maak dit makliker om jou vlakke dop te hou en is dikwels koppelbaar aan slimfone.

Samevatting

Om uit te eet saam met vriende, familie of kennisse behoort pret te wees – selfs al het jy diabetes. Jy moet net slim wees oor wat jy eet. Volg hierdie wenke en geniet jou tyd rondom die etenstafel sonder om jou gesondheid in die gedrang te bring.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters