Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Hou Jou Bloedvate Gesond Om Demensie Te Vermy

Hou Jou Bloedvate Gesond Om Demensie Te Vermy

Jy kan jou risiko om demensie te kry verminder deur bloot na jou bloedvate te kyk

Demensie is ‘n sambreelterm wat gebruik word om ‘n groep simptome te beskryf wat geheue, taalgebruik, probleemoplossing en ander kognitiewe vermoëns beïnvloed.

Daar is baie soorte demensie. Die mees algemene tipe is Alzheimer se siekte. Vaskulêre demensie is die tweede mees algemene tipe. Vaskulêre demensie vind plaas wanneer jou brein nie genoeg suurstof kry nie. Dit kan wees as gevolg van ‘n beroerte of vernoude bloedvate.

‘n Studie oor demensie, deur die Universiteit van Cambridge, het die leefstyl en gesondheid van 500 000 individue, tussen die ouderdomme van 40 en 69, noukeurig gevolg. Die studie het gevind dat mense met demensie probleme het met probleemoplossing en memorisering asook met reaksietye en greepkrag. Hierdie probleme het opgeduik nege jaar voordat die individue met die siekte gediagnoseer is. Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat demensie vertraag kan word deur die voorkomende behandeling van risikofaktore.

Sommige risikofaktore van demensie

Ouderdom

Die meeste mense met demensie is ouer as 65. Ouderdom is die grootste bekende risikofaktor van demensie.

Seks en geslag

Sommige studies dui daarop dat vroue meer geneig is om Alzheimer se siekte te ontwikkel as mans. Mans is weer meer geneig om ander vorme van demensie te ontwikkel.

Familiegeskiedenis

Jy kan geneties geneig wees om sekere soorte demensie te ontwikkel. Genetika speel ‘n rol in die ontwikkeling van Alzheimer se siekte, vaskulêre demensie en frontotemporale demensie.

Vaskulêre probleme

Navorsing dui daarop dat spesifieke faktore, wat die gesondheid van jou are en arteries beïnvloed, jou risiko van demensie kan verhoog.

Hierdie risikofaktore sluit in:

  • Hoë bloeddruk
  • Diabetes
  • Rook
  • Hartsiekte
  • ‘n Blokkasie of tekort aan bloedvloei na die brein (byvoorbeeld weens ‘n beroerte)

Hou jou bloedvate gesond

Alhoewel daar nie veel is wat jy aan jou ouderdom, geslag en familiegeskiedenis kan doen nie, kan jy vaskulêre probleme verminder.

Hartsiekte affekteer die hart en bloedvate. Die mees algemene hartsiekte is koronêre arteriesiekte (nou of verstopte kransslagare), wat kan lei tot borspyn, hartaanvalle of beroerte.

Risikofaktore vir hartsiekte soos hoë bloeddruk, hoë cholesterol en diabetes verhoog jou risiko van demensie, want enige iets wat die bloedvate wat na jou hart lei beskadig, sal ook die bloedvate wat na jou brein lei, beskadig.

Studies dui daarop dat jy jou risiko om demensie te ontwikkel kan verminder bloot deur gesonde gewoontes te implementeer wat hartaanvalle voorkom.

Dit is belangrik om uit te kyk vir risiko’s van hartaanvalle. Vra jou dokter om jou bloeddruk, cholesterol en bloedsuikervlakke na te gaan. As enige van die toetsresultate abnormaal is, probeer om jou leefstyl te verander sodat jy gesondheidskomplikasies kan verminder. Demensie is nie omkeerbaar nie.

Sewe gesonde gewoontes om die risiko van ‘n hartaanval en demensie te verminder

Studies het gevind dat die volgende gewoontes hartaanvalle en die aanvang van demensie kan voorkom:

  1. Eet ‘n gebalanseerde dieet
  2. Oefen elke dag
  3. Verloor gewig as jy oorgewig is
  4. Hou op rook
  5. Beheer jou bloeddruk
  6. Beheer jou cholesterol
  7. Beheer jou bloedsuikervlakke

Samevatting

Daar is geen geneesmiddel vir demensie nie. Jy kan egter jou kanse om die siekte op te doen verminder deur na jou bloedvate om te sien. Jy kan die gewoontes volg wat voorgeskryf word om hartaanvalle te voorkom. Die implementering van hierdie sewe gesonde gewoontes kan jou kanse op demensie verminder.

Verhoog bloedsirkulasie en bevorder gesondheid

Manna Blood Circulation Support

Hierdie samestelling van top-gehalte natuurlike bestanddele, is spesifiek geformuleer om positiewe bloedsirkulasie op ‘n natuurlike manier te bevorder.

What do customers say about Manna Blood Circulation Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I ve been taking this for years. It really helps with circulation and prevents my feet from swelling

— Zelda (Takealot)

Excellent product. Really helps eliminate the coldness in feet and other problems in my feet and hands due to bad circulation.

— Amelia

This WORKS! I sleep like a baby for the first time in years.. on my 2nd (not last) bottle. Thank you

— Denise

Started taking these pills and within a week my blood pressure went from 150\90 to 120\75.

— Rickard (Takealot)