Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Wanneer Verander "Oorgewig" in "Vetsug"?

Wanneer Verander "Oorgewig" in "Vetsug"?

Daar is ‘n fyn lyn tussen oorgewig wees en vetsug.

Maar wanneer tree ons oor daardie lyn? En wat kan ons daaraan doen?

Baie mense neem aanstoot wanneer hulle as vetsug gediagnoseer word, want hulle dink dat daar met hul gewig gespot word. Dit gaan egter nie net oor gewig nie – dit is ‘n ernstige kwessie en ‘n groot gevaar vir jou gesondheid!

Vetsug word gewoonlik gediagnoseer deur gebruik te maak van die liggaamsmassa indeks (BMI), en jy word as vetsugtig geklassifiseer as jou BMI meer as 30 is. ‘n BMI tussen 25 en 29.9 beteken jy is oorgewig en dat jy reeds na maniere moet kyk om gewig te verloor voordat dit tot vetsug lei.

Hoe Beïnvloed Vetsug Jou Gesondheid?

Vetsug kan gepaardgaan met ‘n klomp ander gesondheidskwessies, wat ook ‘n aanduiding kan wees dat jy ernstig na jou gewig moet kyk.

Hierdie gesondheidskwessies sluit in:

  • Hoë bloeddruk
  • Hartsiekte en beroerte
  • Tipe-2 diabetes
  • Hoë cholesterolvlakke
  • Gewrigsprobleme
  • Sukkel om asem te haal
  • Slaap apnee
  • Galstene

Hier is 9 wenke om vetsug te voorkom:

  1. Stel realistiese en haalbare doelwitte

    Dit is goed om ‘n doelwit te hê, maar is dit ‘n realistiese een? Daardie onmenslike hoeveelheid kilogramme wat jy wil verloor is dalk net genoeg om jou heeltemal van stryk te kry om jou doel wit te bereik.

    Stel maandelikse, weeklikse en selfs daaglikse doelwitte vir jouself op, nie net om gewig te verloor nie maar ook om gesond te eet. Jy weet wat jy in ‘n sekere tydperk kan bereik en hou daarby.

  2. Maak jou koskas skoon

    Maak skoon en gooi weg! Skenk daardie hoog in kalorieë kos aan die welsyn, so verminder jy die versoeking binne armlengte. Koop gesonde kos in plaas van dit wat jy weet jou in die versoeking gaan lei.

  3. Sit ‘n groot bak vrugte op die toonbank neer

    Net die kyk na daardie lekkerte sal jou herinner om gesond te eet, en ook om jou daaglikse porsie vrugte te neem. Dit is ook makliker om ‘n gesonde keuse te hê wanneer daardie lus vir die verbode arriveer. Maar pasop vir te veel van ‘n goeie ding – selfs die gesonder suiker in vrugte kan negatiewe effekte hê as mens te veel daarvan eet.

  4. Maak seker om genoeg te slaap

    Het jy geweet dat indien jy nie genoeg kwaliteit slaap kry nie, jy gewig kan optel?

    Die beste manier om te sorg dat jy genoeg slaap kry is om in ‘n roetine te kom. Gaan slaap op dieselfde tyd elke aand en staan elke oggend dieselfde tyd op.

  5. Groente bly nog steeds jou beste vriend

    Groente is volg goedheid! Vesel, vitamiene en voedingstowwe – eet gesond en eet gereeld. Gebruik ‘n groente as ‘n lae kalorie peuselhappie.

  6. Eet vars

    Boeremarkte en “slow markets” neem toe in gewildheid en die vars groente en vrugte daar beskikbaar is oor die algemeen meer gesond as die wat jy in ‘n supermark sal koop. Koop vars en organies wat vry is van preserveermiddele en wat beter smaak as hul geprosesseerde familie!

  7. Tel jou kalorieë

    Indien jy minder kalorieë inneem as wat jy verbrand sal jy gewig verloor! Ons Manna Lae Kalorie Eetplan is gratis om af te laai op jou tablet of rekenaar en begin sommer nou om daardie winter vetjies af te skud.

  8. Oefening kan lekker wees

    Indien jou leefstyl dit nie toelaat of jy nie daarvoor lus het om vier uur soggens in die gim te wees nie, gaan dit nie gebeur nie.

    Daar is soveel maniere om oefening te doen, sonder dat dit na oefening voel. Gaan stap ‘n ver ent langs die strand, gaan swem of neem die hele familie vir ‘n heerlik fietsry deur ‘n park of êrens in die natuur. Dit is altyd beter om saam met vriende en familie te oefen, julle kan mekaar motiveer en aanspreeklik hou vir daardie ekstra motivering.

  9. Manna Blood Sugar Support

    Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters