Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Waarom Voel Ons Heeltyd Honger?

Waarom Voel Ons Heeltyd Honger?

Is dit normaal om die heeltyd honger te wees?

Dit is heeltemal natuurlik om elke paar uur honger te word, maar wat daarvan as ‘n mens heeltyd honger bly?

Dit is ‘n groot probleem as mens heeltyd honger is, selfs al het mens pas geëet. Meestal is dit ‘n teken dat jy gesondheidsprobleme het, en dit kan beteken dat jy jou dokter moet raadpleeg.

Maar wat kan die rede vir hierdie honger wees?

Hier is 9 algemene redes vir die heeltyd honger voel…

1. Diabetes

Omdat jou liggaam die suiker in die kosse wat jy eet in energie omskakel, verhoed diabetes dat hierdie suiker jou selle bereik, en dus word hierdie suiker vermors in plaas daarvan dat dit as energie gebruik word. Wanneer hierdie suiker vermors word, voel jou liggaam dat dit meer kos moet eet om meer energie te kry.

Dit kom veral voor by mense met tipe-1 diabetes, wat aanhou gewig verloor al eet hulle baie kos. Ander simptome van diabetes kan insluit:

  • Konstante, geweldige dors
  • Probleme met sig en vae/dowwe visie
  • Snye en kneusplekke wat baie lank vat om gesond te word
  • Tinteling, pyn of ‘n dooie gevoel in jou hande of voete
  • Uiterse moegheid

2. Lae Bloedsuiker

Wanneer die suikervlakke in die liggaam baie laag val, kan dit verskeie ander probleme veroorsaak. Lae bloedsuiker is baie keer weens ‘n ander onderliggende gesondheidsprobleem soos diabetes, hepatitis, niersiekte, probleme met die byniere en probleme met pituitêre kliere.

Lae bloedsuiker kan ‘n punt bereik waar jy begin onduidelik praat en van balans af voel. Dit kan ook simptome veroorsaak soos:

  • Angstigheid
  • Abnormale hartklop
  • Kleurverlies in die vel
  • Rukkings en bewerasie
  • Oormatige sweet
  • Tinteling rondom die mond

3. Te min slaap

As jy nie genoeg rus kry nie, kan dit nadelig wees vir die hormone in jou liggaam, insluitend daardie hormone wat eetlus beheer. As jy min geslaap het, het jy gewoonlik ‘n groter eetlus, en dit veroorsaak gewoonlik drange na kosse wat baie suiker of kalorieë bevat, omdat jou liggaam dan meer energie nodig het om te funksioneer.

Ander simptome van te min slaap is:

  • Buierigheid
  • Lompheid
  • Nie so op en wakker wees soos wat jy veronderstel is om te wees nie
  • Sukkel om deur die dag wakker te bly
  • Onverklaarbare gewigstoename

4. Stres

Stres veroorsaak dat die liggaam ‘n hormoon, kortisol, afskei, wat jou meer honger kan laat voel as wat jy werklik is. Jy is ook dan lus vir kosse wat baie suiker en vet bevat, omdat jou liggaam “trooskos” wil hê om die stres te bekamp.

Ander simptome van stres kan insluit:

  • Skielike woede-uitbarstings
  • Moegheid
  • Gereelde hoofpyne
  • Slaapprobleme
  • ‘n Omgekrapte maag

5. Jou Dieët

Nie alle kosse is ewe vullend nie, en die sleutel om langer versadig te voel, is om kosse te eet wat hoog in proteïen en vesel is. Maer vleis, vis, suiwelprodukte, vrugte, groente en heelgrane is kosse wat in jou dieët moet wees.

Bly weg van pasteie, wit brood en wegneem etes, omdat dit jou nie lank versadig sal hou nie en hulle bevat boonop baie kalorieë.

Ander tekens van swak dieëtkeuses is:

  • Hardlywigheid
  • Klein, harde stoelgange
  • Maagpyn

6. Jou Medikasie

Sekere medikasie kan veroorsaak dat jy meer eet, soos: Antihistamine, SSRIs (anti-depressante), steroïede, sommige diabetes medikasie, en antipsigotiese medikasie.

7. Swangerskap

Meeste swanger vroue sal agterkom dat hulle skielik ‘n groter aptyt het. Dit is die liggaam se manier om seker te maak dat die baba genoeg voedingstowwe kry en nie honger word nie. Dit is waarom so baie vroue sê: “Ek eet vir twee”.

Ander tekens dat jy swanger is:

  • Jy slaan jou maandstonde oor
  • ‘n Gereelde drang om toilet toe te gaan
  • Naarheid en vomering
  • Seer borste of borste wat groter word

8. Skildklierprobleme

Die skildklier, wat in jou nek is, vervaardig hormone wat die tempo beheer waarteen elke orgaan in die liggaam funksioneer. Soms werk dit te vinnig, en dit veroorsaak ‘n siekte wat hipertireose genoem word.

Tekens van hipertireose is:

  • Vinnige polsslag
  • Op jou senuwees sonder rede
  • Oormatige sweet
  • Spierswakheid
  • Konstante dors

9. Dieët gaskoeldrank

Baie mense glo dat dieëtdrankies hulle sal help gedurende hul gewigsverlies pogings, maar dit het meestal die teenoorgestelde uitwerking. Hoewel die versoeters daarin nie suiker bevat nie, laat dit die brein glo dat dit suiker kry vir energie. Wanneer dit egter nie gebeur nie, wil die liggaam meer kos of suiker hê om vir energie te gebruik. Dit kan veroorsaak dat jy honger is en lus is vir soet kosse.

Dieëtdrankies kan ook die volgende veroorsaak:

  • Hoofpyne
  • Suikerdrange
  • Gewigstoename

So wat kan ‘n mens doen aan hierdie heeltyd honger gevoel?

Die eerste ding wat jy moet doen is om seker te maak dat jy reg eet.

Laai die GRATIS Manna Dieet e-boek af vir ‘n goeie handleiding. Dit kan help om suiker en verfynde koolhidrate uit te sny. Jy kan kosdrange bekamp deur ‘n lae GI-dieët te volg.

Maar daar is ook ‘n makliker manier…

Gebruik Manna Blood Sugar Support, ‘n natuurlik dieet aanvulling wat help om bloedsuiker vlakke onder beheer te hou. Dit help ook om aptyt te onderdruk en om kosdrange te bekamp sonder enige newe-effekte.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

Stop die kosdrange met Manna Blood Sugar Support

  • Help om insulienweerstandigheid om te draai.
  • Dit help om bloedsuiker vlakke terug te kry na normaal.
  • Help om die opname van glukose in die bloedstroom te vertraag.
  • Help om die liggaam se behoefte vir insulien te verlaag.
  • Gee jou volhoubare hoë energievlakke.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters