Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Verloor So Vinnig Gewig

How to Lose Weight Fast

Verslank en hou daardie kilogramme af.

Om byna alle koolhidrate uit jou maaltye te sny of ‘n gier-dieet te probeer wat sukses binne ‘n week beloof, sal nie blywende resultate lewer nie.

Gier-diëte kan jou sowaar goor laat voel.

Wanneer jy ‘n gier-dieet volg en vinnig gewig afskud maar nie daarby kan hou nie, kan jy baie maklik al daai gewig weer optel. Jy kan boonop ‘n paar ekstra kilogramme ook optel en swaar sukkel om dit af te skud.

Al jou moeite vir niks! Die “vinnige” manier is sowaar ‘n ompad.

Jy hoef nie in sak en as te gaan sit nie. Miskien is dit net nou die tyd om ‘n ander benadering te probeer.

Wat moet jy doen as jy gewig wil verloor en dit wil afhou?

Die beproefde manier is om met verloop van tyd by maklike, eenvoudige gewoontes te hou. Begin deur eenvoudige gewoontes te implementeer wat nie te moeilik is om by te hou nie.

Maar jy hoef nie sonder hulp jou gewigsverlies-doelwitte aan te pak nie.

Manna kan help!

Lees meer oor maklike gewigsverlies-gewoontes en oor hoe Manna se produkte jou ‘n hupstoot kan gee.

Vyf maklike maniere om gewig te verloor


1. Eet ‘n gebalanseerde ontbyt

Meeste ontbytgraan is propvol suiker. Jy wil nie die dag begin deur jou vol te stop met leë koolhidrate wat hul pad na jou heupe gaan maak nie.

Begin jou dag met ‘n ordentlike ontbyt.

Voeg maer proteïene, gesonde vette (bv. eiers, onversoete Griekse jogurt, neute of neutbotter) en vesel (bv. groente, vrugte of 100% volgraan) by jou ontbyt.

Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Oornag-hawermout met Chia sade en amandelbotter
  • Roosterbrood met eier en avokado
  • Griekse Jogurt met gemengde bessies, neute en sade
  • Hoë-proteïen drankie met spinasie, Manna Low GI Shake, en neutbotter.

Die Manna Low GI Shake is die gesondste maaltydvervanger op die Suid-Afrikaanse mark en het duisende mense gehelp om gewig te verloor.

Hierdie drankie help om hongerpyne stop te sit, eetlus te onderdruk en bloedsuikervlakke te beheer. ’n Glasie Manna Low GI Shake gemeng met water bevat slegs 99 kalorieë. Perfek vir gewigsverlies.

2. Verminder opgeblasenheid

Dis ongemaklik as jou maag rond en opgeblaas is. Kalium, magnesium en kalsium kan help om opgeblasenheid wat deur natrium veroorsaak word, teë te werk. Blaargroentes, “oranje” vrugte en groente (lemoene, patats, wortels, spanspek), piesangs, tamaties en blomkool is voedsel wat hoog in kalium is. Lae-vet suiwelprodukte, neute en sade kan ook help om opgeblasenheid te verminder.

3. Bestuur jou bloedsuikervlakke

Daar is ‘n direkte verband tussen hoë bloedsuikervlakke en gewigstoename. Baie kos in ons Westerse dieet kan hoë bloedsuikervlakke veroorsaak. As jou bloedsuikervlakke voortdurend hoog is, kan jy sukkel om jou eetlus te beheer. Intense hongerpyne maak dit byna onmoontlik om versoekings soos sjokolade, oliebolle (doughnuts), vetterige kitskos en ander koolhidraatryke kosse te weerstaan.

As jy jou bloedsuikervlakke meer stabiel wil hou moet jy minder hoogs verwerkte voedsel eet en eerder veselryke kosse kies.

As jy sukkel om jou eetlus te beheer, probeer Manna Blood Sugar Support. Hierdie unieke produk het duisende mense gehelp om hul bloedsuikervlakke te stabiliseer en hul eetlus te demper. Met Manna se hulp kan jy gesonder koskeuses maak en gewig verloor!

4. Hou rekord van wat jy eet

Studies het getoon dat diegene wat rekord hou van wat hulle daagliks eet, makliker gewig verloor. Jy kan in ‘n joernaal skryf of ‘n slimfoontoepassing gebruik.

Enkele voorbeelde van toepassings:

  1. MyFitnessPal
  2. Lose It!
  3. FatSecret

5. Geniet jou oefentyd

Jy moet kalorieë verbrand om gewig te verloor en jy verbrand kalorieë deur jou liggaam te beweeg. Maar moenie oefening vir jouself ondraaglik maak nie. Kies aktiwiteite wat jy geniet.

Probeer danslesse of speel tennis saam met vriende. Gaan op gereelde staptogte of sluit by ‘n trampolien-fiksheidsklas aan.

Wees kreatief! Maak jou oefensessies pret.

Probeer ook om jou oefensessies gerieflik te maak. As jy nie tyd het nie, probeer kort aanlyn oefensessies. Baie vinnige kardio-oefensessies op YouTube neem minder as 10 minute om te voltooi.

Jy kan ook ‘n bietjie oefening tussen werk in druk. As jy vyf minute vry het, probeer, byvoorbeeld, om ‘n paar opstote te doen.

Die hoeveelheid oefening wat jy nodig het om gewig te verloor, hang af van die intensiteit en lengte van jou oefensessies. Oor die algemeen beveel die meeste gesondheidskenners aan dat volwassenes een of ander vorm van aërobiese oefening vir ten minste 150 minute (2,5 uur) per week doen.

Jou daaglikse kontrolelys

Jy kan nou met selfvertroue jou gewigsverliesreis begin. Om af te skop, implementeer hierdie maklike gewoontes en hou daarby.

Probeer om elke dag “ja” op hierdie vrae te antwoord:

  • Het ek ‘n gebalanseerde ontbyt geëet?
  • Het ek kos met kalium, magnesium en kalsium geëet?
  • Is my bloedsuikervlakke stabiel?
  • Het ek ‘n rekord gehou van wat ek vandag geëet het?
  • Het ek geoefen? Het ek dit geniet?

As hierdie lys jou intimideer, kan jy altyd begin deur een of twee gewoontes op ‘n slag te implementeer. En as jy versuim om jou daaglikse gewoonte uit te voer? Begin opnuut die volgende dag! Moenie hard op jouself wees nie.

Probeer om nie twee dae in ‘n ry oor te slaan nie en geniet die proses!

Samevatting

As jy hierdie maklike gewoontes kan implementeer, sal jy goed op pad wees om gewig af te skud. Eerder as om gier-diëte te probeer, hou by eenvoudige, gesonde gewoontes. Om jou ‘n hupstoot te gee, probeer Manna Low GI Shake en Manna Blood Sugar Support. Hierdie produkte kan jou gewigsverliespogings soveel makliker maak.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters