Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Stop Die Kosdrange Met Hierdie Vyf Kosse

Stop Die Kosdrange Met Hierdie Vyf Kosse

Kosdrange kan enige dieet plan belemmer.

Kom ons wees eerlik – daai nuwe dieet was besig om wonders te doen, totdat kosdrange die oorhand gekry het. Hierdie simpel “voer-my-nou” gevoelen storm in en veroorsaak dat ons ingee aan allerhande dinge soos sjokolade, roomys, en pizza wat dodelik is vir ons dieet! Maak dat jy wens jy kan die kosdrange net stop…

Maar wat as daar kosse was wat help met die stop van kosdrange en om dit te beheer?

Daar is beslis, ja!

Kom ons kyk na 5 kosse wat help met die stop van kosdrange en te kan beheer wat in jou dieet MOET wees:

  1. Appels

    ‘n Appel ‘n dag laat meer as net die dokter wag. Appels is gelaai met vesel wat help dat jy vinniger versadig voel, en jou ook langer versadig hou. Dit help dan dan om kosdrange te voorkom omdat jy nie so maklik honger word nie.

    Appels vat ook langer om te eet, en verg baie energie om te kou. Hulle is ook anti-inflammatories wat help om gewig te verloor.

  2. Groente

    Groente is gepak met voedingstowwe. Jy kan groente en blaargroente eet sonder om bekommerd te wees dat jy gaan gewig optel.

    Blaarslaai, spinasie, kool, broccoli, en wortels is baie vullende kosse – en hulle help om jou honger en eetlus onder beheer te hou!

  3. Piesangs

    Twee piesangs kan jou honger en eetlus weghou, terwyl dit vir jou energie gee.

    Hierdie vrugte wat jou energie vlakke ‘n hupstoot gee, help ook dat jy lekker lank versadig bly.

    Hulle verskaf energie aan die liggaam en die suikerinhoud van die piesang beheer eetlus. Moenie meer as 2-3 piesangs per dag eet nie, aangesien hulle hoog is in kalorieë.

  4. Garnale

    Wat van ‘n lekker seekos bederfie?

    Garnale bevat baie min kalorieë, en is ideaal om kosdrange te beheer. Jy kan gekookte garnale met lae vet kaas of sous geniet. Dit sorg dat jy versadig bly en help jou om gewig te verloor.

  5. Neute

    Amandels en dennepitte bevat baie proteïene en ook baie vesel.

    Hulle help die liggam om meer van die eetlusbeheerende hormone CCK en GLP1 te vervaardig.

    Amandels en dennepitte is laag in kalorieë, dus is ‘n hand vol van hulle ‘n perfekte peuselhappie tussen etes.

Maar wat as daar ‘n beter manier was om kosdrange te beheer?

Kom ek vertel jou ‘n geheim: Daar is ‘n beter manier.

En wat is hierdie manier?

Dit is om jou bloedsuiker vlakke te balanseer!

Hoe balanseer ek my bloedsuiker vlakke?

Die “Manna Weight Loss” program in die GRATIS Manna Dieet e-boek het alreeds ‘n hele paar duisend mense gehelp om gewig op ‘n gesonde manier te verloor.

Die beste manier om bloedsuiker vlakker onder beheer te hou is deur ‘n paar eenvoudige leefstyl veranderinge aan te bring. Dit sluit in:

  • Oefening – Oefen vir ten minste 30 minute per dag, vyf dae ‘n week.
  • Gewig – Bereik en behou ‘n gesonde gewig.
  • Dieët – ‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieët word aanbeveel.
  • Manna Blood Sugar Support – Hierdie natuurlike produk help vir insulien weerstandigheid omdat dit help om die bloedsuiker vlakke onder beheer te hou.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters