Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Sit ‘n Stop Aan Emosionele Etery

Sit ‘n Stop Aan Emosionele Etery

Indien ons almal sou eet wanneer ons REGTIG honger is, sou niemand waarskynlik oorgewig wees nie.

Ongelukkig is daar meer as een rede behalwe om honger te wees wat ons laat eet.

Daar is baie redes hoekom ons eet wanneer ons nie honger is nie, maar een van die grootstes en mees algemene redes is emosionele etery.

Hoekom eet ons al is ons nie honger nie?

Die grootste rede hiervoor word emosionele etery genoem. Jy mag dalk hartseer of op jou senuwees wees, vol stres en kommer en dan besluit jy om sommer ‘n dubbele kaasburger te verorber en daarmee saam ‘n aarbeie melkskommel. ‘n Hele pak slap tjips help ook vir die verveeldheid. Emosionele etery mag dalk jou dieet se grootste vyand wees.

Maar hoe weet jy dat jou rede vir eet nie hongerte is nie? En, die belangrikste vraag is, hoe kan jy dit stop?

1. Identifiseer die redes vir jou emosionele etery

Dit is die eerste stap om die probleem op te los, en daar is gewoonlike ‘n hele paar snellers wat sorg dat die rede vir eet nie hongerte is nie.

Sosiale etery:

Jy word aangemoedig deur ander om te eet, of jy eet om in te pas. Dit kan gebeur wanneer jy by die huis al klaar geeet het, vriende ontmoet vir drankies en dan sommer ‘n tweede aandete verorber want almal eet dan nou.

Emosionele etery:

Dit gebeur gewoonlike wanneer negatiewe emosies oorneem, soos moegheid, angstigheid, alleenheid, hartseer, en stres is almal snellers wat sorg vir ‘n onnodige meer as een happie.

Waaraan dink jy:

Eet jy as gevolg van ‘n negatiewe selfbeeld? Baie keer word dit veroorsaak deur om oorgewig te wees en so word die nare kringloop keer op keer voltooi.

Situasies:

Heelwat situasies, geleenthede en omstandighede word outomaties met eet vereenselwig. Die feit dat kos oral adverteer word help natuurlik nie, wanneer jy verby ‘n bakkery loop is die lekker ruik oorweldigend aangenaam. By die fliek is die eerste stop na die kaartjies koop tog maar die lekkergoed toonbank?

Fisies:

‘n Sjokolade gaan mos help vir my kopseer? En jy gaan mos ekstra honger wees indien jy nie geeet het toe dit etenstyd was nie?

Maak seker jy neem alles hierbo in ag, skryf neer elke keer wanneer jy geeet het as gevolg van een van bogenoemde. Skryf neer hoe jy voel indien jou emosies wipplank ry, hoe jy gevoel het voor en na die tyd en wat die oorsaak was daarvan.

2. Hoe hou ek op?

Wanneer jy besef wat jou emostionele etery veroorsaak is die oorsaak alreeds ‘n gewoonte. Die antwoord is om hierdie gewoontes heeltemal te stop. En om dit te laat gebeur moet jy iets anders doen in plaas van eet wanneer jy voel jy kan nie meer funksioneer daarsonder nie. Hoe meer jy iets anders doen in plaas van eet, hoe vinniger gaan jy die gewoonte-etery verhoed.

Die oomblik wanneer jy lus raak vir kos en nie honger is nie probeer een van die volgende in plaas van om ‘n toebroodjie te maak, ‘n pakkie slap tjips te verober, ‘n sjokolade papiertjie af te trek . . .

  • Lees ‘n boek of tydskrif.
  • Luister na musiek.
  • Gaan stap.
  • Wat van ‘n lekker borrelbad?
  • Speel ‘n bordspeletjie, kaart of doen ‘n blokraaisel.
  • Gesels met ‘n mater maar moenie vir koffie en koek gaan nie.
  • Wees produktief, daardie huiswerk wat jy uitstel?
  • Was wasgoed, gaan werk in die tuin.
  • Doen enige iets tot die lus na kos verby gaan.

3. Vra ander vir hulp

Soms is ‘n eenvoudige manier van afleiding nie genoeg nie, en dan is dit tyd om hulp te kry. Kry berading by iemand wat jou die nodige raad kan gee om verandering in jou lewe mee te bring, na aanleiding van jou individuele nood.

Dit is altyd goed om ‘n goeie vriend, huismaat of selfs iemand wat saam met jou werk te kry om te sorg dat jy nie jou voorneme agter laat nie. Laat hulle toe om jou tereg te wys wanneer jy eet wat jy nie moet eet nie, en ook wanneer jy nie moet eet nie. En onthou, jy mag nie vir hulle kwaad raak nie, jy het gevra vir hulp en dit is tot jou voordeel en behoud.

4. Gebruik ‘n natuurlike aanvulling

As ons bloedsuiker vlakke stabiel is, is dit makliker om nee te sê vir ons emosinele kosdrange. So hoe help Manna Blood Sugar Support daarmee?

Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…

Manna Blood Sugar Support help om jou bloedsuiker vlakke op ‘n natuurlike manier te balanseer. Dit kan dan op sy beurt help om jou bloeddruk vlakke ook af te bring, en is dan ook baie goed vir gewigsverlies!

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters