Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Pasop vir Bygevoegde Suiker

Watch out for sneaky sugar

Bygevoegde suiker kan skelm in produkte skuil en jou gesondheid belemmer.

As jy te veel bygevoegde suiker eet, kan jy met erge gesondheidsprobleme sit.

Navorsers het gevind dat ‘n hoë inname van suiker verbind is met gesondheidsprobleme soos vetsug, tipe 2-diabetes en kardiovaskulêre siektes.

Tog gooi baie mense nie hope suiker op hul kos nie. Die grootste deel van mense se daaglikse inname is afkomstig van versteekte suiker in verpakte en verwerkte voedsel. Dis moeilik om hierdie suiker-ryke kosse te identifiseer want baie van hierdie voedsel word as “gesonde” kosse bemark.

Wat dit verg om gesond te eet

Om goed te eet, moet jy voldoende vars produkte, gesonde proteïene, volgraan en gesonde vette eet. Natuurlike suiker word ook in hierdie kosse aangetref en is ‘n belangrike deel van ‘n gebalanseerde, gesonde dieet.

As jy skadelike kosse wil vermy, kan jy jou kennis oor bygevoegde suiker opskerp om te verhoed dat jy te veel suiker eet.

Hoeveel bygevoegde suiker kan ek eet?

Die Wêreldgesondheidsorganisasie meen dat jy die inname van bygevoegde suiker tot minder as 10% van jou daaglikse kalorieë beperk.

Suiker het baie name

Die term “suiker” word wyd gebruik om te verwys na ‘n verskeidenheid kortketting-koolhidrate wat ‘n natuurlike soet smaak het.

Die meeste mense is bekend met suiker in sy algemene vorme, soos glukose, fruktose en sukrose, maar daar is talle ander vorme van suiker wat moeiliker identifiseerbaar is.

Hoe identifiseer jy bygevoegde suiker? Kyk uit vir die volgende op voedseletikette:

  • die term bevat die woord “stroop” (voorbeelde: mieliestroop, rysstroop)
  • die woord eindig met “ose” (voorbeelde: fruktose, sukrose, maltose, dekstrose)
  • “suiker” is in die naam (voorbeelde: rou suiker, rietsuiker, bruinsuiker, soetgoedsuiker)

Vier kosprodukte met verskuilde suiker

  1. Ontbytgraan

    Voordat jy ‘n ontbytgraan kies, kyk na die hoeveelheid suiker in die produk. Selfs al is ‘n produk gemerk as “volgraan” of “verryk met vitamiene en minerale,” beteken dit nie dat dit noodwendig suikervry is nie.

    Kies ontbytgraan wat 10-12 gram suiker of minder per porsie bevat.

  2. Jogurt

    Jy sal dalk geskok wees om te sien hoeveel suiker gegeurde jogurt bevat. Om jou suikerinname te verminder, kies eerder ongegeurde jogurt en voeg van jou gunsteling vrugte by vir smaak.

  3. Nie-suiwelmelk

    Wanneer jy soek na voedsame en smaaklike nie-suiwelmelk opsies, is dit die beste om onversoete produkte te koop. Alhoewel baie soorte nie-suiwelmelk steeds as gesond beskou word, bevat sommige bygevoegde suiker om die geur te verbeter.

  4. Souse

    Geurige kos is altyd lekker maar daardie ekstra geur kan bydra tot jou suikerinname. Items soos tamatiesous, braaisouse en slaaisouse bevat dikwels bykomende suikers.

Meer wenke

Wees op die uitkyk vir produkte met baie verskillende soorte suiker.

Op verpakte voedsel word bestanddele tipies in volgorde van gewig gelys, met groter hoeveelhede wat eerste gelys word. Sommige vervaardigers gebruik drie of vier verskillende soorte suiker in hul produkte wat beteken dat hierdie bestanddele nie hoog op die bestanddelelys vertoon nie. Op hierdie manier blyk dit dat die produk ‘n laer suikerinhoud het, al is dit eintlik ‘n hoofbestanddeel.

Pasop vir gesondheidsaansprake

Baie produkte word as gesonde produkte bemark met woorde soos “natuurlik”, “lae-vet”, “dieet” en “lig” wat op verpakking verskyn. Maar hierdie produkte kan propvol bygevoegde suiker wees. Om te verseker dat jy produkte kies wat werklikwaar gesond is, is dit belangrik om gesondheidsaansprake te ignoreer en die tyd te neem om die etiket te lees.

Pasop vir voorgestelde porsiegrootte

Die voedselbedryf verminder gewoonlik porsiegrootte om verbruikers te mislei aangaande die hoeveelheid suiker in ‘n produk. ‘n Klein pizza of bottel koeldrank kan uit veelvuldige porsies bestaan. Alhoewel die suikerinhoud vir ‘n porsie nie baie hoog is nie, sal jy gewoonlik twee of drie porsies in een sessie eet.

Samevatting

Die meeste mense verbruik meer suiker as wat hulle nodig het. Hierdie oormatige hoeveelheid suikerverbruik is as gevolg van bygevoegde suiker in verpakte produkte. Wees op die uitkyk vir bygevoegde suiker op voedseletikette. Voedsel soos ontbytgraan, jogurt en nie-suiwelmelk kan propvol suiker wees. Deur uit te kyk vir bygevoegde suiker, kan jy gesonder koskeuses maak.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters