Ons almal ken daai gevoel waar mens goed voel na die eerste week van ‘n nuwe dieet en die nommer op die skaal begin kleiner raak – maar dan tref die groot honger!
Ons kry skielike drange na al die verkeerde kosse, ons voel nie versadig na ‘n ete nie, en ons soek die heeltyd iets om aan te peusel.
Die 3 dinge wat ‘n dieet kelder:
-
Kosdrange
Dit is daai skielike gevoel dat jy NOU lus is vir iets – gewoonlik iets ongesond soos ‘n pizza, aartappel skyfies, of sjokolade koek – wat jy nie weet waar dit vandaan kom nie.
Hierdie is seker die grootste rede waarom ons sukkel om by ons dieet-planne te hou, omdat die kosdrange soms so sterk is dat ons nie anders kan as om in te gee nie. -
Ons voel nie lank versadig nie
Behalwe vir die skielike kosdrange wat ons laat lus kry vir al die verkeerde dinge, voel ons baie keer nie vreeslik lank versadig nadat ons geëet het nie. Skaars ‘n uur na ‘n lekker bord gesonde kos krap ons weer in die spens rond na iets om aan te peusel. -
Hoe om jou eetlus te beheer
Soms is dit nie net konstante honger nie, maar onreëlmatige honger. Ons voel sommer vir ‘n hele paar uur glad nie honger nie, en is dan skoon trots op onsself – en dan sodra ons besluit om te eet dan gaan ons onsself te buite! Ons vind dit soms moeilik om die regte balans te tref as dit kom by eet.
Wat is die verband tussen hierdie 3 dinge? En wat kan ons daaraan doen?
Hierdie struikelblokke vir gewigsverlies kan almal direk teruggetrek word na ‘n wanbalans in bloedsuiker vlakke.
Dit kan moeilik word om weg te bly van die verkeerde kosse wanneer die “cravings” te erg word.
Soms het “cravings” jou net lus om ‘n hap van ‘n groot, sappige burger te vat. Of om pizza te eet terwyl jy op die bank sit en fliek kyk. Of om ‘n stuk romerige sjokolade in jou mond te laat wegsmelt.
Hoekom kry ons “cravings”?
Dit is hoofsaaklik as gevolg van die liggaam wat ons smeek vir ‘n suiker of koolhidrate om ons energievlakke ‘n hupstoot te gee. Dit gebeur omdat ons so afhanklik van suiker as ons hoofbron van energie geword het.
Suiker kom voor in meeste van die kosse wat ons deesdae eet, en is die maklikste manier vir die liggaam om vinnig brandstof te kry om te verbrand vir energie.
Die probleem is dan dat die liggaam nie meer nodig het om gestoorde vette te gebruik vir energie nie, siende dat ons waarskynlik binnekort nog suiker gaan eet wat makliker is om te gebruik as energie.
Wat is die mees algemene “cravings”? En wat kan ek in plaas daarvan eet?
-
Roomys:
Roomys is ‘n klassieke slaggat in enige dieet – op flieks en in die regte lewe. Een enkele porsie roomys bevat omtrent 230 kalorieë. En wie stop na net een porsie?
Eet Eerder: Bevrore joghurt. Dit bevat minder vet en die helfte van die kalorieë. En deesdae kry ‘n mens ‘n onbeperkte klomp keuses van geure! -
Aartappelskyfies:
Hierdie kan ‘n absolute pes wees. As jy eers een geëet het, kan jy nie jou hand uit die pak hou nie. ‘n Klein pakkie aartappelskyfies bevat meer as 150 kalorieë. Dit kan regtig ‘n probleem word as jy jou gunsteling program op TV kyk terwyl jy weglê aan ‘n pak skyfies en ‘n bakkie doopsous.
Eet Eerder: Seldery of wortelstokkies. Hummus of avokado maak heerlike doopsouse en dit is die beste gesonde alternatief vir TV-kyk peuselhappies. -
Sjokolade:
Mans wys dalk vinger en sê dat vroue daaraan skuldig is om groot hoeveelhede sjokolade in te prop om hul “cravings” in toom te hou. Maar ons weet dat hierdie mans in die geheim ook nou en dan weglê aan ‘n stafie soet, romerige sjokoladegenot.
Eet Eerder: Donker sjokolade. Dit is ‘n eenvoudige bederfie. Maak seker dit bevat ten minste 60% kakao – hoe meer, hoe beter. Hou ook by 1-3 klein blokkies per dag. -
Fliek Springmielies:
Springmielies wat sonder olie gemaak word, is ‘n gesonde peuselhappie wat min kalorieë bevat. Die springmielies wat by die fliekteaters verkoop word, is egter alles behalwe gesond. Dit word in ongesonde olie gespring. ‘n Groot houer fliek springmielies bevat nagenoeg 1000 kalorieë.
Eet Eerder: Soos reeds genoem, is springmielies wat sonder olie gemaak word, ‘n wonderlike peuselhappie. Gebruik natuurlike kruie en speserye vir geur. -
Pizza:
Ons hou almal van goeie Italiaanse pizza. Maar pizza voeg baie kalorieë by ons dieet. ‘n Sny pizza bevat tussen 250 – 350 kalorieë of selfs meer – hang af van wat jy alles daarop sit.
Eet Eerder: Maak jou eie pizza deur ‘n volgraan basis te maak. Sit dan gesonde groente en ‘n bietjie vleis bo-op, asook ‘n bietjie laevet kaas. -
Pasta:
Nog ‘n gunsteling van Italiaanse oorsprong is ‘n groot bak ryk, romerige pasta. Hoewel baie pastasouse taamlik ongesond is, is die grootste probleem egter die feit dat ons dit bo-op ‘n groot hoop verfynde pasta skep. Die koolhidrate hierin sal jou kalorie-telling die hoogte laat inskiet.
Eet Eerder: Volgraan pasta en sous met ‘n groente-basis. -
Slaptjips:
Dit kan baie moeilik wees om kos by ‘n restaurant te bestel en te sê dat jy nie slaptjips daarmee saam wil hê nie. Slaptjips bevat egter genoeg kalorieë om ‘n hele ete op sy eie te wees.
Eet Eerder: Probeer om soet te wees en (indien dit ‘n opsie is) eerder slaai of vrugte te bestel as bykos. -
Gesoute en Geroosterde Neute:
Dit is belangrik om te onthou dat nie alle neute goeie neute is nie. Neute wat gesout en gerooster is, kan baie vinnig die kalorieë laat saampak. En, soos met aartappelskyfies, kan dit moeilik wees om op te hou eet as jy eers begin het.
Eet Eerder: Rou amandels, okkerneute en pekanneute is baie gesonder, maar bevat steeds baie kalorieë, so hou dit in gedagte. -
Koffie:
Koffie self bevat min kalorieë. Die probleem is egter die suiker, volroommelk, room of selfs geklopte room wat ons by ons boeretroos voeg. Nadat jy dit alles bygevoeg het, sit jy dalk met ‘n koppie wat omtrent 400 kalorieë bevat. En dit maak jou nie eers versadig nie.
Eet Eerder: Die beste opsie is om koffie sonder melk of suiker te drink. As dit vir jou te drasties is, kies dan laevet melk of sojamelk en bly steeds weg van die suiker. -
Die 3-uur Peusel-aanval:
As jy gewoonlik smiddae lus is om iets by die kiosk te gaan koop, ervaar jy heel moontlik ‘n daling in bloedsuiker tussen etes. Ongelukkig is ‘n pakkie sjokoladekoekies net ‘n korttermyn oplossing – met boonop baie kalorieë.
Eet Eerder: Eet peuselhappies wat ‘n proteïen met heelgraan kombineer, soos ‘n laevet kaas op heelgraan kraakbeskuitjies. Gesonde peuselhappies kan “cravings” in bedwang hou en help dat jy by jou dieet hou.
So wat kan ek doen om “cravings” te keer?
- Eet Gesonde Peuselhappies
Cravings vind gewoonlik tussen etes plaas wanneer jy begin honger word. Om klein, gesonde peuselhappies tussen etes te eet kan die “cravings” help verminder. Maak seker dat jou peuselhappies nie meer as 200 kalorieë bevat nie.
Goeie opsies is vars vrugte, ‘n hardgekookte eier of vars groente soos baba ertjies. - Gaan Stap ‘n Ent
Dit is algemene kennis wat jy genoeg oefening moet inkry saam met ‘n gesonde dieet as jy jou figuur wil behou. Wat meeste mense egter nie weet nie, is dat ‘n kort entjie se stap (10-15 minute) jou “cravings” kan help wegneem. Maak net seker jy stap nie verby die lekkergoedmasjien nie! - Lae-koolhidraat Dieet
Hoewel baie mense skepties oor lae-koolhidraat diëte is en daarna verwys as ‘n “foefie”, het studies egter al bewys dat mense wat so ‘n dieet al vir 1 – 2 jaar volg, wel baie minder “Cravings” het as ooit vantevore. Dit sluit ‘n lus vir soetgoed en koolhidrate sowel as vetterige kosse in. Gaan kyk gerus na die Manna Dieet vir ‘n volledige lae-koolhidraat gids. - Manna Blood Sugar Support
Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…
Ontspoor kosdrange en aanhoudende honger jou gewigsverlies doelwitte?
Dit is tyd vir ‘n verandering. Ons stel Manna Blood Sugar Support bekend—die geheim om kosdrange te stop, honger te onderdruk en langer versadig te bly, sonder enige newe-effekte!
Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike produk wat wetenskaplik bewys is om jou te help met gesonde gewigsverlies, deur jou bloedsuikervlakke te balanseer, kosdrange te voorkom en jou vir langer versadig te laat voel.
Anders as ander produkte, is Manna Blood Sugar Support veilig en natuurlik, met geen skadelike newe-effekte nie. Dit is tyd om totsiens te sê vir onvolhoubare kits-dieëte, en eerder natuurlike gewigsverlies te verkry met Manna aan jou sy!
Neem ons gerieflike kapsules net voor etes, en ervaar die ongelooflike transformasie. Manna Blood Sugar Support help jou om beheer terug te neem, sodat jy ‘n gesonder en meer energieke lewe kan geniet.
Sluit aan by duisende tevrede kliënte wat hul gewigsverlies potensiaal ontsluit het met Manna Blood Sugar Support.