Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Hoe Lank Vat Dit Om Werklik Gewig Te Verloor?

Hoe Lank Vat Dit Om Werklik Gewig Te Verloor?

Dit voel dalk vir jou of jou klere oornag gekrimp het – maar jy het heel waarskynlik ‘n paar kilogram opgetel sonder om dit agter te kom.

Hoewel dit dalk so voel, vind gewigstoename nie oornag plaas nie.

En dieselfde geld om gewig te verloor. Jy wil dit so graag alles in ‘n dag verloor, maar dit neem ‘n bietjie langer as dit. Wat dit week vir week en, voordat jy dit besef, is jy waar jy wil wees.

Hoeveel gewig behoort ek in ‘n week te verloor?

Die verkeerdste ding wat jy nou kan doen, is om ‘n kitsdieët te volg met die doel om 10kg binne 2 weke af te skud. Hierdie diëte doen meer sleg as goed en die resultate is gewoonlik nie blywend nie.

Bestendige gewigsverlies van 0.5kg tot 1kg elke week is die beste manier. Doen dit totdat jy jou doelgewig bereik.

Maar hoe kan ek dit regkry?

As jy ‘n vaste plan van aksie het, is dit nie so moeilik nie. Die belangrikste is om by jou plan te hou.

Die 4 sleutels om gesond gewig te verloor is…

  1. Dink “gesonde leefstyl” in plaas van “dieët”.

Wanneer jy die woord “dieët” hoor, dink jy aan slaai en droë hoenderborsies vir elke ete. Dit maak jou sommer van die begin af negatief.

Wanneer jy egter jou ingesteldheid verander deur eerder ‘n gesonde leefstyl te volg met smaaklike, goed-gebalanseerde, gesonde etes, dan is jy op die regte pad.

Maak net seker dat elke ete ‘n bietjie meer gebalanseerd en gesonder is as wat jy normaalweg eet. Dit maak dit makliker om kalorieë te sny en dit lê ‘n soliede fondasie om daarmee vol te hou.

Vir ‘n gesonde leefstyl probeer die Manna Dieët in ons gratis eBoek…

  1. Hoeveel kalorieë behoort ek daagliks te eet?

Om kalorieë te tel, is baie belangrik. Jou daaglikse toelaag verskil van persoon tot persoon. Gebruik die internet of ‘n program om vas te stel hoeveel kalorieë jy per dag moet eet om jou gewig te behou. Verminder dan jou daaglikse aantal met 500 kalorieë.

Sodra jy jou doelgewig bereik het, kan jy begin om jou normale hoeveelheid daaglikse kalorieë in te neem.

Net omdat jy gesonder eet, beteken nie dat jy nie toegelaat word om jouself nou en dan te bederf nie … pas dit net ‘n bietjie aan.

Byvoorbeeld, as jy lus is vir wegneem hamburgers en skyfies, bestel eerder die klein porsie in plaas van die groter opsie.

  1. Maklike, gesonde maaltye.

Ontbyt –

Probeer lae-vet Griekse joghurt met bessies en neute. Dit is propvol voedingstowwe en dit neem slegs ‘n paar minute om voor te berei.

Middagete –

‘n Gebraaide hoenderborsie met 2 koppies spinasie en ‘n bietjie rou groente van jou keuse maak ‘n gesonde middagete wat jy selfs kan saamneem werk toe.

Aandete –

Gebakte salm of ander olierige vis saam met aspersies en patat is ‘n maklike aandete. Dit bevat baie omega-3 vetsure en is so smaaklik dat jy nie eers sal agterkom dat jy gesond eet nie.

Nagereg –

Bly by 2 klein porsies donker sjokolade, ‘n vrug, of bessies. Deur te peusel aan klein stukkies koek, koekies of lekkers kan jou kalorietelling die hoogte laat inskiet.

Hierdie en soortgelyke spyskaarte spaar vir jou ‘n paar ekstra kalorieë vir gesonde peuselhappies deur die dag om jou energievlakke hoog te hou.

Vir ‘n maklike dieëtplan, volg die Manna Diet en ook die Manna Low GI Shake as ‘n maaltydvervanger.

Ons beveel ook die Manna Blood Sugar Support aanvulling aan saam met elke ete om die glukemiese indeks van enige iets wat jy eet met tot 43% te verlaag en sodoende kosdrange te keer en eetlus te onderdruk.

  1. Oefening

Baie mense sug by die blote gedagte aan oefening, maar in werklikheid behoort dit nie ‘n pyniging te wees nie. Jy kan oefening lekker maak en dit selfs begin geniet.

Sommige lekker aktiwiteite wat goeie oefening is…
    • Tuinmaak
    • ‘n Stappie langs die see, deur die mark of net in die buurt.
    • Gaan stap in die veld (‘n Bonus is die mooi uitsig).
    • Swem
    • Bergfiets of padfiets ry
    • Spring op ‘n trampolien
    • Touspring

As jy kreatief raak, is die moontlikhede eindeloos en voordat jy besef het jy groot pret terwyl jy oefen. Probeer om een of ander soort oefening 3 keer per week te kry.

Is daar nog iets wat ek kan doen?

Wanneer dit kom by bloedsuiker vlakke stabiliseer vir gewigsverlies, dan is Manna Blood Sugar Support jou beste vriend.

Dit is doelgemaak vir spesifiek hierdie doel. Manna Blood Sugar Support word gemaak vanuit die peul van die Prosopis boom, en daar word geen ander snert bygevoeg nie. Dit beteken ook dat dit heeltemal natuurlik en organies is.

Wanneer jy Manna Blood Sugar Support saam met ‘n maaltyd neem, verlaag dit die GI van die kos met soveel as 43%.

Siende dat jy probeer om jou bloedsuiker te stabiliseer sodat jy kan gewig verloor, is hierdie NET die ding wat jy benodig.

Selfs al eet jy so nou en dan ‘n sny vars witbrood. Of ‘n koekie saam met jou koppie koffie. Of ‘n yskoue gaskoeldrank op ‘n warm dag. Dan is Manna Blood Sugar Support steeds daar om te sorg dat jou bloedsuiker vlakke nie heeltemal handuit ruk nie.

En om alles nog beter te maak, word Manna Blood Sugar Support hier binne in JOU EIE LAND gemaak – van begin, tot einde. Vandat ons die Prosopis peule oes daar in die Noord-Kaap, tot waar ons dit vervaardig en uitstuur na jou hier vanuit die pragtige Kaap!

Dit is een van bitter min produkte in die hele wêreld wat regtig werk om bloedsuiker vlakke so effektief te beheer.

So as jy wil gewig verloor op die regte manier, warvoor wag jy?

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters