Gewigsverlies is moeilik, maar dis byna onmoontlik wanneer bloedsuiker vlakke onstabiel is. Om effektief gewig te verloor moet ons eers ‘n soliede basis vestig.
Onstabiele bloedsuiker vlakke maak enige poging om gewig af te skud soveel moeiliker as wat dit moet wees! Maar deur bloedsuiker vlakke onder beheer te kry kan gewigsverlies-pogings baie makliker en meer effektief gemaak word.
Maar wat het bloedsuiker vlakke met gewig te doen?
Wanneer ons eet, verander ons liggame verteerbare koolhidrate na bloedsuiker (glukose), dit is ons hoofbron van energie. ‘n Mens se bloedsuiker vlak bepaal hoe honger mens is en hoe energiek mens voel.
Albei is belangrike faktore wanneer ons kyk na wat ons eet en hoe ons oefen. Dit bepaal ook of ons vet verbrand of stoor. Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon met die naam insulien. Hierdie hormoon vervoer bloed suiker na die liggaam se selle waar dit gebruik word vir energie.
Wanneer ons verfynde graan eet, waarvan die meeste vesel weggeneem is, suiker of ander koolhidraat-ryke kos wat vinnig omgeskakel word tot bloed suiker, gaan die pankreas hard aan die werk om die nodige insulien te vervaardig wat nodig is om al die bloed suiker om te skakel en as energie te gebruik.
Hierdie insulien inspuiting vertel ons liggame dat daar genoegsame energie beskikbaar is en dat dit moet ophou om vet te verbrand en dit liewer stoor.
‘n Rede tot kommer is dat die insulien inspuiting te veel suiker uit ons bloed neem en die resultate is dat ons bloed suiker en insulien vlakke laer as normaal daal. Dit los ons moeg, honger en met die begeerte om nog en nog en nog te eet! Nog ‘n nare gevolg is dat dit ons daarna dryf om kos met ‘n hoë suiker- of koolhidraat-inhoud te eet. Die bose kringloop begin dan net weer van voor af!
Hoe maak ek dan om dit te verhoed en gewig te verloor?
Hier is 7 goeie wenke om jou te help:
-
Pasop vir eenvoudige koolhidrate.
As gevolg van hul klein molekulêre grootte, kan dit makliker in die metabolisme opgeneem word en om die rede is dit heel waarskynlik dat dit ‘n insulien inspuiting kan veroorsaak. Eenvoudige koolhidrate sluit in verskeie vorms van suiker soos sukrose (tafel suiker), fruktose (vrugte suiker), laktose (suiwel suiker) en glukose (bloedsuiker.) Wees bedag op alles wat met ‘n “ose” eindig! -
Wees op die uitkyk vir versteekte suikers.
Daar is heelwat van hierdie suikers in kosse soos brood, tamatie sous, slaai sous, geblikte vrugte, appel sous, grondboontjiebotter en kits soppe. Waar kruip suiker weg? Vind hier uit… -
Onthou: daar is suiker in drinkgoed ook.
Hoeveel suiker gooi jy in jou koffie? Hoeveel suiker dink jy is daar in vrugtesappe en koeldrank? Dit kan so vinnig teveel word en die meeste drankies is nie vullend nie. Lees ook op die etiket WAT jy drink! -
Wat van vet vrye kos?
Suiker word baie keer gebruik om die lekker proe terug te sit wanneer vet verwyder word en jy dan vetvrye kos kry. En asof dit nie erg genoeg is; sonder enige vet om die suiker te absorbeer word suiker dan vinniger in jou bloed vrygestel. -
En minder-suiker kosse?
Alhoewel sekere ontbytpap minder suiker bevat is die kalorie, die koolhidrate, vet en vesel en ander voedingstowwe amper gelyk aan ontbytpap wat wel suiker bevat. Die vervaardigers het eenvoudig suiker vervang met ander verfynde en eenvoudige koolhidrate! -
En wat dan van suiker-vrye kos?
Dit beteken nie dat die produk/kos nie natuurlik ‘n hele klomp suiker bevat nie! 100% Vrugte produkte/kos bevat gewoonlik vrugte sap konsentraat, nog ‘n vorm van fruktose of anders gestel, suiker. Tafel suiker (sukrose) bevat leë kalorie, juis omdat dit geen voedingswaarde het behalwe petrol vir energie nie. Heuning en ander natuurlike suikers word as gesond bestempel want daar is spoor vitamiene en minerale in wat noodsaaklik is vir die liggaam. Maar wanneer jy gewig wil verloor kan AL hierdie soetigheid nog steeds as suiker gesien word. -
Gebruik Manna Blood Sugar Support.
Manna Blood Sugar Support is ʼn natuurlike aanvulling wat bloedsuiker stabiliseer. Dit kan help om bloedsuikervlakke onder beheer te hou wanneer iets geëet word wat nie goed is vir bloedsuiker nie, of wanneer ‘n oefensessie misgeloop word. Of selfs net om te voorkom dat vet gestoor word deur seker te maak dat die bloedsuikervlakke na elke maaltyd gebalanseer bly, selfs al is dit ‘n gesonde ete!
Ontspoor kosdrange en aanhoudende honger jou gewigsverlies doelwitte?
Dit is tyd vir ‘n verandering. Ons stel Manna Blood Sugar Support bekend—die geheim om kosdrange te stop, honger te onderdruk en langer versadig te bly, sonder enige newe-effekte!
Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike produk wat wetenskaplik bewys is om jou te help met gesonde gewigsverlies, deur jou bloedsuikervlakke te balanseer, kosdrange te voorkom en jou vir langer versadig te laat voel.
Anders as ander produkte, is Manna Blood Sugar Support veilig en natuurlik, met geen skadelike newe-effekte nie. Dit is tyd om totsiens te sê vir onvolhoubare kits-dieëte, en eerder natuurlike gewigsverlies te verkry met Manna aan jou sy!
Neem ons gerieflike kapsules net voor etes, en ervaar die ongelooflike transformasie. Manna Blood Sugar Support help jou om beheer terug te neem, sodat jy ‘n gesonder en meer energieke lewe kan geniet.
Sluit aan by duisende tevrede kliënte wat hul gewigsverlies potensiaal ontsluit het met Manna Blood Sugar Support.