Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Die Gevaar Van Te Veel Maagvet

Die Gevaar Van Te Veel Maagvet

Dit is nie altyd maklik om maagvet te verloor nie – maar dit is beslis die moeite werd.

Om gewig te verloor is meer as net te probeer goed lyk in ‘n bikini. Maagvet kan lewensgevaarlik wees.

Daar is tot onlangs nog geglo dat vet relatief passief is. Dit is gesien as niks meer as gestoorde energie nie. Maar onlangse navorsing dui daarop dat vetselle biologies aktief is.

Hulle stel verskillende hormone en chemikalieë vry wat byna elke orgaan in die liggaam beïnvloed.

Onder normale omstandighede is hierdie hormone en chemikalieë daar om te help om jou gesond te hou. As jy egter oorgewig is, is daar baie meer vetselle wat veel groter is.

Dit beteken hulle stel baie meer van hierdie hormone en chemikalieë af, en te veel daarvan kan skadelik vir die liggaam en sy funksies wees. Dit kan lei tot ‘n groter risiko vir gesondheidskwessies soos diabetes, hartsiekte en selfs kanker.

Hoe veroorsaak maagvet siektes?

Navorsers probeer nog uitvind presies hoe skadelik maagvet vir die liggaam is, maar hulle het gevind dat sommige van die proteïene wat vrygestel word verskillende uitwerkings op die liggaam het.

Hulle het gevind dat een proteïen (Retinol-verbindende proteïen 4) die risiko om insulienweerstand te ontwikkel, baie kan verhoog. ‘n Ander proteïen kan die bloedvate vernou, en dit lei tot hoë bloeddruk.

Vroue met ‘n oormaat maagvet het ‘n baie groter kans om borskanker te ontwikkel, omdat die vetselle ook estrogeen vervaardig. Wanneer die liggaam te veel estrogeen het, kan dit lei tot gewasse in die bors.

Is maagvet meer gevaarlik as ander vet?

In kort: ja, dit is.

Die grootste rede hiervoor is waarskynlik omdat dit tot lewersiekte kan lei. Hoewel vet in ander dele van die liggaam alles behalwe skadeloos is, plaas dit jou nie in so ‘n gevaar nie.

Maagvet is baie meer as wat ons op die oog af sien. Dit omring al die organe in die buik. In die geval van die lewer, dreineer die bloed wat deur hierdie vet vloei direk in die lewer deur die portale aar.

Dit beteken dat die gevaarlike stof wat deur die maagvet vervaardig word, direk na die lewer gaan. Dit kan die risiko van vetterige lewersiekte en hepatitis B verhoog.

Hoe weet ek dat ek te veel maagvet het?

Almal het ‘n unieke bouvorm. Vir ‘n normale grootte persoon sal die volgende ‘n aanduiding van te veel maagvet wees:

  • Mans: ‘n middellyf omtrek van 102cm of groter.
  • Vroue: ‘n middellyf omtrek van 88cm of groter.

Hoe raak ek ontslae van maagvet?

Eet gesond. Bly aktief. Neem die regte aanvullings. Kry genoeg rus. Met die regte kombinasie kan jy verby maagvet werk en jou kanse om ernstige gesondheidskwessies te ontwikkel, verminder.

Dieët:

Die eerste ding wat jy moet doen is om jou daaglikse kalorie-inname te verlaag. Ons kan dit doen deur porsiegroottes effens te verminder, en ongesonde kosse met gesonder kosse te vervang. Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.

Oefening:

‘n Dieët gaan nie baie effektief sonder oefening wees nie. Daar word aanbeveel dat jy vir ten minste 30 minute per dag, 5 dae per week moet oefen.

Oefening hoef nie vervelig of uitdagend te wees nie. Jy kan ‘n ent in die veld gaan stap of ‘n “power walk” langs die strand onderneem. Die belangrike ding is om dit vir jouself opwindend te maak.

Slaap:

Die uitwerking van ‘n goeie nagrus word heeltemal onderskat. Selfs een nag van slegte slaap kan jou gewigsverliespogings benadeel.

Manna Blood Sugar Support:

Een van die grootste dinge wat mense miskyk is om bloedsuikervlakke stabiel te hou. Wanneer bloedsuikervlakke nie onder beheer is nie, is dit bitter moeilik om gewig te verloor.

Dit is waar Manna Blood Sugar Support inkom en jou help…

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Dit beteken dat die bloedsuikervlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Neem ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters