Jy eet gesond en oefen gereeld, maar die skaal wys dit nie.
Wat is fout? Doen jy iets verkeerd?
Wat meer moet ‘n mens dan doen om nie gewigsverlies foute te maak nie en kilogramme af te skud?
Alhoewel hierdie pogings die meeste mense sal help om hul ideale gewig te bereik, is dit vir ander steeds nie genoeg nie.
Baie van hierdie dinge sal mens laat sê “Ek het nooit gedink DIT keer gewigsverlies nie”.
Maar gelukkig is meeste van die oplossings baie eenvoudig.
Kom ons kyk na 10 gewigsverlies foute wat maak dat die nommertjie op die skaal nie wil kleiner word nie…
-
Te min slaap
Jy moet ten minste sewe tot ag ure goeie kwaliteit slaap inkry. Indien nie, kan jou bloedsuiker en insulienvlakke die hoogte inskiet. Dit gaan gepaard met verhoogde vlakke van streshormone. Dit lei dan tot drange na daardie verbode happie, gedurige hongerte, en insulien weerstand.
-
Ek het mos geoefen, nou kan ek sekerlik lekker eet?
Om te eet wat jy ook al wil na ‘n oefensessie want “ek het dit mos verdien” is ‘n verskoning wat in die pad staan van jou poging om gewig te verloor. Beplan liewer jou etes rondom jou oefensessies. Eet ‘n gesonde maaltyd voor jy begin oefen as brandstof vir energie om te oefen, en hou ‘n gesonde versnapering reg vir na die tyd.
-
Naweek-kalorieë word nie getel nie
Ons almal het hierdie probleem. Ons eet so mooi deur die week, maar naweke vergeet ons heeltemal om ons kalorieë te tel. Jy mag dalk nie gewig optel hiermee nie, maar jy gaan beslis ook nie gewig verloor nie.
-
Eet jy te veel suiker sonder dat jy dit eens weet?
Daar is baie keer suiker in kos wat jy nie verwag het dit bevat nie. Jogurt, smoothies en gesondheids-versnaperings is gewoonlik vol gepak met versteekte suikers en kan veroorsaak dat jy sukkel om die kilogramme te laat wegsmelt. Selfs die kosse wat kwansuis “gesond” is bevat dikwels suiker!
-
Stres
Langdurige of chroniese stres veroorsaak die vrystelling van uitsonderlik hoë hoeveelhede van kortisol. Dit kan veroorsaak dat spiermassa afgebreek word en dat die lus na soet en ongesonde kos verhoog. Hoë kortisol vlakke verlaag die vlakke van maagsuur en veroorsaak spysverteringsprobleme.
-
Oefen jy te veel?
Ja, jy mag dalk te hard en te veel oefen. Dit gebeur wanneer jy te veel van ‘n sekere tipe oefening doen, soos byvoorbeeld kardio. Dit is wys om genoeg rus tussen sessies te hê. Korter en meer effektiewe sessies kan meer vet verbrand.
-
Eet jy genoeg vet?
Vet maak jou nie vet nie – suiker doen. Gesonde vette soos in avokado, vis, plaasbotter, kokose-olie en olyfolie is belangrik vir liggaamsfunksies en kan gewigsverlies ondersteun.
-
Het jy genoeg Vitamien D?
Vitamien D is belangrik vir vetverbranding. Eet kosse soos salm, sardiens, en koeimelk wat ryk is daaraan.
-
Eet jy te laat in die aand?
Indien jy te laat eet word jou kos gestoor as vet. Maak seker dat jy minstens drie ure voor slaap jou laaste ete geniet.
-
Die klimtol (yo-yo) dieet
Probeer jy elke nuwe dieet net om vinnig gewig te verloor? Gewig wat jy vinnig verloor, kom gewoonlik terug. ‘n Gesonde en volhoubare leefstyl is die enigste manier.
Hoe kan ek dan gewig verloor?
Moenie hierdie 10 foute maak nie. Dit, saam met gesonde eetgewoontes en oefening, sit jou op die regte pad.
Maar daar is nog iets wat baie help…
Gebruik ‘n natuurlike aanvulling soos Manna Blood Sugar Support.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling gemaak uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom. Dit het geen negatiewe newe-effekte nie.
Hoe werk dit?
Dit vertraag die vrystelling van suiker uit kos in die bloedstroom. Dit help om bloedsuikervlakke stabiel te hou en die vrystelling van insulien te reguleer. Gebruik dit saam met ‘n gesonde dieet en neem een of twee tablette saam met elke ete om pieke in bloedsuiker te voorkom.