Gewigsverlies gaan oor meer as net slaai eet en oefen.
Daar is ‘n paar geheime van gewigsverlies wat help om meer effektief gewig af te skud…
Een van die grootste foute wat ons maak is dat ons NOU al die gewig wil verloor. Maar dit is heeltemal onrealisties om 10kg in ‘n week se tyd te wil verloor. Gelukkig is daar ‘n paar geheime van gewigsverlies wat kan help.
Sodra ons besef dat dit bietjie tyd gaan neem om gewig te verloor en te sorg dat dit weg bly, dan kan ons werklik begin om dit behoorlik te doen.
Hier is 6 dieet geheime van gewigsverlies om te help dat jy reg gewig verloor…
-
Jy kan jou metabolisme ‘n hupstoot gee.
‘n Stadige metabolisme moet nooit ‘n verskoning wees dat jy nie gewig verloor nie. Met meer kardiovaskulêre- en weerstandsoefening kan jy jou metabolisme bietjie aanjaag en meer effektief laat werk.
-
Gewig en fiksheid is nie dieselfde ding nie.
Baie mense dink dat as jy oorgewig is, dan is jy outomaties onfiks. En dan ook as jy maer is, dat jy dan outomaties fiks is. Maar dis nie altyd die geval nie. In terme van gesondheid is dit beter om fiks te wees as om net goed te lyk.
-
Om vinnig gewig te verloor beteken selde dat dit so gaan bly.
Baie mense is onder die wanindruk dat vinnige gewigsverlies, permanente gewigsverlies beteken. Die teenoorgestelde is eintlik waar. Om geleidelik gewig te verloor deur ‘n gesonde lewenswyse te handhaaf is baie beter in die langtermyn.
-
Om meer te oefen beteken nie jy gaan vinniger gewig verloor nie.
Oefening is uiters belangrik vir gewigsverlies. Maar wanneer jy byvoorbeeld vir meer as 2 ure aaneen oefen per dag, mag dit dalk meer skade aanrig as goed. Probeer eerder 30 minute – 1 uur per dag oefen. Korter, meer intensiewe sessies is meer waardevol.
-
Slaap meer om minder te weeg.
Mens besef nie altyd hoe belangrik slaap is vir jou gesondheid nie – en dit geld ook vir gewigsverlies. Gewigsverlies kan direk gekoppel word aan jou slaappatroon. Mik vir 6 – 8 ure se slaap per nag.
-
Eet sjokolade om te help met gewigsverlies.
Ja, jy lees reg! Donker sjokolade met ‘n hoë kakao-inhoud is ‘n uitstekende anti-oksidant. Dit kan help om jou bloedsuikervlakke te beheer en dus gewigsverlies ondersteun.
Wil jy die meeste uit jou gewigsverlies poging kry?
Maak dan seker jou bloedsuikervlakke is onder beheer!
Hoe maak ek seker my bloedsuikervlakke is onder beheer?
Die beste manier is deur eenvoudige leefstyl veranderinge:
-
Oefening
Oefen vir ten minste 30 minute per dag, vyf dae ‘n week.
-
Gewig
Bereik en behou ‘n gesonde gewig.
-
Dieët
‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieet word aanbeveel.
-
Manna Blood Sugar Support
Hierdie natuurlike produk help om insulienweerstandigheid te beheer en hou jou bloedsuikervlakke stabiel.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Dit is ‘n natuurlike gesondheid-aanvulling gemaak van die peule van die Prosopis (Mesquite) boom. Dit het geen negatiewe newe-effekte soos chemiese alternatiewe nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Die produk meng met die kos wat jy eet en stel die suiker stadig in die bloedstroom vry. Dit help om bloedsuikervlakke stabiel te hou en verhoed dat die pankreas oormatig insulien moet afskei.
Gebruik Manna Blood Sugar Support saam met elke ete om te keer dat jou bloedsuiker skielik styg.