Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

11 Verrassende Redes Vir Gewigstoename!

11 Verrassende Redes Vir Gewigstoename!

Wat gaan aan? Ek hou aan om gewig op te tel?

Indien jy meer kalorieë inneem, meer EET as gewoonlik, of minder beweeg (oefen) is dit nie ‘n verrassing dat jy gewig optel nie. Die skaal se naald kruip al hoe meer na die regterkant toe! MAAR sê nou maar jy doen ALLES om gewig te verloor en jou gewig neem nog steeds toe? Kom ons kyk na verrassende redes vir gewigstoename.

Hier is 11 verrassende redes vir gewigstoename:

1. Tekort aan slaap

Daar is twee faktore aan die werk met slaap en gewigstoename. Indien jy te laat gaan slaap is dit heel moontlik dat jy laat in die aand gaan eet, of heelwaarskynlik gaan peusel, en dit sal jou kalorie inname verhoog. Die tweede rede is, wat gebeur wanneer jy ontneem word van slaap? Jou hormoon vlakke word versteur wat jou honger maak, en dit veroorsaak ook dat jy nie versadig voel na ‘n ete nie.

2. Stres? Spanning?

Wanneer die lewe se verwagtinge te intens raak draai ons liggame na oorlewing. Kortisol, die stres hormoon, word vrygestel wat die aptyt verhoog. En dan natuurlik is hoë kalorie trooskos baie keer ‘n uitweg om die stres te hanteer.

3. Antidepressante

‘n Onaangename newe effek van die meeste antidepressante is gewigstoename. Gesels met jou dokter oor moontlike verandering aan jou behandelingsplan. Maar moenie self jou medikasie stop of aanpas nie.

4. Steroïde

Anti-inflammatoriese steroïde medikasie soos prednisoon is berug vir newe-effekte wat gewigstoename insluit. Water retensie en verhoogde aptyt is algemeen. Vet versamel ook op plekke soos die nek, gesig en maag.

5. Medikasie wat gewigstoename veroorsaak

Party middels vir migraine, stuiptrekkings, hoë bloeddruk en diabetes kan gewigstoename meebring. Vra jou dokter oor alternatiewe.

6. Moenie die PIL blameer nie!

Daar is min bewyse dat kombinasie-pille volgehoue gewigstoename veroorsaak. Sommige vroue ervaar wel tydelike waterretensie.

7. Hypo-thyroïdisme

‘n Onderaktiewe skildklier verlaag metabolisme en kan gewigstoename veroorsaak. Behandeling help om dit te bestuur.

8. Moenie menopouse blameer nie!

Veranderde lewenstyl en stadiger metabolisme speel ‘n groter rol as hormone. Vet versamel eerder om die buik as heupe en dye.

9. Cushing se Sindroom

Word veroorsaak deur hoë vlakke van kortisol. Vet versamel op die gesig, nek en buik. Kan kom van steroïede of adrenalienklier ooraktiwiteit.

10. PCOS

‘n Hormonale toestand wat gewigstoename, onreëlmatige maandstondes, en verhoogde liggaamshare veroorsaak. Vet versamel rondom die maag.

11. Hou op rook!

Ná jy ophou rook: jou metabolisme daal, jy eet dalk meer, kos smaak beter, en jy kan meer hoë-vet peuselhappies kies.

Indien jy gewig optel, volg hierdie riglyne:

  • Moenie jou medikasie stop sonder jou dokter se raad nie.
  • Moenie jouself met ander vergelyk nie—reaksies op medikasie verskil.
  • Waterretensie is tydelik—bly by ‘n lae natrium dieet.
  • Vra jou dokter oor alternatiewe medikasie met minder newe-effekte.
  • Bly aktief om jou metabolisme aan die gang te hou.

Ons beveel die volgende aan:

Volg die dieetprogram in die GRATIS Manna Weight Loss e-boek.
Neem die Manna Blood Sugar Support tablette met elke maaltyd om jou bloedsuikervlakke en aptyt te beheer.
Gebruik ook die Manna F.A.T Burner en oefen gereeld om vet vinniger te verbrand. Hierdie produkte is veilig saam met medikasie.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters