Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Wat om te Drink as Jy Diabetes Het

What to drink when you have diabetes

Vermy skielike stygings in bloedsuikervlakke– drink hierdie gesonde drankies.

Jy weet reeds hoe belangrik dit is om gesond te eet as jy met diabetes sukkel. Maar dit is ook noodsaaklik om die regte drinkgoed in te neem. Drankies kan veral lastig wees omdat vloeistowwe vinniger verteer as vaste kos en dus jou bloedsuikervlakke vinnig laat styg. As jy drankies met baie suiker drink, kan jou bloedsuikervlakke vinnig piek.

So, wat moet jy drink? Lees verder om meer uit te vind.

P.S. As jy dit moeilik vind om jou honger te beheer en sukkel om ‘n gesonde dieet te volg, kan jy begin deur te beheer wat jy daagliks drink. Daar is baie gesonde drankies wat uitstekend smaak en die implementering van goeie gewoontes rondom drankies is hanteerbaar!

Wat om te drink

Daar is baie gesonde drankies wat verfrissend en geurig is. Lees verder om uit te vind watter drankies die beste is om diabetes te bestuur.

Water

Die nommer een gesonde drankie is natuurlik water. Water is ‘n kommervrye drankie wat geen bloedsuikerspieke veroorsaak nie. Om gehidreer te bly is belangrik om bloedsuiker te reguleer. Water kan help om jou bloedsuikervlakke te verlaag want dit verdun jou bloed.

Hoeveel water moet jy drink?

Oor die algemeen moet die meeste mense daarna streef om vier tot ses koppies suiwer water per dag te drink. Dit is egter belangrik om daarop te let dat hierdie getal van persoon tot persoon verskil.

Die vier-tot-ses koppies riglyn is tipies geskik vir diegene wat oor die algemeen in goeie gesondheid is, maar dit is belangrik om ander bronne van water (soos water in koffie en tee) ook in ag te neem.

Faktore soos gesondheidstoestande, medikasie, fisiese aktiwiteit en temperatuur ook die aanbevole daaglikse waterinname beïnvloed.

Wat as jy nie daarvan hou om water te drink nie?

Om elke dag omtrent net water te drink, kan ‘n bietjie vervelig raak. As jy nie daarvan hou om water te drink nie, probeer om ‘n gesonde geur by jou water te voeg. Hier is ‘n paar dinge wat jy kan doen om dinge op te kikker:

  • Voeg vars kruie, soos kruisement, basiliekruid of roosmaryn, by water en laat dit oornag intrek.
  • Druk ‘n skyfie suurlemoen, lemmetjie of lemoen uit in jou water.
  • Voeg skywe komkommer of heel bessies in vir ‘n verfrissende kinkel.
  • Week ‘n groentee-sakkie in koue water vir ‘n ligte en subtiele geur.

Jy kan ook probeer om warm water met ‘n bietjie suurlemoen te drink. Dit is ‘n goeie manier om water te drink op kouer dae.

Kombucha

Kombucha is ‘n gefermenteerde tee wat hoofsaaklik met swart- of groentee vervaardig word. Hierdie drankie bevat probiotika. Probiotika is voordelige bakterieë en van hierdie bakterieë kan help met die regulering van bloedsuikervlakke. As jou ingewande gesond is kan jy ontsteking in toom hou en tipe 2-diabetes teëstaan.

Alhoewel die voedingsinhoud van kombucha kan verskil na gelang van die tipe, handelsmerk en geur daarvan, bevat ‘n tipiese 1-koppie kombucha ongeveer 7 gram koolhidrate, wat dit ‘n uitstekende lae-koolhidraat keuse maak.

Kruietee

Vir individue met diabetes word kruietee as een van die gesondste en voordeligste drankies beskou. Behalwe dat dit hidrerend en kalmerend is, is kruietee heeltemal vry van koolhidrate, kalorieë en suiker, wat dit ‘n ideale keuse maak.

Boonop is hierdie tees propvol antioksidante wat help om siektes te beveg. Baie kruietee het ook sterk anti-diabetiese eienskappe. Kamille-, gemmer-, hibiskus- en pepermenttee is van die beste opsies vir mense met diabetes.

Onthou om nie suiker by jou tee te voeg nie. Suiker sal beslis jou bloedsuiker laat piek. As jy ‘n soet drankie wil hê, voeg ‘n versoeter soos stevia by jou tee.

Melk

Om ‘n matige hoeveelheid melk te drink is goed vir jou! ’n Koppie melk bevat 310 mg kalsium, wat sowat 24 persent van die daaglikse aanbevole inname is.

Wanneer dit by melk kom, moet jy uitkyk vir die koolhidraattelling, nie die vetpersentasie nie. Melk bevat wel koolhidrate, maar dit is nie naastenby so baie soos wat in roomys of koek voorkom nie.

Maar as jy baie melk drink, kan jy maklik baie koolhidrate inneem. Gelukkig is daar laekoolhidraat-melkprodukte op die mark. Alternatiewelik kan jy jou eie laekoolhidraat-melk maak deur room met water te meng.

Jy kan ook ander melkopsies probeer. Dit is belangrik om daarop te let dat nie-suiwelmelk opsies, soos amandelmelk, bygevoegde suikers en geure kan bevat wat jou bloedsuikervlakke laat piek. Maak seker jy koop onversoete produkte.

Koffie

Vir individue met diabetes kan onversoete koffie talle voordele inhou. Volgens Mayo Clinic is dit veilig om tot 400 milligram (mg) kafeïen per dag in te neem.

Navorsing het getoon dat die drink van onversoete koffie die waarskynlikheid van die ontwikkeling van tipe 2-diabetes kan verlaag deur suikermetabolisme te verbeter.

Navorsers is egter in twee kampe oor die effek van kafeïen. ‘n Studie wat in 2015 in die Journal of Clinical and Diagnostic Research gepubliseer is, het gesê dat kafeïen eintlik kan help om diabetes te bestuur, maar ander studies stem nie saam nie.

Al stem die navorsers nie saam nie kan jy self die effek wat kafeïen op jou bloedsuikervlakke het, monitor. As jy wel baie kafeïenhoudende drankies drink en jy sukkel om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou, probeer om jou inname van kafeïen tot die minimum te beperk en kyk of jy in staat is om jou bloedsuiker gelyk te maak.

Onthou om nie suiker by jou koffie te voeg nie. Suiker sal beslis bloedsuikervlakke laat piek. As jy ‘n soet drankie wil hê, voeg ‘n versoeter soos stevia by jou koffie.

Wat om nie te drink nie

Die volgende drankies kan stygende bloedsuikervlakke veroorsaak aangesien dit gevul is met suiker en kalorieë. Dit is die beste om dit van jou tafel, kombuiskaste of yskas te verwyder.

  • Gaskoeldrank
  • Vrugtesap: Alhoewel dit dalk na ‘n gesonde keuse lyk, bevat vrugtesap amper net soveel suiker soos gaskoeldrank. Jy kan altyd ‘n klein bietjie vrugtesap in jou water skink vir ‘n bietjie geur. Jy kan ook ‘n paar heel vrugte saam met ‘n drankie geniet.
  • Versoete ystee
  • Energiedrankies
  • Alkohol

Samevatting

Miskien is die beste plek om te begin, wanneer jy jou dieet wil verbeter, met die drankies wat jy drink. Jy kan skielike bloedsuikerspieke vermy deur drankies met baie suiker uit te sny. Maar jy kan veilig water, kruietee, kombucha, koffie en melk geniet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters