Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Verstaan Tipe-2 Diabetes: Simptome en Hantering

Verstaan Tipe-2 Diabetes: Simptome en Hantering

Tipe 2-diabetes is ‘n chroniese toestand wat miljoene mense wêreldwyd affekteer.

Diabetes word gekenmerk deur hoë glukose vlakke in die bloed. By mense met diabetes produseer die pankreas nie genoeg insulien nie, of die liggaam gebruik nie die insulien doeltreffend nie, wat oortollige glukose in die bloed veroorsaak.

Hoe lyk die simptome van diabetes?

Deur die simptome van tipe 2-diabetes raak te sien is uiters noodsaaklik, sodat dokters die korrekte diagnose kan maak om die toestand reg te hanteer.

Die volgende simptome kom voor by pasiente met diabetes:

  • Verhoogde dors en urinering
    Een van die mees algemene simptome van tipe 2-diabetes is verhoogde dors en meer urinering. Wanneer bloedsuikervlakke te hoog is, werk die niere harder om oortollige glukose uit te skei. Dit lei dan tot meer gereelde urinering, wat kan lei tot verhoogde dors en dehidrasie.
  • Moegheid en Swakheid
    Individue met tipe 2-diabetes ervaar dikwels moegheid en swakheid as gevolg van die liggaam se onvermoë om glukose effektief in energie om te skakel. Wanneer ‘n persoon eet, breek die liggaam kos af in eenvoudige suikers, of glukose. Selle gebruik insulien om glukose uit die bloed te absorbeer om dit dan vir energie te gebruik. Moegheid en swakheid kan ontstaan wanneer die selle nie genoeg glukose kry nie.
    Aanhoudende moegheid ten spyte van genoeg rus, kan ‘n teken wees van onderliggende diabetes.
  • Verhoogde gevoel van Honger
    Individue met tipe 2-diabetes kan honger voel ten spyte van gereelde maaltye. Dit is omdat die liggaams-selle nie genoeg glukose ontvang nie.
    Die hongergevoel is die liggaam se reaksie aan gebrek aan energie.
  • Dowwe Visie
    Hoë bloedsuikervlakke kan die vloeistofbalans in die oë beïnvloed, wat lei tot versteurde visie. Hierdie simptoom kan geleidelik voorkom en kan verwar word met ander visieprobleme. Dit is noodsaaklik vir individue met diabetes om gereelde oogondersoeke te kry om enige veranderinge te monitor en komplikasies te voorkom.
  • Stadige genesing van wonde
    Nog ‘n simptoom van tipe 2-diabetes is die stadige genesing van wonde en infeksies. Verhoode bloedsuikervlakke kan die liggaam se vermoë benadeel om beskadigde weefsels te genees en infeksies te beveg. Selfs geringe snye en kneusplekke kan langer neem om te genees by individue met diabetes.
  • Gevoelloosheid en tinteling
    Met verloop van tyd kan hoë bloedsuikervlakke senuwees beskadig, wat lei tot ‘n toestand genaamd diabetiese neuropatie. Dit kan gevoelloosheid, tinteling of brandende sensasies veroorsaak, gewoonlik in die hande en voete. Diabetiese neuropatie kan ook lei tot verminderde sensasie, wat ‘n groter moontlikheid van beserings inhou.
  • Herhaalde infeksies
    Individue met tipe 2-diabetes kan herhaalde infeksies ervaar, veral op die vel, tandvleis, of urienweg. Hoë bloedsuikervlakke skep ‘n gunstige toestand vir bakterieë en swamme om te floreer, wat die risiko van infeksies verhoog. Doeltreffende bestuur van bloedsuikervlakke is van kardinale belang om herhalende infeksies te voorkom.
  • Onverklaarbare gewigsverlies
    Terwyl vetsug ‘n risikofaktor vir tipe 2-diabetes is, kan sommige individue onverklaarbare gewigsverlies ervaar ondanks ‘n goeie dieet. Gewigsverleis kom voor as gevolg van die liggaam se onvermoë om glukose behoorlik te gebruik, wat lei tot die afbreek van spiere en vet vir energie. Gewigsverlies sonder ‘n ooglopende rede moet altyd deur ‘n gesondheidswerker geëvalueer word.

Wat veroorsaak tipe-2 diabetes?

Tipe 2-diabetes ontwikkel wanneer die liggaam se selle nie goed op insulien reageer nie of wanneer die pankreas nie genoeg insulien produseer nie.

Ander risikofaktore sluit in genetika, oorgewig, ‘n onaktiewe leefstyl, ‘n dieet hoog in verwerkte voedsel met verfynde suikers en koolhidrate, en ongesonde vette. Oortollige abdominale vet verhoog veral die risiko vir diabetes tipe 2.

Hoe voorkom of bestuur jy tipe-2 Diabetes op ‘n natuurlike manier?

Diabetes tipe 2 kan beheer word deur drastiese leefstyl veranderinge te maak.

Hier is ‘n paar werkbare planne:

  • Kweek Gesonde eetgewoontes: Fokus op ‘n gebalanseerde dieet wat vrugte, groente, neute en maer proteïene insluit. Beperk suiker, vrugtesappe, verfynde koolhidrate en versadigde vette. Kies kosse met ‘n lae glukemiese indeks (GI) om bloedsuikervlakke te help bestuur.
  • Gereelde Oefening: Neem die meeste dae van die week deel aan fisiese aktiwiteit. Mik vir ten minste 30 minute van matige oefening, soos flink stap, fietsry of swem. Oefening verbeter insulien opname en algemene gesondheid.
  • Gewigsbestuur: Handhaaf ‘n gesonde gewig of werk om dit te bereik indien oorgewig ‘n probleem is. Selfs om ‘n klein hoeveelheid gewig te verloor, kan aansienlik help om bloedsuiker-beheer te verbeter en diabetesverwante komplikasies te verminder.
  • Stresbestuur: Beoefen stresverminderende tegnieke soos ruimtelike-bewustheid, meditasie of diep-asemhalings-oefeninge. Chroniese stres kan bloedsuikervlakke verhoog, so die bestuur van stres is dus noodsaaklik vir diabetes-bestuur.
  • Voldoende slaap: Maak seker jy kry genoeg rustige slaap elke nag, mik vir 7-9 uur. Swak slaap kan insulien sensitiwiteit en glukose metabolisme beïnvloed. Prioritiseer ‘n konsekwente slaapskedule en skep ‘n ontspannende slaaptydroetine slaaptydroetine.
  • Gebruik natuurlike aanvullings: Natuurlike aanvullings van ‘n goeie kwaliteit soos die Manna Blood Sugar Support kan jou ‘n broodnodige hupstoot gee in jou pogings om tipe 2-diabetes te hanteer.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support is ‘n geheel natuurlike gesondheidsaanvulling vir die bestuur van bloedsuikervlakke, gemaak van die peule van die Prosopis (Mesquite) boom, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie. Manna Blood Sugar Support help om tipe 2-diabetes te bestuur, voedsel-drange te beheer en insulien-weerstandigheid te keer.

Hoe help Manna Blood Sugar Support om tipe 2-diabetes te hanteer?

Hierdie aanvulling is ‘n organiese en natuurlike middel om bloedsuikervlakke te help balanseer. Blood Sugar Support verbind met die kos wat ons eet en stel die suikers van hierdie kosse stadig vry in ons bloedstroom. Daarom moet jy dit altyd saam met kos neem, anders mis jy uit op die wonderlike voordele van die produk en dit sal nie werk soos dit moet nie.

Hierdie verbinding help voorkom dat die bloedsuikervlakke to hoog styg nadat jy iets geëet het, ook help dit jou liggaam om die behoefte of drang na ‘n daaropvolgende soet versnapering te vermy. As jy jou bloedsuikervlakke kan stabiliseer en voedseldrange kan beheer, maak dit gewigsverlies baie makliker.

Die voordele van verminderde drange en gewigsverlies is sekondêre voordele – die belangrikste voordeel is om die bloedsuikervlakke gebalanseerd te hou, dit is die eerste en die belangrikste stap in die behandeling van tipe 2-diabetes.

Wanneer die produk saam met kos geneem word, verbind Manna Blood Sugar Support met die kos in die maag en verminder die glukemiese indeks (GI) van die kos en drank wat jy inneem met tot 43%. So word verhoed dat bloedsuikervlakke te hoog styg en vergemaklik dit die voorkoming en behandeling van insulienweerstandigheid in tipe 2-diabetes.

Die voordele van Manna Blood Sugar Support:

  • Help om gebalanseerde bloedsuikervlakke te handhaaf.
  • Hou jou meer versadig na ‘n maaltyd, wat beteken dat dieselfde kos jou langer energie gee en veroorsaak dus dat jy minder eet, wat kan help met natuurlike gewigsverlies.
  • Help om voedseldrange te beheer.
  • Help om energievlakke konstant te hou.
  • Help om diabetesverwante gesondheidskomplikasies te voorkom.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters