Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

5 Skadelike Oogprobleme As Gevolg Van Hoë Bloedsuiker Vlakke

5 Skadelike Oogprobleme As Gevolg Van Hoë Bloedsuiker Vlakke

Hier is 5 Skadelike Oogprobleme As Gevolg Van Hoë Bloedsuiker Vlakke.

Dit klink dalk vergesog dat hoë bloedsuiker vlakke oogprobleme kan veroorsaak, tog is dit die grootste oorsaak van blindheid by mense bo die ouderdom van 20 jaar oud.

Alles begin by hoë bloedsuiker vlakke wat nie behandel word soos dit moet nie. Dit lei dan tot talle gesondheids probleme en gesondheidsgevare waarvan probleme met die oë een van die ergste kan wees.

Kom ons kyk na die 5 mees algemene oog probleme wat deur hoë bloedsuiker vlakke veroorsaak word, en hoe hulle behandel kan word

  1. Versteurde of Dowwe Visie (blurred vision) en Hoë Bloedsuiker.

    Meeste mense se eerste instink is om getoets te word vir ‘n bril of kontaklense sodra hulle agterkom dat hulle sukkel om duidelik te sien. Dit kan egter ‘n geval wees van die behandeling van simptome eerder as die oorsaak van die probleem.

    Dit is meestal konstante hoë vlakke van bloedsuiker wat die oorsaak is van onduidelike of dowwe visie.

    Oplossing:

    Die sleutel is om die wortel van die probleem, te hoë bloedsuikervlakke, te behandel. Om dit reg te stel, moet jy jou bloedsuikervlakke terug kry na ‘n normale vlak, wat tussen 4.5–7 mmol/L voor etes is, en minder as 10 mmol/L twee ure na ete. Met behandeling kan dit tot 3 maande duur voordat jou visie weer na normaal terugkeer.

    Hoewel hoë bloedsuikervlakke meestal die oorsaak van onduidelike of dowwe visie is, beveel ons steeds aan dat jy met ‘n oogdokter gesels wat vir jou sal kan sê of dit ‘n simptoom of ‘n meer ernstige probleem is.

  2. Katarakte en Hoë Bloedsuiker

    Katarakte word gevorm wanneer afvalstowwe die lens van die oog dof maak, en dit moeilik raak vir die oog om te fokus. Die twee hoof oorsake van katarakte is onduidelike of dowwe visie en glans.

    Hoewel enige iemand katarakte kan kry, is dit baie meer algemeen onder mense wat hoë bloedsuiker vlakke het, en dit kan vinnig tot ernstiger probleme lei.

    Oplossing:

    Chirurgie is nodig om ‘n katarak te verwyder. Dit beteken dat die dokter die dowwe lens met ‘n kunsmatige een vervang.

  3. Gloukoom en Hoë Bloedsuiker

    Gloukoom is wanneer druk in die oog opbou weens vloeistowwe wat nie dreineer soos dit moet nie. Die mees algemene vorm van gloukoom staan bekend as wye-hoek gloukoom. In hierdie gevalle kan slegs medikasie gebruik word om die vloeistof in die oog te verminder en derhalwe die drukking effens te verlig.

    Hierdie tipe gloukoom het meestal nie enige vroeë simptome nie, maar dit beteken dat daar reeds groot verlies in visie is teen die tyd dat die simptome opgemerk word.

    Die beste manier om dit vroegtydig op te spoor, is om vir ʼn jaarlikse oog ondersoek te gaan. Met minder algemene vorms van gloukoom kan jy die volgende ervaar:

    • Hoofpyne
    • Oogseer of pyn
    • Onduidelike of dowwe visie
    • Waterige oë
    • Stralekranse rondom ligte
    • Verlies van visie
    Oplossing:

    Behandeling kan medikasie en spesiale oogdruppels insluit. Chirurgie en laserbehandeling kan help met dreinering in ernstige gevalle soos neo-vaskulêre gloukoom, waar ekstra bloedvate op die iris (gekleurde deel van die oog) groei.

  1. Diabetiese Retinopatie en Hoë Bloedsuiker

    Diabetiese retinopatie is die gevolg van beskadiging aan die klein bloedvate in die retina weens hoë suikervlakke in die bloedstroom. As dit nie vroegtydig opgespoor word nie, kan dit lei tot blindheid. Dit word ook toenemend meer gevaarlik hoe langer jy hoë bloedsuiker vlakke het – veral as jy dit nie behoorlik beheer nie.

    Oplossing:

    Mense wat hul bloedsuikervlakke onder beheer probeer hou is minder geneig om diabetiese retinopatie te ontwikkel, solank hulle hul bloedsuikervlakke reg bestuur. Dieselfde geld vir die behandeling daarvan – as jy dit reeds ontwikkel het, hou jou bloedsuikervlakke onder beheer!

  2. Agtergrond Retinopatie en Hoë Bloedsuiker

    Maculopatie en proliferatiewe retinopatie is effens verskillende vorme van diabetiese retinopatie, maar moet met net soveel sorg behandel word!

    Maculopatie:

    Dit is beskadiging van die makula, ‘n kritiese plek op jou retina wat jou visie ernstig kan affekteer.

    Proliferatiewe Retinopatie:

    Dit gebeur wanneer selle aan die agterkant van jou oog nie genoeg suurstof kry nie en nuwe bloedvate begin groei. Omdat hierdie nuwe bloedvate bros is, kan hulle maklik oopbreek, bloei en ‘n bloedklont veroorsaak. Dit kan letsels veroorsaak en jou retina wegtrek van die agterkant van jou oog. As dit loskom, kan jy onherstelbare sigverlies hê.

    Oplossing:

    Soms is daar geen behandeling hiervoor nie, maar in ander gevalle is chirurgie ‘n opsie. As dit vroegtydig opgespoor word, kan ‘n laserprosedure wat die bloedvate wegbrand, jou visie red. Dit kan blindheid voorkom by tot 50% van mense met vroeë retinopatie.

Hoe moet ek oogprobleme as gevolg van hoë bloedsuiker vlakke voorkom en behandel?

Gaan vir gereelde oog ondersoeke

Oog ondersoeke moet ten minste een keer per jaar gedoen word, omdat dit die beste manier is om oogprobleme vroegtydig op te spoor. Dit beteken dat, sou ‘n probleem ontwikkel, dit behandel kan word wanneer dit nog relatief maklik en minder gevaarlik is. Indien jy binnekort wil swanger raak, kry ‘n oogtoets om moontlike probleme te vermy. Hou daarmee vol terwyl jy swanger is.

Weet wanneer om DRINGEND die dokter te besoek

Hierdie simptome kan ‘n teken wees van ‘n noodgeval:
  • Swart kolle in jou visie
  • Ligte wat flikker
  • Gate in jou visie
  • Onduidelike of dowwe visie

Behandel en beheer dit op die natuurlike en gesonde manier

Met die regte lewenstylveranderinge is dit moontlik om jou bloedsuiker vlakke terug te bring na normaal.

Eet gesonde kosse

Laag in vet, lae kalorie, maar hoë vesel is die beste opsie. Fokus op vrugte, groente en volgraan. Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee.

Kry genoeg van die regte oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit vir die meeste dae van die week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.

Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel. Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

Manna Blood Sugar Support vir Hoë Bloedsuiker

Wanneer jy maaltyd eet, neem 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate.

Manna Blood Sugar Support help om jou bloedsuiker vlakke op ‘n natuurlike manier te balanseer. Dit help dan natuurlik om hoë bloedsuiker vlakke en verwante probleme te beveg.

Hoe werk dit?

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

Wat is die risiko en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op die liggaam nie.

Wat kry ek daaruit? Die voordele van Manna Blood Sugar Support

  • Help om bloeddruk vlakke te beheer deur middel van bloedsuiker stabilisering.
  • Neem kosdrange weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Gee jou hoër vlakke van energie vir ‘n verlengde tydperk, omdat dit die suiker stadiger en egalig in die bloedstroom vrystel.
  • Laat jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Bied jou ʼn hoër gehalte leefstyl omdat dit jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie sonder om gewig op te tel.
  • Voorkom dat jy ‘n skielike “sugar crash” kry – daardie moë gevoel ná ‘n suikerbelaaide maaltyd of happie.

Daar is nog vele meer voordele van Manna Blood Sugar Support, maar as jy nog steeds nie dink dat jy hierdie No-Brainer aanvulling benodig nie, dan moet jy die artikel weer lees!

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters