Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Stabiliseer Bloedsuiker vir Beter Konsentrasie

How to Stay Focused and Achieve Your Goals

Vermy pieke in jou bloedsuikervlakke en bly gefokus

Vind jy dat jou gedagtes rondspring wanneer jy moet stilsit en konsentreer? Miskien begin jy net met jou werk en dan dwaal jou gedagtes rond. Baie gou is jy op jou foon besig om tyd te mors op sosiale media!

Daar is baie redes waarom mens sukkel om te fokus. Jy mag dalk aan ADHD of angs ly of dalk net met te veel werk opgesaal sit. Nog ‘n faktor wat konsentrasie beïnvloed, is wisselende bloedglukosevlakke.

Jou bloedglukosevlakke kan ‘n groot rol speel in jou vermoë om gefokus te bly. Leer meer oor hierdie probleem en oor natuurlike maniere om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer sodat jy kan fokus en jou doelwitte bereik.

Die verband tussen bloedglukose en konsentrasie

Jou liggaam gebruik glukose as energie. Wanneer jy koolhidrate eet, sal jou liggaam dit afbreek tot glukose en dan die glukose in jou bloedstroom vrystel. Dit sal jou bloedglukosevlakke laat styg.

Wanneer jou bloedglukosevlakke hoog is, sal jou pankreas die hormoon, insulien, vrystel.

Insulien werk soos ‘n afleweringsvragmotor. Dit vervoer glukose vanaf jou bloedstroom na jou selle en wanneer glukose by die selle afgelewer word, keer jou bloedglukosevlakke terug na normaal.

Sommige kosse (hoë GI-voedsel) veroorsaak egter dat glukose vinnig in jou bloedstroom vrygestel word, dit het erge stygings in jou bloedsuikervlakke tot gevolg.

Groot hoeveelhede insulien word dan vrygestel om die glukose na jou selle te vervoer.

Dit veroorsaak weer dat jou bloedsuikervlakke aansienlik daal.

Wanneer jou bloedsuikervlakke laag is, het jy dalk nie genoeg energie vir kognitiewe inspanning nie.

Hierdie fluktuasies in jou bloedsuikervlakke kan jou konsentrasie belemmer.

Probleme met fokus en bloedsuikervlakke is ook merkbaar by kinders.

‘n 2007-studie gepubliseer in Physiology & Behaviour het kinders, tussen die ouderdomme van 6 en 7, verskillende ontbyte laat eet. Sommige kinders se ontbyte het hul bloedsuiker laat piek, ander ontbyte het nie bloedsuikerpieke veroorsaak nie.

Die navorsers het die kinders se vermoë om te memoriseer en hul vermoë om aandag te skenk, gemeet. Hulle het ook gekyk na hoe vinnig die kinders frustreerd geraak het wanneer hulle ‘n moeilike taak moes doen en hoeveel tyd hulle aan ‘n individuele taak spandeer het.

Alhoewel daar baie faktore is om in ag te neem, het die navorsers tot die gevolgtrekking gekom dat kinders wat ‘n ontbyt eet wat nie jou bloedsuiker laat piek nie, beter presteer.

Twee tot drie uur nadat ‘n ontbyt met ‘n lae glukemiese lading geëet is, was prestasie op die geheuetoetse en die vermoë om aandag te behou beter, minder tekens van frustrasie was vertoon en kinders het meer tyd aan individuele take bestee.

Hier is vyf dinge wat jy kan doen om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer

  1. Oefen daagliks

    Doen aërobiese oefeninge, soos stap, hardloop of dans vir 30 minute elke dag.

    Studies het getoon dat ‘n daaglikse vinnige, 30-minute die risiko om diabetes te ontwikkel met 30% verminder.

  2. Ruil verwerkte voedsel vir voedsel wat laag op die glukemiese indeks is

    Verwerkte kos kom gewoonlik in pakkies, blikkies en boksies. Hierdie kosse is nie natuurlik nie en is gevul met koolhidrate en suiker.

    Jy wil hierdie soort kosse beperk en eerder kos eet wat laag op die glukemiese indeks is.

    Die GI is ‘n graderingstelsel vir koolhidrate, wat hulle rangskik volgens hoe vinnig hulle verteer, en hoe vinnig glukose in die bloedstroom opgeneem word.

    Die GI rangskik voedsel op ‘n skaal van 0 tot 100.

    Die GI organiseer voedsel met koolhidrate in drie kategorieë:

    • Laag: 55 of minder
    • Medium: 56–69
    • Hoog: 70 of hoër

    Om uit te vind wat die GI-rangorde van verskeie kosse is, kan jy jou na betroubare webwerwe of toepassings wend.

  3. Gebruik ‘n aanvulling

    Deur Manna Blood Sugar Support saam met jou maaltyd te neem, kan jy jou bloedsuikervlakke natuurlik verlaag.

    Hierdie produk help om die glisemiese indeks van die kos wat jy eet met tot 43% te verminder. Wanneer dit saam met jou maaltyd geneem word, sal die aanvulling met die kos in jou maag bind en die tempo waarteen glukose in jou bloedstroom vrygestel word, verminder.

    Hierdie organiese aanvulling kan ook saam met ander medikasie geneem word, wat dit makliker maak om jou bloedsuikervlakke te beheer.

  4. Bestuur jou stresvlakke

    ’n Studie in 2010 berig dat mense wat depressie, angs, stres of ’n kombinasie van hierdie toestande ervaar ’n hoër risiko loop om verhoogde bloedsuikervlakke te kry.

    Hier is drie wenke om stres te hanteer:

    • Beoefen ‘n stokperdjie of doen ‘n aktiwiteit wat jy geniet.
    • Soek professionele hulp of terapie as stres oorweldigend raak.
    • Doen asemhaling- of meditasietegnieke.
  5. Hou op rook

    Om sigarette te rook verhoog jou kanse om diabetes te ontwikkel met 50%.

    Hier is drie wenke om op te hou rook:

    • Kou iets: Kou aan suikerlose kougom of harde lekkergoed, of peusel aan kraakvars en heerlike opsies soos rou wortels, neute of sonneblomsaad.
    • Moenie net “een” sigaret rook nie: Dit is waarskynlik dat jy sal terugval in die gewoonte om te rook as jy net een sigaret rook. Dit kan lei tot meer rook en vinnig verval jy in ‘n gewoonte.
    • Probeer nikotienvervangingsterapie: Vra jou gesondheidsorgverskaffer oor die verskillende soorte nikotienvervangingsterapie en vind een wat vir jou werk.

Ander maniere om jou aandag te verbeter

  1. Verwyder afleidings: Identifiseer potensiële afleidings, soos jou foon of sosiale media, en verwyder dit uit jou werkspasie.
  2. Skep ‘n gunstige werksomgewing: Maak seker dat jou werkspasie georganiseer, gemaklik en vry van rommel is om jou te help om gefokus te bly.
  3. Neem genoeg breuke: Om kort pouses te neem kan jou help om te herlaai en te herfokus. Maak egter seker dat jy nie langer rus as wat jy vooraf vasgestel het nie – moenie toelaat dat jou blaaskanse in ‘n afleiding verander nie.

Samevatting

Jy moet kan fokus op jou take suksesvol af te handel. Deur jou bloedsuikervlakke te bestuur, sal jy in ‘n baie beter posisie wees om te konsentreer.

Increase blood flow and maximise your health.

Manna Blood Circulation Support

This formulation of the highest quality natural ingredients was specifically designed to help promote positive blood flow in completely natural manner.

What do customers say about Manna Blood Circulation Support?

Satisfied Customers

Provide a featured customer quote explaining more about the quality of your product or service.

Try to keep this quote short and sweet!

— Testimonial source

Provide a featured customer quote explaining more about the quality of your product or service.

Try to keep this quote short and sweet!

— Testimonial source

Provide a featured customer quote explaining more about the quality of your product or service.

Try to keep this quote short and sweet!

— Testimonial source