Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Hoe om Eetlus te Beheer as Jy Diabetes Het

How to control hunger if you have diabetes

Met die regte hulp kan jy erge honger hokslaan!

Wanneer jy met diabetes leef, moet jy jou bes probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou, maar dit is ontmoedigend wanneer jy ‘n onuitblusbare eetlus het, veral vir lekkernye. Om die heeltyd honger te wees is ‘n algemene simptoom van hoë bloedsuikervlakke.

Dis ‘n bose kringloop. Hoë bloedsuikervlakke veroorsaak dat jy baie koolhidrate en soetgoed eet, wat lei tot stygende bloedsuikervlakke, wat jou weer opnuut laat honger voel.

Jy kan die kringloop breek. Leer meer oor die verband tussen hoë bloedsuikervlakke en honger en hoe Manna Blood Sugar Support kan help.

Die verband tussen hoë bloedsuikervlakke en honger

Jy mag dink dis vreemd dat jou liggaam na nog koolhidrate smag terwyl jy hoë bloedsuikervlakke het. Jy het reeds ‘n oormatige hoeveelheid suiker in jou bloed; hoekom wil jou liggaam meer hê?

Die rede hoekom jy so honger voel, is as gevolg van probleme met die hormoon insulien. Mense met diabetes kan nie genoeg insulien produseer nie, of hul liggame kan nie insulien goed gebruik nie (bekend as insulienweerstandigheid).

Insulien se werk is om glukose uit jou bloedstroom te neem en na jou selle te vervoer. As jy nie genoeg insulien het nie of jou selle nie die hormoon verwelkom nie, sal glukose in jou bloedstroom begin ophoop. Jou bloedsuikervlakke sal styg, en jou selle sal dringend energie nodig hê.

Jou uitgehongerde selle sal om hulp vra, en jou brein sal ‘n boodskap uitstuur: “Gee my asseblief nog kos. Ek het kos nodig wat vinnig energie sal vrystel.”

Suikergevulde, koolhidraatryke kosse sal die ding doen.

Daar is geen rede om skuldig te voel wanneer jy die spens deursoek en oliebolle, pakkies skyfies en sjokoladestafies verslind nie. Jou liggaam probeer bloot aan ‘n behoefte voorsien.

Dit is moeilik om nie sleg te voel nie, veral as jy bewus is van die verskriklike gevolge van hoë bloedsuikervlakke. Jy weet waarskynlik reeds dat uiterste vlakke jou oë, niere, vingers en tone ernstig kan beskadig.

Gelukkig is daar maniere om hierdie honger, wat onuitblusbaar voel, hok te slaan.

Hoe om eetlus te beheer

Deur bloot wilskrag te gebruik teen intense hongerpyne, sal jou nie die blywende resultate gee wat jy wil hê nie. Nog ‘n gierdieet gaan ook nie help nie.

Die beste manier om jou eetlus te blus, is om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer.

‘n Natuurlike manier om dit te doen, is om Manna Blood Sugar Support te neem. Hierdie unieke produk het duisende mense gehelp om hul bloedsuikervlakke te stabiliseer en hul eetlus te beheer. Jy hoef nie sonder selfbeheersing groot hoeveelhede koolhidrate te verorber nie en jy hoef ook nie slegs op selfdissipline staat te maak om die groot honger te weerstaan nie. Manna kan jou help om jou eetlus te demper sodat jy gesonder koskeuses kan maak. Manna Blood Sugar Support is 100% organies en kan saam met ander medikasie gebruik word.

Dit is moeilik om die drang om te eet te weerstaan wanneer jou liggaam jou smeek vir kos. Daarom is dit ook belangrik om met jou dokter te praat oor die aanpassing van jou voorskrifmedikasie, indien nodig. Vir baie diabeteslyers, werk die kombinasie van insulien en ander nie-insulienmedikasie die beste.

Behalwe om medikasie te neem, wil jy seker maak dat jou diabetesvriendelike-gewoontes in plek is.

Neem waar hoe jy met die volgende gewoontes vaar:

  • Monitor jy jou bloedsuikervlakke gereeld?
  • Oefen jy daagliks?
  • Slaap jy genoeg?
  • Is jy in voeling met jou innerlike wêreld? Bestuur jy jou stresvlakke?
  • Vermy jy die gebruik van alkohol en tabak?

Nog maniere om honger hok te slaan

Dit is van uiterste belang om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer, maar daar is ook ander maniere om te vermy dat jy ooreet.

Hier is ‘n paar wenke:

  • Eet ‘n ontbyt met baie proteïene.
  • Eet elke maaltyd op ‘n spesifieke plek. Moenie voor jou rekenaar of die TV eet nie.
  • Eet stadig. Koester elke happie.
  • Stop jou koskaste vol gesonde verversings.
  • Drink baie water.
  • Gebruik kleiner borde. Mense eet oor die algemeen alles wat hulle vir hulself opdis. As jy kleiner borde gebruik, sal jy minder eet.
  • Doen iets wat jou aandag aflei. In plaas daarvan om jou tyd in die kombuis of kitskosrestaurant deur te bring, doen iets pret. Werk in die tuin, gaan stap of begin ‘n nuwe kreatiewe projek.
  • Probeer nuwe, gesonde resepte. Hou jou kos interessant met ‘n verskeidenheid kruie en speserye.

Samevatting

Dit is moeilik om oormatige eet te bekamp. Maar jy kan jou honger beheer! Moenie te hard op jouself wees wanneer jy kos eet wat bloedsuikerspieke veroorsaak nie. Eerder as om hard op jouself te wees, kry die hulp wat jy nodig het. Praat met jou dokter oor die aanpassing van jou medikasie en probeer Manna Blood Sugar Support.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters