Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Die Behandeling van Insulien Weerstandigheid.

Insulien Weerstandigheid

Insulienweerstandigheid is een van die gesondheidsprobleme wat die vinnigste aan die toeneem is – en mense besef nie eers hulle het dit nie.

Meeste mense weet dat hoë insulien vlakke lei tot diabetes, maar wat van insulien weerstandigheid?

Wat presies is insulien weerstandigheid?

Om beter te verstaan wat insulien weerstandigheid is, moet ons eers kyk na die eintlike oorsaak van die probleem. En dit is iets wat “insulien sensitiwiteit” genoem word.

Om dit eenvoudig te stel, is insulien sensitiwiteit hoe maklik en effektief die liggaam se selle reageer op die funksie van insulien.

Insulien is die hormoon wat verantwoordelik is daarvoor om die bloedsuiker vlakke stabiel te hou. Insulien doen dit deur oortollige glukose (soos wanneer ons kos eet met suiker in) in die liggaam te neem en dit te stoor in die selle as vet, of om dit om te skakel in bruikbare energie.

Maar hier is die probleem…

Wanneer die liggaam heeltyd meer insulien moet vrylaat om die bloedsuiker vlakke stabiel te hou, soos wat nodig is met ons hedendaagse manier van eet, word die selle minder en minder sensitief teenoor die insulien. En as dit so aanhou, word die selle heeltemal weerstandig teen die insulien, en dit is dan waar die naam insulien weerstandigheid vandaan kom.

Insulien weerstandigheid verhoog die kans van verskeie ander gesondheids probleme, soos hoë bloeddruk, hoë bloedsuiker vlakke, angs, depressie, hartsiekte, slapeloosheid, en dan natuurlik die mees algemene een – toename in gewig en vetsug.

Gelukkig is daar maniere om jou liggaam se sensitiwiteit teenoor insulien weer te verhoog, en insulien weerstandigheid te bestry…

1. Eet gesond

Volg ‘n gesonde, gebalanseerde manier van eet. Dit is noodsaaklik wanneer mens probeer om die liggaam se insulien sensitiwiteit te verbeter.

Probeer so ver moontlik weg bly van verfynde koolhidrate en suiker af, want hierdie is die kosse wat ‘n skielike toename van insulien in die liggaam veroorsaak, en insulien weerstandigheid vererger.

Pasop ook vir kitsdiëte. Hulle mag jou dalk help om vinnig ‘n paar kilos af te skud, maar daai gewig kom gewoonlik net so vinnig weer terug.

2. Kry genoeg oefening

Die mees effektiewe manier om te oefen is deur kardio- en weerstand oefening te kombineer. Jy moet minstens 30-40 minute, ten minste 3 keer per week inpas om voordeel daaruit te trek.

3. Verloor onnodige gewig

Alhoewel gesond eet en oefen reeds ‘n goeie bydrae sal lewer tot hierdie punt, is dit net so belangrik om seker te maak jy bly op jou doelgewig. Dit is ‘n baie goeie manier om seker te maak die liggaam is meer sensitief teenoor insulien.

Die idee is om ‘n gesonde leefstyl te volg wat volhoubaar is in die langtermyn.

4. Slaap meer en slaap beter

Maak seker om minstens 7-8 ure per aand te slaap.

Ontwikkel ‘n goeie roetine waar jy elke aand dieselfde tyd gaan slaap, en elke oggend dieselfde tyd opstaan. Maak seker dat jou kamer opgestel is vir goeie slaap omstandighede, en dat dit nie te warm of koud is nie. Sit jou foon neer en jou TV af as dit jou laat in die aand wakker hou en jou slaappatroon kan omver gooi.

5. Beheer en verminder stres

Dit is dalk makliker gesê as gedaan. Probeer sover moontlike stresvolle situasies vermy, omdat hoë stres vlakke ‘n groot rol speel in insulien sensitiwiteit, maar dit is nie altyd moontlik om stres te vermy nie. Daarom is dit belangrik om te leer hoe om jou stres behoorlik te beheer. Daar is verskeie maniere hoe jy dit kan doen, en dit kan enige iets wees wat jou laat kalmeer. Goeie voorbeelde is ‘n stokperdjie wat jou rustig maak, tyd te spandeer saam met vriende of familie, of selfs net om bietjie tyd alleen te vat en af te skakel.

6. Manna Blood Sugar Support

Hierdie ongelooflike produk help om die bloedsuiker vlakke stabiel te hou, wat uiters belangrik is wanneer jy insulien weerstandigheid probeer bestry.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters