Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

5 Gevare Van Diabetes

5 Gevare Van Diabetes

Diabetes moet nie ligtelik opgevat word nie…

Baie van ons besef nie hoe ernstig die gevare van diabetes is nie. So asof dit maar net ‘n effense ongerieflike situasie sou wees om in te beland.

Maar die feit is dat dit eintlik ‘n bitter ernstige saak is. As diabetes nie beheer word nie kan dit lei tot verskeie ernstige gesondheid probleme wat die volgende kan beïnvloed:

  • Hart en bloedvate
  • Die oë
  • Die niere
  • Hande en voete
  • Die tande

Kom ons kyk watter gevare diabetes inhou vir elkeen…

1. Hartsiekte en bloedvatsiekte

Hartsiekte en bloedvatsiekte is die mees algemene komplikasies wat mense met onbeheerde diabetes in die gesig staar. Diabetes kan ook swak bloedvloei in die bene en voete veroorsaak. Dit verhoog ook die risiko vir beroerte en hartaanval geweldig baie. Bloedvat skade of senuwee skade kan ook voet probleme veroorsaak, wat tot amputasies kan lei. Wat hierdie probleme so gevaarlik maak is dat daar nie eintlik sigbare simptome betrokke is nie.

2. Die oë en sig

Diabetes is een van die grootste oorsake van blindheid in volwassenes – en teen die trant wat diabetes groei, seker een van die dae in kinders ook! Dit kan ‘n aantal oog probleme veroorsaak, waarvan sommige kan eindig in blindheid indien dit nie behandel word nie.

Diabetes oog probleme sluit in:

  • Gloukoom
  • Katarakte
  • Diabetiese retinopatie

Simptome van diabetiese oog probleme begin gewoonlik met die sig of visie wat bietjie vaag en versteurd lyk. Dit kan ook gevolg word, of selfs gepaard gaan, met oog pyn.

3. Niersiekte en probleme

Diabetes is die hoofoorsaak van nierversaking in volwassenes. Dit alleen veroorsaak byna die helfte van nuwe gevalle van niersiekte en nierversaking. In die vroeë stadium van nier probleme is daar nie eintlik sigbare tekens nie. So dit is gewoonlik moeilik om dit vroeg al op te tel. In latere stadiums gaan niersiekte gewoonlik gepaard met swelling in die bene en voete.

4. Hande en voete

Met verloop van tyd kan hoë bloedsuiker vlakke die senuwees afbreek. Dit kan lei tot verlies van sensasie of gevoel – wat gewoonlik in die tone begin. Hierdie kan later verander in pyn en of ‘n brand-gevoel in die hande, en nog meer die voete. Tussen 60–70% van die mense met diabetes het een of ander vorm van senuwee skade. Diabetes-verwante senuwee skade kan ook pyn in die bene, arms, en hande veroorsaak. En verder kan dit probleme met voedsel-vertering, toilet toe gaan, of seks hê veroorsaak.

5. Tande

Mense met diabetes het ook ‘n hoër risiko vir tand probleme. Om jou diabetes onder beheer te hou, gereeld jou tandarts te besoek, en ‘n goeie tand-versorging roetine te volg, kan help om jou tande en tandvleis te beskerm teen probleme soos tandvleissiekte en tande wat uitval.

Wat veroorsaak hierdie diabetes probleme?

Hierdie probleme word veroorsaak deur skade aan die bloedvate en die senuwees. Maar as ons kyk na die oorspronklike oorsaak van dié skade, kom dit neer op hoë bloedsuiker vlakke.

Wat kan ek doen om gevare van diabetes te voorkom?

Siende dat konstante hoë bloedsuiker vlakke die hoof oorsaak is van al hierdie gevare en probleme wat gepaard kom met diabetes, is dit eintlik eenvoudig om te verstaan wat mens moet doen daaraan.

Die eenvoudige antwoord is: Balanseer jou bloedsuiker vlakke. Sodra mens jou bloedsuiker vlakke beheer, is jy besig om die kern oorsaak van al hierdie probleme aan te spreek.

Hoe balanseer ek my bloedsuiker vlakke?

1. Eet gesond

Bly weg van kits-diëte, en volg eerder ‘n gesonde en gebalanseerde manier van eet, wat volhoubaar is in die lang termyn. Gebruik ’n beplande eetplan wat spesifiek vir diabetes-vriendelike kosse ontwerp is.

2. Word meer aktief

Oefening het soveel verskeie voordele – en een van hulle is om te help sorg dat jou bloedsuiker vlakke gebalanseerd bly. Maak seker om ten minste 3 keer per week, vir minstens 30 minute op ‘n slag te oefen.

3. Gebruik Manna Blood Sugar Support

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete – dit is seker die maklikste en mees effektiewe wenk.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou, moet jy ook probeer vermy om dinge te eet wat jou bloedsuikervlakke laat styg. Volg ’n gesonde en konsekwente eetplan. Neem dan ’n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete – dit sal help om jou bloedsuiker vlakke onder beheer te hou.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters