Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

5 Gevaar Tekens Van Insulien Weerstand

5 Gevaar Tekens Van Insulien Weerstand

Insulien weerstandigheid word by die dag ‘n groter probleem.

Maar wat is die tekens van insulien weerstand? Wanneer weet iemand dat hulle dit het?

Voordat ons kyk na die gevaar tekens, kom ons kyk eers wat presies insulien weerstandigheid is…

Wat is insulien weerstand?

Kos word gewoonlik in die vorm van suiker in die bloedstroom opgeneem. Hierdie toename in die bloedsuiker vlakke veroorsaak dan dat die pankreas ‘n hormoon, insulien, afskei. Insulien klou dan vas aan die selle en verwyder suiker uit die bloedstroom sodat dit vir energie gebruik kan word.

In die geval van insulien weerstand kan die liggaam se selle nie so effektief op die insulien reageer nie soos dit moet nie, en dit beteken dat die suiker nie vir energie gebruik kan word nie. Die liggaam stoor dit dan in die selle as vet.

5 Tekens van Insulien Weerstand:

Die tekens en simptome van insulien weerstand verskil van persoon tot persoon, maar die 5 mees algemene en gevaarlikste tekens is:

1. Hoë bloeddruk.

Dit is nog nie seker presies hoe en wanneer dit plaasvind nie, maar studies het bewys dat hoe hoër die bloeddruk, hoe erger insulien weerstand. Maar as jou bloeddruk te hoog is is dit ‘n baie goeie idee om so gou as moontlik jou insulien vlakke te laat toets.

2. ‘n Groter middellyf

Insulien weerstand loop gewoonlik hand-aan-hand met gewigstoename. Dit is veral gevaarlik om ekstra gewig rondom die middel te dra, so wees op die uitkyk vir wanneer jou middel groter as 95cm (mans) of 88 (vrouens) is.

3. Aknee.

Insulien weerstandigheid kan maak dat ‘n volwassene se gesig lyk soos dié van ‘n tiener. ‘n Skielike uitbraak van aknee is gewoonlik ‘n baie duidelike teken van insulien weerstandigheid. Dit kan ook voorkom op die bors, rug, en nek.

4. Vetsug.

Dit is meer as net ‘n groter middellyf. Vetsug lyers tel soms gewig op sonder dat hulle kan verduidelik hoekom. Maar die rede daarvoor is dat insulien weerstand en vetsug hand aan hand gaan. Dit word gewoonlik gesien as groot hoeveelhede oormaat liggaamsvet, veral rondom die maag. Vetsug en insulien weerstand vorm ‘n bose kringloop, waar vetsug tot insulien weerstand kan lei, en andersom.

5. Vleismoesies.

Dit is nou soos die Engelse taal sê “skin tags” en word dikwels op dieselfde plekke gevind as acanthosis nigricans. Vleismoesies is klein vel-knoppies wat so klein kan wees soos ‘n puisie, maar ook so groot soos ‘n albaster. Dit is gewoonlik dieselfde kleur as die vel, maar kan soms donkerder ook wees.

Hoe Word Insulien Weerstand Gediagnoseer?

Daar is nog nie ‘n eenvoudige toets om insulien weerstand te diagnoseer nie. Hier is egter ‘n paar van die faktore wat jy in gedagte moet hou wanneer jy insulien weerstand diagnoseer:

  • Bloeddruk van 130/85 of hoër.
  • ‘n Middellyf omtrek van 100cm of meer by mans of 88cm of meer by vroue.
  • Trigliseriedevlakke hoer as 2.2mmol/L.
  • ‘n HDL (goeie cholesterol) vlak van minder as 1.3mmol/L vir mans en 1.5mmol/L vir vroue.
  • Bloedglukosevlakke tydens vas van 5.5mmol/L of hoër.

Hoe kan mens dit behandel of voorkom?

Die beste manier om insulien weerstandigheid onder beheer te hou is deur ‘n paar eenvoudige leefstyl veranderinge aan te bring.

Dit sluit in:

Oefening –

Oefen vir ten minste 30 minute per dag, vyf dae ‘n week.

Gewig –

Bereik en behou ‘n gesonde gewig.

Dieët –

‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieët word aanbeveel.

Manna Blood Sugar Support –

Hierdie natuurlike produk help vir insulien weerstandigheid omdat dit help om die bloedsuiker vlakke onder beheer te hou.

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

What do customers say about Manna Blood Sugar Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I have never used this product before but must say that with a Blood Sugar Reading of over 20 I now dropped to below 10 in one week and making use use of no other medication at all. It is simply the best product ever. Tx Manna for a great product. A real life changer

— Richard (Takealot)

The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS

— Liana

My Diabetes medications were making me ill, so I bought Manna Blood Sugar Support and it has worked very well, keeping my readings stable. I would readily recommend this product. The support I have received from Manna Health has been wonderful.

— Alma Marshall

I have been using the product for 17 days and can not believe the results I am getting. I have lost 3kg already! not to mentiont the Low GI Strawberry shake in my smoothies just amazing!

— Babara Pieters