Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Sorg vir Jou Ingewande Gedurende die Feestyd

Take care of your gut during the festive season

Moenie toelaat dat maagkrampe of ‘n omgekrapte maag jou feesvieringe kortknip nie.

Ryk kosse en verversings vol suiker word dikwels tydens die feestyd geniet. Hierdie kosse is sowaar smullekker en jy kom dalk nie eers agter hoeveel jy eet nie maar kort voor lank sit jy met gebakte pere.

Ongemak en pyn weens spysverteringprobleme kan ‘n demper op jou tyd saam met geliefdes sit.

Die beste manier om buikprobleme gedurende die feesseisoen te ontduik, is om op die verdediging te wees.

“Hoe doen ek dit?” wonder jy dalk.

Die antwoord: Deur goed na jou dermflora om te sien.

7 maniere om vir jou ingewande te sorg gedurende die feesseisoen

  1. Begin jou feesdae met ‘n hupstoot – eet kosse met probiotika

    Begin jou dag deur kos met probiotika te eet. Goeie keuses sluit kefir of Griekse jogurt in, aangesien hierdie suiwelprodukte vol noodsaaklike voedingstowwe en gesonde bakterieë is wat help om jou dermflora te balanseer.

    Deur jou dag met probiotika te begin, voorsien jy jou ingewande van voordelige bakterieë wat kan help met vertering. Dit is veral voordelig op ‘n dag vol feesmaaltye.

  2. Weet watter kosse is sondebokke

    Baie van die gewildste vakansiekos (en drankies) is propvol vet en suiker en kan dermprobleme veroorsaak.

    Dink aan watter kosse jou dermgesondheid in die verlede negatief beïnvloed het. Maak ‘n lys van hierdie items en probeer om hierdie kosse tydens die feesseisoen te vermy.

    Kies kosse wat jou laat goed voel en vertering vergemaklik om dermskade te vermy.

  3. Moenie te veel eet nie

    Eerder as om enorme hoeveelhede voedsel op jou bord te stapel, volg die bordmetode.

    Hierdie metode help om jou porsies te beheer en kan ook help om minder van daardie sondebokke te eet wat jou maag laat krap en pyn.

    Hoe om die bordmetode te volg:

    • Vul die helfte van jou bord met vrugte en groente
    • Vul een kwart met proteïene
    • Vul ‘n kwart met koolhidrate

    Die beste manier om gedurende die vakansie gesond te eet, is om selfbeheersing toe te pas.

    Natuurlik moet jy die feestelikhede ter harte geniet, maar doen dit met matigheid voor oë. As jy ooreet kan jy opgesaal sit met spysverteringsprobleme soos gas, opgeblasenheid en sooibrand. Die eet van te veel snellervoedsel, soos versadigde vette en suiker, kan ook hierdie probleme vererger.

    Dit neem ongeveer 20 minute vir jou brein om te registreer dat jy versadig is. Om bewustheid te beoefen terwyl jy eet, kan jou help om nie te veel te eet nie.

    Hoe raak ek meer bewus van wat ek eet?

    • Sit jou vurk tussen happies neer
    • Drink water tussen happies
    • Kou jou kos deeglik voor jy sluk
  4. Beweeg jou liggaam

    Gereelde oefening kan help met jou spysvertering.

    Deur bloot te loop, sal help dat voedingstowwe vinniger deur jou ingewande beweeg. Beweging verminder die waarskynlikheid van sooibrand en opgeblasenheid.

    As jy nie tyd het vir jou gewone oefenroetine nie, probeer om bietjie beweging in jou feesdag saam met geliefdes in te sluit.

    Jy kan na ete gaan stap, dans, swem of tuinwerk doen.

  5. Spandeer tyd saam met mense wat jou ontspanne laat voel

    ’n Studie van 2019 het gefokus op die effek wat skoonfamilie op dermgesondheid het tydens die feesseisoen.

    Interessant genoeg het die studie gevind dat aandete saam met die skoonfamilie ‘n afname in ‘n bakterie genaamd Ruminococcus tot gevolg gehad het.

    Om minder van hierdie bakterieë te hê, word geassosieer met sielkundige stres en depressie. Dit dui daarop dat stres wat geassosieer word met die besoek van skoonfamilie gedurende die vakansie die dermmikrobioom kan verander.

    Meer navorsing moet gedoen word oor hierdie onderwerp en hoe stresvolle verhoudings jou ingewande beïnvloed.

    Die belangrikste wegneempunt: Dit is die heel beste vir jou gesondheid om tyd deur te bring saam met mense in wie se teenwoordigheid jy gemaklik voel, of dit jou skoonfamilie is of nie.

    Twee addisionele studies het ontdek dat ‘n groter sosiale kring en meer sosiale ondersteuning tot groter dermdiversiteit lei.

    Hierdie bevindinge dui daarop dat om sosiaal te wees en meer tyd saam met geliefdes deur te bring ‘n voordelige impak op dermgesondheid en die diversiteit van jou dermmikrobioom kan hê.

  6. Drink water

    Deur water te drink help jy jou liggaam om afval uit te spoel en bloeddruk te reguleer.

    Water is ook noodsaaklik vir ‘n gesonde derm en goeie spysvertering.

    Drink ’n glas water voor jou groot feesmaal en neem slukkies water tydens die ete. Dit sal help om jou gehidreer te hou en kan ook help dat jy nie te veel eet nie.

    As jy nie daarvan hou om water te drink nie, geur jou water op natuurlike maniere, soos kruisement of skywe suurlemoen, by jou water te voeg.

    Jy kan ook warm water drink na jou ete.

    Sommige mense glo dat die drink van warm water met vertering kan help. Dit is omdat warm water die vermoë het om voedsel af te breek wat die liggaam sukkel om te verteer.

  7. Beperk alkohol

    Gedurende die vakansieseisoen, geniet baie van ons wyn of skemerkelkies tydens sosiale geleenthede en saam met familie.

    Oormatige alkoholverbruik kan egter jou spysverteringstelsel negatief beïnvloed. Dit kan lei tot probleme soos diarree, gas en opgeblasenheid.

    Studies het ook gevind dat alkoholmisbruik die balans van voordelige en skadelike bakterieë in die ingewande kan versteur.

    Let veral op die volgende wenke wanneer jy alkohol drink:

    Moet nooit alkohol op ‘n leë maag drink nie

    Deur alkohol te drink sonder om kos te eet, kan dit die impak op die liggaam versterk. Waarvan jy dalk onbewus is, is dat dit ook jou dermvoering verswak, wat dit meer vatbaar maak vir skade. Om beide jou dermvoering en dermflora te beskerm, maak seker dat jy eet voordat jy ‘n alkoholiese drankie geniet.

    Kies vir gesonder alkoholiese drankies

    Hoë-gehalte tequila is eintlik ‘n prebiotiese drankie, gemaak van gefermenteerde agave. Dit het ook ‘n paar ander gesondheidsvoordele, insluitend die vermoë om te help om jou bloedsuiker te stabiliseer.

    Rooiwyn is ook ‘n gesonder opsie. Dit bevat antioksidante en polifenole (wat help om jou dermflora te diversifiseer). Alhoewel rooiwyn soet is, is die suiker natuurlik.

Samevatting

Suikerige en ryk feeskos kan jou spysvertering belemmer. Sorg goed vir jou ingewande gedurende die vakansie sodat jy nie pyn en ongemak hoef te ervaar weens probleme met jou spysvertering nie.

Gut Support

Kry natuurlike verligting van derm- en spysverteringsprobleme

Manna Gut Support

Manna Gut Support help om bakterie (goeie flora) in jou spysverteringstelsel en om noodsaaklike verteringsensieme te herstel wat help om jou spysverteringskanaal gesond te hou en jou immuunstelsel te versterk.

What do customers say about Manna Gut Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

After many years struggling I finally got a product that actually works. This is really good for the gut. No more bloating, gas and stomach cramps. But the big positive is no more getting constipated. If I could give 10 stars I would

— Gloria (Takealot)

After spending thousands on products to get my gut right, I failed! I found this product 3 weeks ago. it has changed my life, I no longer battle to go to the toilet, my stomach feels amazing, lighter and healthier. I highly recommend this. I take one in the morning, one in the evening

— Melissa (Takealot)

I have been struggling with acid reflux for years. Manna Gut Support helps me to sleep peacefully, with no acid reflux during the night.

— ADRI

with my gluten intolerance and IBS I cannot live without this product. Good value for money

— Florny (Takealot)

Love this product. My husband who has an autoimmune disease has been struggling with his stomach for years. Since taking Gut Support those issues are gone.

— Annalie Harris

After just 10 days of use of the Gut Support, I have tremendous improvement, having Celiac Disease, this is the first product which actually works! Congratulations Manna Health.

— Gertruida Lubbe