Maagprobleme kan ongemaklik en vernederend wees.
Verteringsprobleme soos prikkelbare derm sindroom, hardlywigheid, sooibrand en suur begin alles by wat ons in ons mond sit. Ons dieët kan ‘n groot uitwerking op ons ingewandsgesondheid hê.
Soms los die regte dieët alleen egter nie die probleem op nie.
Hier is ‘n paar eenvoudige natuurlike hulpmiddels wat kan help om jou verteringsprobleme te behandel:
-
Tee:
Buiten dat ‘n koppie tee jou kan help ontspan na ‘n lang dag, kan sommige soorte tee voordelig vir jou maag wees.
- Gemmer tee: Daar word gereeld hierna verwys as die tonikum van die maag. Gemmer tee kan help met omgekrapte maag, maagkrampe en naarheid.
- Kamille tee: Kamille tee is ‘n tee wat help met ontspanning. Dit kan help met dinge soos gas, opgeblasenheid, krampe, diarree en hardlywigheid.
- Peperment tee: Dit is ‘n wonderlike opsie om sooibrand te verlig en gas te verminder.
-
Aloe Vera:
Aloe vera sap is ‘n goeie bron van baie vitamiene, minerale en ander voedingstowwe. Dit is baie effektief om maag- en verteringsprobleme te behandel.
Dit is ‘n wonderlike manier om sooibrand en suur te voorkom, want dit vorm ‘n dun, beskermende lagie aan die binnewande van die slukderm.
Jy word aangeraai om ‘n glas hiervan soggens na ontbyt te drink, en dan weer saans net voor jy gaan slaap.
-
Probiotika:
Hulle is klein mikro-organismes wat in die spysverteringstelsel leef. Daar word gereeld na hulle verwys as “goeie bakterieë”.
Baie verteringskwessies is geneig om sommige van hierdie probiotika te vernietig, wat infeksies en ander gesondheidsprobleme kan bevorder. Vervang dit deur kosse soos joghurt, kefir, maaskas, verouderde kase, miso, koringgras en spirulina te eet.
-
Papaja en Pynappel Vrugte Ensieme:
Papaja bevat ensieme soos papaien en chymopapain wat help om die spysverteringstelsel skoon te maak en simptome soos opgeblasenheid, winderigheid en naarheid te beveg.
Die belangrike ensiem in pynappels is bromelien. Dit help om proteïene in ander kosse af te breek, wat vertering verbeter en ongemak verminder.
Vinnige wenke om verteringsprobleme te behandel
- Kou anyssade vir spysvertering.
- Drink houtskoolkapsules vir gas en diarree.
- Swart pruim (jamun vrug) help met spysvertering.
- Verhoog jou veselinname vir diarree en hardlywigheid.
- Drink baie water tussen etes.
Om die “goeie” bakterieë in jou ingewande te herstel, het ons Manna GUT Support geformuleer. Dit bevat noodsaaklike probiotika, belangrike verteringsensieme en die aminosuur L-Glutamien om die dermwand te herstel. Dit help om jou immuunstelsel te versterk, opgeblasenheid te verminder en is ‘n uitstekende natuurlike hulpmiddel teen verteringsprobleme.