Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

7 Maklike Wenke vir Beter Dermkanaal Gesondheid

7 easy ways to care for your gut flora

Laat jou goeie bakterieë floreer vir beter gesondheid.

Die mikro-organismes wat in jou ingewande woon, staan bekend as jou dermflora. Hierdie miljoene klein derm-goggas sluit bakterieë, swamme en virusse in. Daar is byvoorbeeld meer as 1000 spesies bakterieë wat jou ingewande hul tuiste noem. Sommige bakterieë verbeter jou gesondheid (goeie bakterieë) terwyl ander (slegte bakterieë) gesondheidsprobleme kan veroorsaak.

Daar sal altyd goeie en slegte inwoners in jou ingewande wees. As skadelike bakterieë eksponensieel groei, sal jou dermflora uit balans wees en die gevolge hiervan kan verreikend wees. Net soos om ‘n huis te verhuur, wil jy graag hê dat huurders na die eiendom moet omsien. Leer hoe om balans in jou derms te herstel sodat die goeie goggas kan help om na jou gesondheid om te sien.

Hoe help ek voordelige bakterieë groei?

Om ‘n gesonde balans in jou ingewande te handhaaf is soos om vir jou grasperk te sorg. Om ‘n stukkie gras te los om vir homself te sorg, sal nie die resultate lewer wat jy wil hê nie – jy sal nie kort, welige, lowergroen gras hê nie. Jou dermflora sal ook nie natuurlik herstel as dit uit balans is nie.

Hoe kry ek my goeie goggas aan die floreer?

  1. Eet kosse ryk aan prebiotika, probiotika en polifenole.
    Prebiotika is soos kunsmis wat goeie dermbakterieë help groei. Baie plantgebaseerde voedsel soos piesangs, neute, hawer, knoffel en bone is ryk aan prebiotika.
    Probiotika is lewende organismes wat uit bakterieë en gis bestaan. Die neem van probiotika sal help om jou dermflora te diversifiseer. Hoe meer divers jou dermflora is, hoe gesonder sal jou ingewande wees. Gefermenteerde kosse soos jogurt, kombucha en kefir bevat reeds nuttige bakterieë.
    Polifenole is verbindings in sekere plant-gebaseerde voedsel. Hierdie verbindings kan nie deur die menslike liggaam verteer word nie, maar wanneer voordelige bakterieë die kosse afbreek, bevorder dit die groei van hierdie bakterieë. Voedsel wat ryk is aan polifenole sluit amandels, uie, bloubessies en broccoli in.
  2. Eet meer vesel
    Anders as perde, olifante of koeie, kan ons geen voedingstowwe uit vesel onttrek nie, maar sekere voordelige bakterieë kan dit wel verteer, en dit help hulle om te vermeerder. Voed jou goeie derm-bewoners met hoë-vesel kosse soos frambose, artisjokke, groen ertjies, broccoli, kekerertjies en lensies sodat hulle kan vermeerder.
  3. Oefen
    Oefening het ‘n direkte invloed op jou dermbakterieë. En jou bakterieë verbeter op hul beurt jou weefselmetabolisme, kardiorespiratoriese fiksheid en insulienweerstandigheid. Navorsers het bevind dat die beste oefening om te doen aërobiese oefeninge is soos swem, fietsry, dans, stap, roei en hardloop.
  4. Neem aanvullings
    Probiotiese aanvullings is nie die uiteindelike oplossing vir dermgesondheid nie. Bewyse dui egter daarop dat aanvullings die groei van nuttige bakterieë kan bevorder. Dit is veral voordelig om ‘n aanvulling te neem as jy antibiotika neem, aangesien antibiotika nie net slegte bakterieë doodmaak nie, maar ook voordelige bakterieë.
  5. Kyk na jou geestesgesonhdeid
    As jou dermflora ongebalanseerd is, kan dit jou bui beïnvloed. Depressie en angs kan jou dermflora beïnvloed, maar die omgekeerde is ook moontlik – jou dermflora kan jou geestesgesondheid beïnvloed. Vind manier wat vir jou werk, om na jou geestesgesondheid om te sien.
  6. Kom in die natuur
    Soos hierbo genoem, kan angs jou dermflora verander. ’n Eenvoudige manier om stres te bekamp, is bloot deur tyd in die buitelug deur te bring. Studies het ook getoon dat om in mikroryke omgewings groot te word—soos op ’n plaas—kinders teen chroniese siektes kan beskerm.
  7. Laat vaar die Westerse dieet
    Die Westerse dieet bestaan uit ‘n beperkte hoeveelheid bestanddele en is vol hoogs verwerkte, suikerryke kosse wat min vesel bevat. Slegte bakterieë floreer op hierdie dieet en dit kan tot ontsteking lei.
    As jy die diversiteit van jou dermflora wil verhoog, moet jy ’n diverse reeks voedsel eet. Baie mense glo dat die Mediterreense dieet die beste is vir jou ingewande. Hierdie dieet fokus op die inname van ‘n verskeidenheid groente, volgraan en gesonde proteïene soos bone en neute. Jy kan ook baie vrugte van alle kleure eet (kies veselryke vrugte soos appels, brame en frambose).

Samevatting

Probleme met ingewande het verreikende gesondheidskomplikasies – van die ontwikkeling van Prikkelbarederm-sindroom tot geestesprobleme. Voed jou goeie goggas met ‘n verskeidenheid vrugte en groente wat hoog in vesel is. Sorg ook om jou inname van prebiotika, probiotika en polifenole te verhoog. Ontspan deur tyd in die natuur deur te bring en probeer om genoeg oefening te doen. Laat daardie goeie goggas floreer sodat hulle jou kan help om gesond te bly.

Gut Support

Kry natuurlike verligting van derm- en spysverteringsprobleme

Manna Gut Support

Manna Gut Support help om bakterie (goeie flora) in jou spysverteringstelsel en om noodsaaklike verteringsensieme te herstel wat help om jou spysverteringskanaal gesond te hou en jou immuunstelsel te versterk.

What do customers say about Manna Gut Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

After many years struggling I finally got a product that actually works. This is really good for the gut. No more bloating, gas and stomach cramps. But the big positive is no more getting constipated. If I could give 10 stars I would

— Gloria (Takealot)

After spending thousands on products to get my gut right, I failed! I found this product 3 weeks ago. it has changed my life, I no longer battle to go to the toilet, my stomach feels amazing, lighter and healthier. I highly recommend this. I take one in the morning, one in the evening

— Melissa (Takealot)

I have been struggling with acid reflux for years. Manna Gut Support helps me to sleep peacefully, with no acid reflux during the night.

— ADRI

with my gluten intolerance and IBS I cannot live without this product. Good value for money

— Florny (Takealot)

Love this product. My husband who has an autoimmune disease has been struggling with his stomach for years. Since taking Gut Support those issues are gone.

— Annalie Harris

After just 10 days of use of the Gut Support, I have tremendous improvement, having Celiac Disease, this is the first product which actually works! Congratulations Manna Health.

— Gertruida Lubbe