Kan mens ooit genoeg doen om menopousale warm gloede af te weer?
Menopousale warm gloede kan regtig ‘n demper op jou dag plaas – of ‘n goeie nagrus in ‘n nagmerrie laat ontaard.
Meeste mense sal vir jou kan sê watter kosse om te vermy wanneer jy met warm gloede sukkel. Maar hulle sê nie vir jou watter kosse jy moet eet om dit te beveg en beheer nie.
Die 7 kosse wat warm gloede die beste beveg is:
-
Soja melk
Soja melk bevat hope fito-estrogene. Hierdie estrogeen-agtige stowwe help om gloede te beheer. Fito-estrogene boots sommige van die biologiese aktiwiteite van die vroulike hormone na, wat help om gloede by baie vroue te laat afneem. Die beste en veiligste manier om soja in te neem is om heel soja produkte, soos soja melk of tofu, by jou dieët in te sluit.
-
Volgraan
Volgraan soos gort, hawer en bruinrys bevat baie vesel. Dit is goed, omdat vesel help om warm gloede te verlig. Vesel absorbeer water, wat help om die stoelgang sag te hou en vinnige beweging van stowwe deur die ingewande te bevorder.
- Voorkom ooreet en kosdrange
- Vertraag die verteringsproses
- Ondersteun gewigsverlies
- Bevorder gereelde dermbewegings
- Help om normale bloedsuiker en insulienvlaktes te handhaaf
Vrugte en groente soos appels, piesangs, kool en broccoli bevat ook vesel wat kan help om warm gloede te verminder of uit te skakel.
-
Laevet joghurt
Hierdie kalsium-ryke kos kan help om menopousale warm gloede te verminder. Kalsium verwyder oortollige estrogeen uit die lewer en help om beendigtheid te behou. Ander kalsiumbronne sluit in sardientjies, melk, kaas en raapblare.
-
Lewer
Lewer bevat baie foliensuur (vitamien B9), wat warm gloede help verlig deur versteurings in die breinseine aan te spreek wat veroorsaak word deur dalende estrogeen. Dit werk amper so goed soos estrogeenvervangingsterapie.
-
Blaargroente
Blaargroente soos spinasie is ’n vegetariese alternatief tot lewer en ook ’n goeie bron van foliensuur. Ander bronne sluit in gedroogde bone, rys, aspersies en avokado.
-
Pynappels
Pynappels is ryk aan vitamien C, wat help om warm gloede te verminder. Vitamien C is ’n anti-oksidant wat selle beskerm en hormonale oksidatiewe stres verlaag. Ander bronne sluit in pomelo’s, lemoene, aartappels en broccoli.
-
Okkerneute
Okkerneute is ’n uitstekende bron van Omega-3 vetsure, wat help om warm gloede te beveg deur sellulêre funksies te verbeter. Ander bronne is salm, garnale en tofu.
Natuurlike aanvulling wat help om menopousale warm gloede te verminder:
Manna Menopause Support is geformuleer met fito-estrogene, soja isoflavone, kalsium en vitamien D om simptome soos warm gloede natuurlik te beveg.
Hierdie aanvulling help om:
- Warm gloede te verlig
- Gemoedskommelinge te balanseer
- Energie en stamina te verhoog
- Libido te verbeter
- Vaginale droogheid te verminder
- Dieper slaap te bevorder
- Geheue en breinfunksie te ondersteun
- Stres te beheer
- Osteoporose te verminder