Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Menopouse? Eina!

Menopous?! Eina!

Hier is ‘n paar Menopouse probleme en oplossings.

1. Warm Gloede, Koue Gloede

Warm gloede, is die liggaam se reaksie op ‘n afname in die hormoon estrogeen, wat natuurlik voorkom as vroue se menopouse begin loer. Nie alle Evas ervaar warm gloede nie, maar meer as die helfde doen wel.

By sommige dames, daal die estrogeen vlakke geleidelik, die liggaam produseer minder estrogeen. Daar is ook vroue wie se eierstokke, estrogeen produksie summier en sonder waarskuwing staak. Vir hierdie vroue, kan warm gloede ‘n ware wipplank-rit te wees. En dan is daar die nag se weergawe van warmgloede bekend as nagsweet.

2. Nagsweet

Nagsweet is die aand neef van warm gloede, maar tipies meer intens. Dit is nie ‘n slaap disfunksie nie maar wel ‘n sweet disfunksie wat plaasvind tydens jou nagrus as gevolg van menopouse.

3. Ek huil vir niks!

Net ‘n iemand wat al op ‘n rollercoaster was weet hoe vinnig dit op en af kan gaan. Op en af buie, is eie aan menopouse. En die rollercoaster hou nie op met ry nie! Die buierigheid as gevolg van wip plank emosies is intens, skielik en buite beheer.

Chroniese en erge buierigheid is ‘n sielkundige versteuring, ‘n gesondheids probleem so eg soos ‘n fisiese kwaal. Trouens, soms is dit die gevolg van ‘n fisiese probleem, soos premenstruele sindroom, en daarvoor is OOK ‘n oplossing.

4. Ek is so moeg!

Moegheid is een van die mees algemene simptome van menopouse. Dit is ‘n moegheid wat ‘n gevoel van swakheid en konstante verlaagde energie vlakke meebring. Dit moet onderskei word van lomerigheid,’n lomerigheid wat vir ‘n lekker slaap vra.

DIE moegheid behels ‘n gebrek aan energie, eerder as slaperigheid. En die gevoel van ek kan net nie meer nie, kan enige tyd kom aanklop!

5. My hare bly agter op my borsel?

Ag nee, ek het ‘n snor!

Haarverlies en hare wat minder word, gesigshare wat te veel word kan direk gekoppel word aan ‘n tekort aan estrogeen. Haarfolikels word gevoed deur estrogeen. Soms is dit die eerste teken van menopouse wat kom kuier. DIE haarverlies kan ewe skielik gebeur of gelydelik toeneem, oral oor jou liggaam.

Jou hare kan ook droog en bros voorkom. Haarverlies en uitdun daarvan sluit in hare van die skaamdele.

6. Ek slaap sleg!

In die verlede het dokters geglo dat onderbroke slaap die gevolg is van nagsweet. Onlangse studies het egter bewys dat sulke probleme nie noodwendig met nagsweet of warm gloede te doen het nie maar wel nou verwant kan wees met menopouse.

Navorsing het bewys dat slaap probleme so vroeg as vyf tot sewe jaar voor die aanvang van menopouse kan voorkom.

Wees eerlik met jouself, jou hormoon vlakke gaan jou lewe beïnvloed! (MAAR daar IS HOOP!)

7. Ek is ALWEER ‘n kilogram swaarder!

Gewigstoename tydens menopouse. Gewigstoename, spesifiek ‘n verdikking rondom jou middel, is nog ‘n teken van die hormone wat aan die hardloop gaan. Terwyl ‘n aantal boeke en sommige dokters beweer dat menopouse niks te doen het met gewigstoename nie, vind gewigstoename wel plaas want met die ouderdom word die metabolisme ook stadiger. Daar is studies wat daarop dui dat die wisselende hormoon vlakke direk gekoppel is aan gewigstoename en die herverdeling van vet.

Pas jou dieët aan, oefen meer, gaan stap ‘n entjie saam met jou geliefdes, was jou eie kar, al DIE klein beweginkies kan jou metabolisme vinniger maak. Natuurlike alternatiewe aanvullings kan ook help.

8. Ek is tog SO fyngevoelig!

Benewens talle fisiese effekte is emosionele simptome ‘n algemene kenmerk van die menopousale oorgang.

Trouens, tot 50 persent van alle pre-menopausale vroue ervaar versteurings in hul bui, insluitend irritasie.

Terwyl verskeie faktore kan bydra tot prikkelbaarheid in ons daaglikse lewens, is hormonale skommelinge as gevolg van menopouse dikwels die hoofoorsaak van geïrriteerdheid en ander negatiewe emosionele toestande gedurende hierdie oorgang in ‘n vrou se lewe.

Slaan die simptome van menopouse vir ‘n ses!

1. Verander jou lewenstyl

Baie keer kan ‘n paar eenvoudige veranderinge in jou elke dag se leef groot voordele inhou in die bekamping van die simptome van menopouse en die bereiking van ‘n beter algehele vlak van gesondheid.

Tegnieke om stres te verminder, soos meditasie gekombineer met gereelde oefening en ‘n verbeterde dieët is natuurlike medisyne vir menopouse.

Dieët speel seker die belangrikste rol. Studies het getoon dat ‘n dieët ryk in voedsel wat die bevordering van estrogeen vlakke (soos soja, appels, alfalfa, kersies, aartappels, rys, koring en yams) ‘n belangrike hulpmiddel tot die behandeling van menopouse kan wees.

Laai die gratis Manna Gewigsverlies e-boek af en volg DIE program om gewig te verloor. Daar word ook vertel van hoe om jou dieët aan te pas met voordele vir jou totale gesondheid en welstand.

2. Alternatiewe medisyne

Alternatiewe benaderings behels min of geen risiko en kan ‘n baie doeltreffende manier bied om al 34 menopouse simptome te behandel. Hierdie benadering betrek verskeie terapieë, waarvan kruie aanvallings die grootste deel uitmaak. Manna Menopouse Support is gepak met fito-oestrogenen om hormoon vlakke te verhoog en om die simptome teen te werk.

NB: Onthou indien jy die voorgeskrewe dosis van Mnna Menopouse Support gebruik en jy kry nie verligting van die simptome nie, verhoog die dosis na 4 en selfs 6 capsules per dag, twee met elke ete.

Manna Menopause Support

Oorwin die simptome van menopouse en voel wonderlik!

Manna Menopause Support

Sekere aanvullings kry ons nie in ons daaglikse dieet nie maar mens het hierdie aanvullings nodig om die liggaam se balans tydens menopouse reg te stel.

What do customers say about Manna Menopause Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Amazing product
Ive been using Manna Health for 3 months now and simply can’t function without the menopause support. I can’t use conventional hormone-based menopause remedies due to medical reasons and Manna’s menopause support is the only thing that gets me through the day.

— Michelle O

This product works
Thank you for developing this product that really works. I recommended it to a total stranger the other day!

— Linda Hulley

The product has truly taken away my hot flushes. Extremely happy with the product.

— Lisa

Have been using this product since 2018 after having hysterectomy and it's my go to product for all menopause related symptoms.

— Zanele (Takealot)

This is the first natural supplement that actually helps with hot flushes

— Karen (Takealot)

I was sceptical, but tried it since there were so many good reviews. I can honestly say I was pleasantly surprised and will recommend it to anyone wanting a natural option. Night sweats are no longer an issue😁

— Janine (Takealot)

I would definitely recommend this product. I have been using it for about two years and it is excellent. Assists with hot flushes, mood swings, better sleep. My family and I noticed the difference recently when I ran out😂

— Sue (Takealot)

Manna menopause support has changed my life! Before I was suffering from frequent hot flushes and now I am flush free! Thank you so much!

— June (Takealot)

At last I can get a good night's rest without the pesky nightsweats and hot flushes. Highly recommend this product

— Rene (Takealot)