Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Die Simptome van Hoë Uriensuur Vlakke

Hoe Om Agter Te Kom Wanneer Uriensuurvlakke Toeneem

Te veel uriensuur lei tot allerhande probleme.

Uriensuur verander die pH-balans in jou liggaam. Die suurder pH-vlakke kan probleme soos jig, artritis, nierstene en gewrigspyn veroorsaak. Om hierdie probleme te voorkom en te behandel, is dit belangrik om te verstaan hoe uriensuur in die liggaam opbou.

Hoe vorm oortollige uriensuur?

Uriensuur word gevorm wanneer die liggaam puriene afbreek. Puriene is ‘n proteïen wat in menslike weefsel en ook in sekere kos voorkom. Uriensuur word in die bloed opgelos, en beweeg deur die niere en dan word dit deur die liggaam uitgeskei wanneer jy urineer.

Soms gebeur dit dat die niere nie van uriensuur ontslae kan raak nie. Daar kan ook ‘n oormatige hoeveelheid uriensuur in die bloedstroom wees wanneer jy kos met ‘n hoe purien-inhoud eet. Die oortollige uriensuur kan in die liggaam kristalliseer.
Die gekristalliseerde uriensuur kan in die niere beland in die vorm van nierstene, of in die gewrigte waar dit jig (‘n vorm van artritis) veroorsaak.

Die 3 mees algemene simptome van hoë uriensuurvlakke in die liggaam is:

1. Gewrigsimptome

Oortollige uriensuur lei tot die ontwikkeling van jig. Jig veroorsaak dat gewrigte opswel. Dit kan ook ontsteking en pyn in die gewrigte veroorsaak. Baie mense sê ook dat die gewrig “warm” voel.

Gewrigte wat deur jig aangetas word:

Een van die mees algemene areas wat deur jig aangetas word, is jou groottoon. Dit is ook nie ongewoon dat dit die hakke, enkels, knieë, vingers, polse en elmboë affekteer nie. Jig tas dikwels een gewrig aan, en dan daarna twee of meer verskillende gewrigte.

Hoe lank duur gewrigsimptome?

Die pyn in gewrigte word geleidelik meer en die mees intense pyn kan gewoonlik ongeveer 12 tot 24 uur na die aanvang van simptome ervaar word. Gewrigte kan vir ‘n paar dae of selfs weke ongemaklik voel. Jigaanvalle kan meer gereeld raak en die pyn en ongemak kan vir langer duur. As gewrigsimptome nie behandel word nie, kan dit gewrigte permanent beskadig.

2. Vel Simptome

Na ‘n paar jaar van aanhoudende hoë uriensuurvlakke en jigaanvalle, kan die gekristalliseerde uriensuur klonte onder die vel vorm. Hierdie klonte word uriensuurkristalle (tophi) genoem en is gewoonlik nie pynlik nie. Hulle vorm gewoonlik in die vingers, tone, elmboë en hande. Wanneer jy ‘n jigaanval kry, kan die uriensuurkristalle swel en seer word.

3. Nier Simptome

Soos genoem, kan uriensuur in die niere of die urienweg in nierstene ontwikkel. Hulle is gewoonlik meer algemeen onder mans, en hulle kan lei tot verskeie simptome soos rugpyn, pyn in die buik, erge pyn in die liesarea, ‘n hoë koors, kouekoors, naarheid en braking, en bloed in die urine.

Hoekom word uriensuurvlakke te hoog?

Dit gebeur deur een van – of ’n kombinasie van – twee dinge:
1. Die liggaam produseer te veel uriensuur.
2. Die niere skei dit nie vinnig genoeg uit nie.

Wat is die gevare van hoë uriensuurvlakke?

Hoë uriensuurvlakke lei tot ernstige gesondheidsprobleme, insluitend:

  • Hartsiekte
  • Nierstene
  • Nierversaking
  • Hoë bloeddruk
  • Jig

Wat veroorsaak dat uriensuurvlakke styg?

  • Waterpille (diuretiese medikasie)
  • Drink te veel alkohol, veral rooiwyn.
  • Genetika, dit kan in die familie voorkom.
  • Hipotireose (Onderaktiewe skuldklier)
  • Immuunonderdrukkende middels
  • Niasien, of vitamien B-3
  • Vetsug, oorgewig kan ‘n magdom negatiewe gevolge hê.
  • Psoriase
  • Purienryke dieet — orgaanvleis, wildsvleis, ansjovis, haring, souse, droëbone, gedroogde ertjies, sampioene en ander kosse
  • Die onvermoë van die niere om sekere stowwe uit te skei.

Natuurlike maniere om hoë uriensuurvlakke in die liggaam te verminder, kan die volgende insluit:

  • Verander jou dieet – probeer om rooivleis, suiker, stysels en soet drankies te verminder.
  • Drink ten minste twee liter gesuiwerde water per dag
  • Verminder jou alkohol-inname.


Hoe kan ek ontslae raak van hoë uriensuurvlakke? – Gebruik Manna pH Balance

Om van die oortollige uriensuur in die liggaam ontslae te raak, kan jou help om probleme soos jig en artritis te vermy.
Manna pH Balance is ‘n natuurlike aanvulling wat help om probleme soos jig en artritis te behandel. Dit help ook met ander probleme wat veroorsaak word deur hoë uriensuurvlakke.

Hoe werk Manna pH Balance?

Die verskillende bestanddele werk op ‘n sinergistiese wyse om suurheid te verminder en die pH in jou liggaam te balanseer. Manna pH Balance help jou liggaam om vinniger suur uit te skei en bloedvloei na die niere aan te help.

Wat is die voordele van Manna pH Balance?

  • Help om hoë suurvlakke in die liggaam te verminder
  • Help met die verligting van artritis simptome
  • Help om jig en jigverwante simptome te verlig
  • Help met die verligting van osteoartritis
  • Balanseer die pH van die liggaam


Wie kan dit gebruik?

Enige iemand wat sukkel met hoë suurvlakke, jig, jigsimptome, artritis en osteoartritis, kan dit gebruik.

Hoe veilig is dit?

Die bestanddele in die produk kom van betroubare, GMP-gesertifiseerde verskaffers af. Elke bestanddeel word getoets vir chemiese verbindings, soos beroking, plaagdoders of onkruiddoders.
Al die bestanddele word as dieetbestanddele beskou en word ook as veilig beskou om te gebruik.
Jy kan ook nie oordoseer nie.

Kan ek dit saam met my huidige medikasie gebruik?

Hierdie produk kan saam met enige ander medikasie gebruik word. Wanneer op Warfarin, neem die produk twee ure voor of twee ure na die Warfarin.

 

Die natuurlike manier om van suurheid in die liggaam ontslae te raak en pH-vlakke te stabiliseer.

Manna pH Balance

Manna pH Balance se formule is van die hoogste gehalte natuurlike en organiese bestanddele gemaak en is spesifiek ontwerp om ‘n balans te bring in die pH-vlakke van die liggaam.

What do customers say about Manna pH Balance?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Since my husband started taking pH Balance he hasn’t had any gout related symptoms

— Henriette Janse van Rensburg

Really works, fantastic product if you are acidic and have joint pains and can’t get better as Manna products are purely natural!!! I buy them continuously.

— Tanya Tosen

This product works very good for pain and stiffness in fingers. I love it!!!

— Desiré

I suffer form osteoarthritis and have tried many remedies with little effect. I am really impressed with this product . For the first time in years i can open a bottle and do some sewing without excruciating pain. Thank you for a great product.

— Charmain (Takealot)

I have been using it for about 11 years now and it works.

— Ian (Takealot)

Only use it for a week and can already feel the difference. Joints are more flexible and have less pain. I can recommend this product

— Raymond (Takealot)

outstanding product, 66 and first product than helps for pain in joints

— Elize (Takealot)