Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Simptome Van Swak Bloed Sirkulasie

Die Eerste Tekens Van Swak Bloed Sirkulasie

Swak bloed sirkulasie kan die gevolg wees van verskeie onderliggende probleme…

Dit kan ook baie pyn en ongemak veroorsaak – vra maar vir enige iemand wat daarmee saamleef.

Mense wat sukkel met swak bloed sirkulasie sal heel waarskynlik sekere kenmerkende tekens en simptome hê, wat gewoonlik in die arms, bene, hande, en voete voorkom.

Hoe vinniger mens hierdie tekens kan raaksien, en iets daaraan doen, hoe beter.

Die mees algemene tekens van swak bloed sirkulasie is:

Beenpyn Terwyl Jy Stap

‘n Algemene simptoom van swak bloed sirkulasie is pyne of krampe in jou bene of heupspiere wanneer jy stap, trappe klim of ‘n soortgelyke fisiese aktiwiteit uitvoer. Hierdie is ‘n toestand wat intermitterende kloudikasie genoem word, wat ‘n teken van PAS is.

Gevoelloosheid en Swakheid

As jou arms of bene gevoelloos of swak voel wanneer jy aktief is of rus, het jy moontlik lae bloed sirkulasie. As hierdie simptome skielik in jou arms en bene voorkom en gepaard gaan met verswakte of onduidelike spraak en gesigspiere wat hang, het jy moontlik lae bloed sirkulasie na jou brein weens aterosklerose.

Swak sirkulasie in die are wat bloed na jou brein moet vervoer kan ‘n beroerte veroorsaak.

Koue en Swelling

As jou hande, voete of onderbene heeltyd koud voel sonder rede, kan dit ‘n teken van swak bloed sirkulasie wees.

Lae bloed sirkulasie weens PAS of aterosklerose is geneig om een voet, hand of been kouer te laat voel as die ander een. Jy kan ook swelling bemerk weens swak sirkulasie, veral in jou bene en voete.

Sere Wat Nie Wil Genees Nie

Nog ‘n teken van lae bloed sirkulasie, veral in jou bene, is wanneer jy sere op jou voete of bene kry wat nie gesond wil word nie. Jy bemerk ook dalk swere of infeksies op jou bene en voete wat baie stadig genees.

Jy kan ook agterkom dat jy hare op jou voete en bene verloor of dat jou hare stadiger as normaal groei. Jou toonnaels kan ook stadiger groei.

Veranderinge in Velkleur

Swak sirkulasie kan veroorsaak dat die vel op jou arms, hande, bene en voete van kleur verander. Jy kan opmerk dat jou vel “blink” lyk.

Jou bene en voete kan bleek of blouerig raak weens die swak aflewering van bloed en suurstof na jou ledemate.

Swak Polsslag in Jou Bene

Swak bloed sirkulasie weens aterosklerose of PAS(Perifere arteriële siekte) kan veroorsaak dat jou polsslag swak of self afwesig in jou voete of bene word. Wanneer die polsslag in jou ledemate swak of afwesig is, beteken dit dat daar min of geen bloed sirkulasie in hierdie areas van die liggaam is. Die mees algemene metode wat dokters gebruik om bloedvloei probleme te diagnoseer, is om jou polsslag in jou been- en lies areas te ondersoek.

Borspyn

As jy borspyn of ‘n angina beleef, asook enige ander simptome van ‘n hartaanval, het jy dalk lae bloed sirkulasie in die are na jou hart. Dit kan ‘n teken van aterosklerose in hierdie are wees. As jy borspyn het, moet jy dadelik dokter toe gaan om ‘n potensieël lewensbedreigende mediese probleem te verhoed.

Erektiele Disfunksie

As jy ‘n man is en erektiele disfunksie ervaar, kan dit ‘n teken wees van lae bloed sirkulasie. Erektiele probleme kan ‘n aanduiding wees van swak bloedvloei na jou lies area en onderste ledemate weens een of meer geblokkeerde, verstopte of vernoude are.

 

Hoe kan ek bloed sirkulasie verbeter op ‘n natuurlike manier?

Deur ‘n paar eenvoudige lefstyl veranderinge te maak soos volg….

Hier is 7 stappe vir goeie bloedsirkulasie…

Dieet

Eerstens is ‘n goeie dieët baie belangrik, want ‘n dieët wat hoog is in koolhidrate is bekend daarvoor om baie verskillende kwale te veroorsaak, insluitend swak bloed sirkulasie. Sny verfynde koolhidrate soos brood, pasta, rys, aartappels, skyfies, koekies en lekkers uit.

Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.

Oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloed sirkulasie te verbeter.

Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.

Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

Natuurlike aanvullings

Die Manna Blood Circulation Support produk is spesiaal geformuleer om te help met die verbetering van bloedvloei op die mees natuurlike manier sonder enige newe-effekte.

Verhoog bloedsirkulasie en bevorder gesondheid

Manna Blood Circulation Support

Hierdie samestelling van top-gehalte natuurlike bestanddele, is spesifiek geformuleer om positiewe bloedsirkulasie op ‘n natuurlike manier te bevorder.

What do customers say about Manna Blood Circulation Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

I ve been taking this for years. It really helps with circulation and prevents my feet from swelling

— Zelda (Takealot)

Excellent product. Really helps eliminate the coldness in feet and other problems in my feet and hands due to bad circulation.

— Amelia

This WORKS! I sleep like a baby for the first time in years.. on my 2nd (not last) bottle. Thank you

— Denise

Started taking these pills and within a week my blood pressure went from 150\90 to 120\75.

— Rickard (Takealot)