Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Sê Totsiens Vir Warmgloede.

Sê Totsiens Vir Warmgloede.

Warm gloede kan moeilik wees om mee saam te leef om die minste daarvan te sê!

Menopousale warm gloede kan regtig ʼn demper op ‘n mens se dag plaas, of ʼn goeie nagrus in ʼn nagmerrie laat ontaard.

Kom ons gesels bietjie oor warm gloede…

Warmgloede kan enige oomblik skielik opvlam – gewoonlik wanneer ons dit die minste verwag. Dit kan dan skok en angs veroorsaak, wat die warm gloede net verder vererger.

Maar as mens dit behoorlik behandel, kan mens dit kop-eerste aanpak en die warm gloede tot ‘n minimum hou.

Wat presies is warm gloede?

Menopousale warmgloede is ‘n skielike gevoel van hitte wat in sekere dele van die liggaam – of selfs in die hele liggaam – opvlam en gewoonlik veroorsaak dat mens amper dadelik begin sweet. Dit word veroorsaak deur ‘n tydelike verandering in die grootte en vorm van die bloedvate.

Party dames beskryf ‘n “aura” van ongemak wat hulle voel net voordat die warmgloede begin. Warm gloede kan enige tyd van die dag of nag ervaar word, en wanneer dit in die nag gebeur noem ons hulle gewoonlik “nagsweet”.

Hoe lank duur ‘n warm-gloed episode?

Episodes van warm gloede kan enige iets vanaf net ‘n paar sekondes duur, tot en met ‘n paar uur.

Hoe gereeld gebeur hierdie episodes?

Vir party dames gebeur dit net een keer elke paar dae, waar ander ongelukkig genoeg is om dit tot en met 20 keer op ‘n enkele dag te ervaar.

Wat is die simptome van warm gloede?

Die mees algemene simptome van warm gloede sluit in:

  • Die gesig wat rooi word soos wanneer mens ernstig bloos.
  • Skielike, intense warm-gevoel, meestal in die gesig, nek, arms en bolyf – maar soms regdeur die liggaam.
  • Vinnige of onreëlmatige hartklop.
  • Sigbare sweet.
  • Koue rillings na die warm gloed episode.
  • Versteurde slaap.

Watter verdere simptome van menopouse ontstaan weens warm gloede?

Nagsweet, wat die slaap versteur, veroorsaak moegheid en geïrriteerdheid. Dit lei tot ander simptome soos gemoedskommelings, spysverteringsprobleme, hoofpyne, gewigstoename, en seksuele frustrasie.

Wat veroorsaak warm gloede?

Daar is verskeie faktore wat ‘n rol kan speel en warm gloede veroorsaak. Hier is die mees algemene vier:

1. Hormone

Verlaagde estrogeenvlakke beïnvloed die hipotalamus, wat die liggaam laat dink dis oorverhit – en dus sweet veroorsaak.

2. Estrogeen onttrekking

Verminderde estrogeen affekteer neuro-oordragstowwe soos norepinefrien en serotonien, wat weer die liggaam se hittebeheer beïnvloed.

3. Sekere gesondheidstoestande

  • Skildklier siekte
  • Infeksie
  • Vetsug
  • Suikersiekte
  • Paniekversteuring
  • Kanker
  • Hyperhidrose

4. Sommige medikasie

  • Raloksifeen (osteoporose)
  • Tamoxifen (borskanker)
  • Gonadotropien-analoë (bv. Nafarelin)

Hoe raak mens ontslae van warm gloede?

Gebruik ‘n natuurlike aanvulling soos Manna Menopouse Support om estrogeenvlakke natuurlik aan te vul. Dit werk effektief oor die langtermyn, maar neem tyd om resultate te wys.

Vir onmiddellike verligting van warm gloede, gebruik die Manna Hot Flush Gel.

Hoe werk dit?

‘n Kombinasie van spesifieke essensiële olies verkoel die liggaam vinnig en natuurlik sonder hormone.

Hoe gebruik ek dit?

Smeer agter op die nek tydens ‘n warmgloed-episode. Indien nodig, gebruik ook op die skouers, onder die arms, voete, of lies vir beter opname.

Wanneer gebruik ek dit?

Gebruik tydens ‘n episode, of voorsorg – soggens en saans.

Wat is die bestanddele?

  • Methylsulfonylmethane (MSM)
  • Mentha Piperita (Peperment)
  • Salvia Sclarea (Clary)
  • Lavandula Angustifolia (Laventel)
  • Ocimum Basilicum (Basiliekruid)
  • Citrus Medica Limonum (Suurlemoen)
  • Citrus Aurantium Amara Flower (Neroli)
Manna Menopause Support

Oorwin die simptome van menopouse en voel wonderlik!

Manna Menopause Support

Sekere aanvullings kry ons nie in ons daaglikse dieet nie maar mens het hierdie aanvullings nodig om die liggaam se balans tydens menopouse reg te stel.

What do customers say about Manna Menopause Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Amazing product
Ive been using Manna Health for 3 months now and simply can’t function without the menopause support. I can’t use conventional hormone-based menopause remedies due to medical reasons and Manna’s menopause support is the only thing that gets me through the day.

— Michelle O

This product works
Thank you for developing this product that really works. I recommended it to a total stranger the other day!

— Linda Hulley

The product has truly taken away my hot flushes. Extremely happy with the product.

— Lisa

Have been using this product since 2018 after having hysterectomy and it's my go to product for all menopause related symptoms.

— Zanele (Takealot)

This is the first natural supplement that actually helps with hot flushes

— Karen (Takealot)

I was sceptical, but tried it since there were so many good reviews. I can honestly say I was pleasantly surprised and will recommend it to anyone wanting a natural option. Night sweats are no longer an issue😁

— Janine (Takealot)

I would definitely recommend this product. I have been using it for about two years and it is excellent. Assists with hot flushes, mood swings, better sleep. My family and I noticed the difference recently when I ran out😂

— Sue (Takealot)

Manna menopause support has changed my life! Before I was suffering from frequent hot flushes and now I am flush free! Thank you so much!

— June (Takealot)

At last I can get a good night's rest without the pesky nightsweats and hot flushes. Highly recommend this product

— Rene (Takealot)