Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Menopouse en Vergeetagtigheid

Menopouse en Vergeetagtigheid

Baie vroue wat menopouse nader, kla van geheueverlies, vergeetagtigheid en dat hulle sukkel om te konsentreer.

Karsleutels wat weg is, afsprake of verjaarsdae wat vergeet word, of om die draad van ‘n storie te verloor, kan dalk as toevallig beskou word, maar dit kan geweldig ontstellend wees vir vroue wat nog altyd in beheer gevoel het. Hierdie vergeetagtigheid is egter ‘n normale simptoom van menopouse wat geassosieer word met lae vlakke van estrogeen en hoë vlakke van stres.

Die meeste vroue wat deur menopouse gaan, ervaar vergeetagtigheid as een van die mees ontstellende simptome. Dit kan tot baie wanopvattings lei, soos dat vergeetagtigheid ‘n aanduiding van ‘n veel ernstiger probleem is. Vergeetagtigheid is egter bloot die gevolg van hormoonskommelinge wat tydens menopouse plaasvind en is selde iets om oor bekommerd te wees.

Oor Vergeetagtigheid

Definisie

Geheue word gedefinieër as verstandelike vermoë of die vermoë om feite, gebeure, indrukke of vorige ervarings te onthou of te herroep. Vergeetagtigheid is dus kort tydjies wanneer ‘n persoon hierdie verstandelike vermoë of vermoë om inligting te onthou of te herroep, verloor.

Twee soorte geheue word beïnvloed by vroue wat vergeetagtigheid ervaar: korttermyn geheue en onlangse geheue.

Vroue wat met vergeetagtigheid sukkel, noem dat hulle brein ‘dof’ voel as hulle probeer om te onthou waar hulle byvoorbeeld hul sleutels neergesit het. Die onthou van name, datums en adresse kan moeilik wees vir vroue wat gedurende menopouse aan vergeetagtigheid ly, veral wanneer sy pas daardie inligting ontvang het.

Tipes geheue

Geheue word meestal in twee kategorieë verdeel: kort- en langtermyn geheue. Daar is in der waarheid verskeie tipes geheue waaruit die ongelooflik komplekse funksie van geheue bestaan. Die verskillende tipes geheue hier onder sal jou ‘n beter idee gee van die verskillende funksies wat geheue vervul.

  • Korttermyn geheue

Die vermoë om inligting vir kort oomblikke te onthou, soos ‘n telefoonnommer vir die tydjie wat dit neem om die nommer te skakel.

  • Onlangse geheue

Die vermoë om dag-tot-dag gebeure te onthou, soos wanneer nuwe inligting geleer word.

  • Sensoriese geheue

Die vermoë om reuke, klanke en beelde te herken.

  • Langtermyn geheue

Langtermyn geheue het met dinge in die verlede te doen, en staan in engels ook bekend as ‘remote memory’.

  • Verklarende geheue

Dit is die vermoë om die betekenis van woorde, feite en algemene kennis van die wêreld te onthou.

  • Prosedurele geheue

Dit is die vermoë om motoriese vaardighede – hoe om dinge te doen – te onthou, soos hoe om te loop, fiets te ry of te eet.

Simptome van vergeetagtigheid

Die primêre simptoom van vergeetagtigheid is die onvermoë om inligting te onthou wanneer jy wil, maar daar is ook ander, sekondêre simptome van vergeetagtigheid.

  • Sukkel om te konsentreer
  • Vergeet ‘n onlangse gebeurtenis en onthou dit later
  • “Dowwe” denke

Wanneer ‘n vrou eers daarvan bewus is dat sy vergeetagtig is, sal dit baie help as sy meer uitvind waarom dit gebeur.

Oorsake van Vergeetagtigheid

Daar kan verskeie oorsake wees van vergeetagtigheid by menopousale vroue.

Hormonale Oorsake

Net soos baie ander menopousale simptome word vergeetagtigheid grootliks veroorsaak deur ‘n hormonale wanbalans. Vergeetagtigheid kan ook ‘n kombinasie wees van ander menopousale simptome wat ‘n vrou se konsentrasievlak en geestelike behoud beïnvloed.

Estrogeen Vergeetagtigheid

Vergeetagtigheid is ‘n algemene verskynsel by vroue tydens peri-menopouse. Soos ‘n vrou haar menopouse nader, begin sekere hormoonvlakke in haar liggaam afneem. Hierdie verminderende vlakke, veral in estrogeen, kan verskillende uitwerkings op ‘n vrou se liggaam en gees hê.

Estrogeen speel ‘n sleutelrol in die geval van vergeetagtigheid. Dit het ‘n groot invloed op die funksies van die brein en dit beïnvloed taalvaardighede, gemoedstoestand, aandag en ‘n aantal ander funksies, insluitend geheue. Estrogeen word direk gekoppel aan verbale woordvlotheid of die vermoë om name en woorde te onthou. Dit is dus geen wonder dat ‘n vrou se geheue daaronder sal ly wanneer haar estrogeenvlakke begin daal nie.

Risikofaktore

Hoewel hormoonskommelinge die mees algemene oorsaak van vergeetagtigheid by menopousale vroue is, kan ander risikofaktore ook hierdie simptoom veroorsaak, soos:

  • Oormatige hoeveelhede alkohol
  • Sommige medikasie (bv. slaappille, anti-depressante, bloeddruk- en hartmedikasie, pynstillers en kalmeermiddels)
  • Vitamientekorte
  • Swak dieët
  • Tekort aan slaap
  • Oormatige werklading

Behandelings vir Vergeetagtigheid

Gelukkig is vergeetagtigheid meestal nie iets waarmee ‘n vrou permanent saam hoef te leef nie; behandeling is beskikbaar. Gewoonlik word ‘n vrou aangeraai om met die minste indringende metode te begin en dan later meer drastiese behandelings te oorweeg as die simptome nie verbeter nie.

Leefstylveranderinge

Leefstylveranderinge kan geïmplementeer word by ‘n vrou se lewe, soos aanpassings aan haar dieët of ‘n ander oefenprogram. ‘n Gebalanseerde dieët sluit byvoegings in soos omega-3 vetsure wat ‘n vrou se konsentrasie kan aanhelp.

‘n Groot verskeidenheid vrugte en groente is ook nodig om geheue-bevorderende antioksidante en vitamiene B, C, D en E in te kry, wat almal belangrik is vir behoorlike breinfunksie. Daar is bewys dat brein oefeninge en speletjies, soos blokraaisels en Sudoku, geheue kan verbeter. Oefening (veral stap) en genoeg slaap help baie met geheue.

Alternatiewe medisyne

Omdat die primêre oorsaak van vergeetagtigheid in menopousale vroue ‘n afname in estrogeenvlakke is, is die beste manier om dit te beheer om die fundamentele hormoon wanbalans aan te spreek. Natuurlike aanvullings kan ‘n veilige en effektiewe behandelingsopsie wees. Probeer die Manna Menopause Support aanvulling om estrogeenvlakke op ‘n natuurlike manier te verhoog, sonder enige newe effekte.

Manna Menopause Support

Oorwin die simptome van menopouse en voel wonderlik!

Manna Menopause Support

Sekere aanvullings kry ons nie in ons daaglikse dieet nie maar mens het hierdie aanvullings nodig om die liggaam se balans tydens menopouse reg te stel.

What do customers say about Manna Menopause Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Amazing product
Ive been using Manna Health for 3 months now and simply can’t function without the menopause support. I can’t use conventional hormone-based menopause remedies due to medical reasons and Manna’s menopause support is the only thing that gets me through the day.

— Michelle O

This product works
Thank you for developing this product that really works. I recommended it to a total stranger the other day!

— Linda Hulley

The product has truly taken away my hot flushes. Extremely happy with the product.

— Lisa

Have been using this product since 2018 after having hysterectomy and it's my go to product for all menopause related symptoms.

— Zanele (Takealot)

This is the first natural supplement that actually helps with hot flushes

— Karen (Takealot)

I was sceptical, but tried it since there were so many good reviews. I can honestly say I was pleasantly surprised and will recommend it to anyone wanting a natural option. Night sweats are no longer an issue😁

— Janine (Takealot)

I would definitely recommend this product. I have been using it for about two years and it is excellent. Assists with hot flushes, mood swings, better sleep. My family and I noticed the difference recently when I ran out😂

— Sue (Takealot)

Manna menopause support has changed my life! Before I was suffering from frequent hot flushes and now I am flush free! Thank you so much!

— June (Takealot)

At last I can get a good night's rest without the pesky nightsweats and hot flushes. Highly recommend this product

— Rene (Takealot)