Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Menopouse: 10 Mites Oor Gewigsverlies!

Menopouse: 10 Mites Oor Gewigsverlies!

Jy kom agter jy tel ‘n bietjie gewig op, hier en daar kom sit daar ‘n bietjie ekstra by!

Dit is tog normaal gedurende menopouse!? Met die beste van voornemens besluit jy om jou kalorie inname te verminder, ‘n gesonde dieet te volg wat sin maak. MAAR voor jy begin; daar IS ‘n paar mites oor gewigsverlies tydens menopouse!

Hier is 10 mites oor gewigsverlies:

1. ALLE vet is sleg vir jou?!

Ja, jy het die regte idee, maar dink aan die hele prentjie van vet! Wanneer dit by vet kom is daar vet in party kosse wat “beter” vet is, as in ander. Sny versadigde vette uit. Kies liewer neute en maer vleis, soos hoender, vark en vark “tenderloin” en ekstra maer beesvleis. Die waarheid is; elke mens se lyf het vet nodig want dit sorg dat jy vir langer periodes versadig bly, dit help ook dat jou liggaam noodsaaklike voedingstowwe inneem!

2. Ek MAG NIE koolhidrate eet nie!

Hierdie is ‘n veralgemening! Die tipe koolhidrate/stysel om te vermy is verfynde koolhidrate wat gewoonlik in geprosesseerde voedsel voorkom. Komplekse koolhidrate soos in graan, volgraan brood, volgraan paste en boontjies gee jou genoegsame vesel en sal jou ook langer versadig laat voel.

3. Wanneer ek ‘n ete oorslaan SNY ek my kalorieë

Daardie kalorieë wat jy nou probeer uitsny deur nie te eet nie, sal vermeerder! Mense wat ‘n maaltyd oorslaan ooreet gewoonlik later in die dag want hulle honger het na hongersnood verander. Deur ‘n maaltyd oor te slaan verminder jou liggaam die verbranding van energie, en dus daal jou metabolisme. Jou liggaam stoor eintlik die kalorieë.

4. Ek MOET ‘n hoë proteïen dieet volg om gewig te verloor?

Die geheim om gesond te eet is ‘n gesonde balans. Jy kan NIE al jou voedingswaarde uit een voedselgroep kry nie.

5. Deur ‘n …………….. (sit jou eie keuse kos/naam hier in) dieet te volg is ‘n versekerde manier om kilogramme te verloor!?

Dit wil voorkom of daar elke jaar ‘n nuwe “groente sap dieet” is, of ‘n pomelo dieet?! Hierdie “diëte” belowe ‘n kleiner middel en vinnige resultate! Maar dit is heelwaarskynlik dat jy NIE die gewig sal AF hou wanneer jy klaar is met die manier van eet nie. Dit is wys om NIE een tipe kos heeltemal op te hou eet nie. Mik na ‘n gebalanseerde eetplan!

6. Ek moet ALLES koop en eet wat sê lae- vet!?

Baie keer word lae-vet en vet-vry, as GOED vir jou bestempel. Het jy al ooit gewonder hoe sorg die vervaardigers van sulke produkte dat die voedsel na iets smaak, noudat al die vet verwyder is? Heelwat van die kosse waarvan die vet of van die vet verwyder is soos beskuitjies, slaaisous en voorafverpakte peuselhappies is gelaai met suiker en stysel om die vet te vervang. Moenie dink jy kan meer eet van voedsel wat lae-vet en geen vet bevat nie. Meeste hiervan het dieselfde hoeveelheid kalorieë as voor die vet weggeneem is.

7. Ek kan NOOIT weer wegneemkos eet nie?!

Met die aanvraag na gesonde kos keuses het heelwat wegneem ete restaurante/verskaffers ook kos op hul spyskaart gesit wat nie jou dieet sal kelder nie. Al kies jy ‘n hamburger kan jy wel die slap tjips los, asook kalorie gelaaide souse soos mayonnaise en kaas.

8. Ek behoort NET kardio oefeninge te doen en die gewigoptel los.

Kardio oefeninge sal wel jou hart sterker maak en jou help om kalorieë te verbrand, maar dit is wys om dit te kombineer met gewigoptel oefeninge. Hierdie tipe oefening sal jou nie noodwendig “groter” maak nie maar sal jou liggaam help om ferm te word. Die spiere wat bykom sal jou ook help om kalorieë te verbrand.

9. Ek kan nie na 7 in die aand eet nie.

Jou kos het nie ‘n ingeboude horlosie nie, dit gaan dus nie uit die bloute meer kalorieë verbrand as jy dit vroeër eet nie. Indien jy daaraan gewoon is om laat in die aand te eet, doen so voort. Maak net seker jy is nog binne jou vasgestelde kalorie inname vir die dag en let op WAT jy eet.

10. Nee dankie vir poeding.

Vir die wat gewig wil verloor met ‘n soet tand is hierdie een ‘n taai tameletjie! Daar is wel maniere om jou soete versoeking te bevredig sonder om oor die tou te trap met ‘n stukkie soetigheid. Indien jy smag na ‘n soet dingetjie eet liewer ‘n vrug in plaas van koek en lekkers. EN ONTHOU dit is goed om nou en dan jouself te bederf. Moenie die porsie grootte en die gewoonte herhaal nie!

Hormone en gewigstoename?

‘n Vrou se hormone verrig ingewikkelde werk in haar liggaam, dit sluit gewigsbeheer in. Hier is ‘n lys van hormone wat gewigstoename beïnvloed en hoe dit gebeur:

  • ‘n Verlaging in estrogeen en progesterone kan ‘n vrou se eetlus aanwakker en sorg dat sy tot 67% meer eet as gewoonlik, na aanleiding van ‘n onlangse studie. ‘n Toename in aptyt is verwant aan ‘n stadiger metabolisme en natuurlik gewigstoename.
  • Insulien weerstandigheid kan voorkom gedurende menopouse. Dit is wanneer ‘n vrou se liggaam die fout kan maak om elke kalorie in vet te verander. Oor ‘n tydperk kan verfynde en geprosesseerde kos, ‘n vrou se liggaam weerstandig maak teen insulien wat in die bloedstroom vrygestel word.

Watter Aanvullings?

Ons stel voor die Manna Menopause Support wat die estrogeen op ‘n natuurlike manier aanvul en die afwaardse spiraal stop. En dan ook die Manna Blood Sugar Support wat sorg dat jou bloed glukose vlakke stabiel hou, daardeur word die kos hunkerings verminder en help die liggaam met insulien beheer.

Manna Menopause Support

Oorwin die simptome van menopouse en voel wonderlik!

Manna Menopause Support

Sekere aanvullings kry ons nie in ons daaglikse dieet nie maar mens het hierdie aanvullings nodig om die liggaam se balans tydens menopouse reg te stel.

What do customers say about Manna Menopause Support?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Amazing product
Ive been using Manna Health for 3 months now and simply can’t function without the menopause support. I can’t use conventional hormone-based menopause remedies due to medical reasons and Manna’s menopause support is the only thing that gets me through the day.

— Michelle O

This product works
Thank you for developing this product that really works. I recommended it to a total stranger the other day!

— Linda Hulley

The product has truly taken away my hot flushes. Extremely happy with the product.

— Lisa

Have been using this product since 2018 after having hysterectomy and it's my go to product for all menopause related symptoms.

— Zanele (Takealot)

This is the first natural supplement that actually helps with hot flushes

— Karen (Takealot)

I was sceptical, but tried it since there were so many good reviews. I can honestly say I was pleasantly surprised and will recommend it to anyone wanting a natural option. Night sweats are no longer an issue😁

— Janine (Takealot)

I would definitely recommend this product. I have been using it for about two years and it is excellent. Assists with hot flushes, mood swings, better sleep. My family and I noticed the difference recently when I ran out😂

— Sue (Takealot)

Manna menopause support has changed my life! Before I was suffering from frequent hot flushes and now I am flush free! Thank you so much!

— June (Takealot)

At last I can get a good night's rest without the pesky nightsweats and hot flushes. Highly recommend this product

— Rene (Takealot)