chevron_left chevron_right
Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

10 Gesondheid Foute Wat Mans Maak

10 Gesondheid Foute Wat Mans Maak

Net omdat ons mans is, beteken dit nie ons is immuun teen al die bekende en onbekende kwale en gesondheidskwessies op die planeet nie.

Hier is ‘n 10 algemene gesondheid foute wat ons moet voor uitkyk en in gedagte hou…

  1. Die Dokter vermy

  2. Jy weet reeds hoe om ‘n paar kilogram te verloor en dus sny jy op die bier en aartappelskyfies. Wat meer is, jy voel goed. Mans is slim as dit kom by redes om nie dokter toe te gaan nie. Maar een van die belangrikste dinge wat jy kan doen vir jou gesondheid is om ‘n afspraak by die dokter te maak, en daarvoor op te daag!

  3. Dink Jy Kan nie ‘n Hartaanval kry nie

  4. Die “Groot Een” is iets waaroor meeste mans bekommerd is vir hul pa’s of oupas. Maar die gevaar is ook daar vir jonger mans. As daar hartsiektes in jou familie is, kan dit jou selfs in jou 30s tref. Maak nie saak hoe oud jy is nie, maak ‘n punt daarvan om jou hart goed op te pas.

  5. Ignoreer dit as jy gesê word jy snork

  6. Saag jy snags balke? Omtrent die helfte van mans wat snork het iets wat obstruktiewe slaap-apnee genoem word. Dit is meer as net iets wat jou bedmaat irriteer. Hierdie toestand kan jou vir ‘n paar sekondes laat ophou asemhaal. Dit hou ook verband met hartsiekte en hoë bloeddruk.

  7. Vermy Sonskerm

  8. Ons praat nie net van gholf- of stranddae nie. Jy moet elke keer wanneer jy uitgaan ‘n produk met ‘n SPF van 30 of meer aansmeer om velkanker te voorkom. Meeste mans smeer dit nooit op hul gesigte of enige ander deel van hul liggaam nie. Beskerm jouself.

  9. Weier om Hulp te Kry vir Impotensie

  10. Moenie skaam wees nie. Probleme in die slaapkamer het niks met jou manlikheid te doen nie. Die kans is goed dat dit ook nie met jou gemoedstoestand te doen het nie. Die hoofoorsaak van impotensie is gewoonlik ‘n gebrek aan bloedvloei na die penis. Dit kan ook ‘n teken van hartprobleme wees, so skuif jou trots eenkant en sien die dokter.

  11. Drink die Mistroostigheid Weg

  12. Meer vroue as mans raak depressief. Dit is deel van die probleem – die idee dat dit ‘n “vroueprobleem” is, verhoed dat die meer as 6 miljoen mans wat dit het, gaan hulp soek. As gevolg hiervan wend meer mans hulle tot dwelms en alkohol om hulle beter te laat voel. Dit maak die depressie soveel moeliker om raak te sien – en te behandel.

  13. Gaan Saam met die Vloei

  14. Hoeveel keer het jy vandag die badkamer besoek? Regtig, wie het tyd om telling te hou? Miskien moet jy. As jy meer as agt keer per dag of meer as twee keer snags gaan, kan dit meer as net ‘n beslommernis wees. Dit kan ‘n teken wees van ‘n mediese probleem, soos ‘n vergrote prostaat, ooraktiewe blaas (OAB), of selfs sekere vorms van kanker. Praat met jou dokter daaroor.

  15. Hou Jou Mond Toe

  16. Vroue is meer geneig om roetine tandarts-ondersoeke te laat doen as mans. Maar mans moet ook gereeld die tandarts besoek. Nie net omdat hulle tandprobleme vroegtydig kan opspoor en vermy nie, maar omdat hierdie terugsit en “ah” sê ook simptome van siektes soos diabetes, Crohn se Siekte, lupus en selfs leukemia kan toon.

  17. Bly By Vleis en Aartappels

  18. Min mans kry genoeg vrugte en groente in gedurende die dag. Dokters beveel vier tot vyf porsies van elk aan as deel van ‘n hart-gesonde dieët. Asof dit nie genoeg is nie, verlaag die inname van hierdie gesonde kosse ook die kanse dat jy ‘n beroerte, kanker of spysverteringsprobleme sal hê. En dit reguleer jou bloedsuiker.

  19. Daag die Noodlot Uit

  20. Sommige ouens is lief daarvoor om te drink, rook, dobbel, vinnig te bestuur of om uit vliegtuie te spring. Natuurlik is dit pret, maar al hierdie dinge kan sleg wees vir jou gesondheid. Om die waarheid te sê, mans is meer geneig om al hierdie dinge te doen as vroue. Hoekom? Sommige ouens drink meer, en dit meng in met hul oordeelsvermoë. Ander spandeer eenvoudig minder tyd daaraan om bekommerd te wees oor die gevolge van hul dade. Soms is dit lonend om twee keer te dink.

Wat kan ‘n man doen om te sorg hy bly gesond en behou sy manlikheid?

Ons as mans voel dikwels dat ons nie mansgenoeg gaan lyk as ons na ons gesondheid omsien nie. Maar meeste van die tyd kom hierdie siening as gevolg daarvan dat ons testosteroon vlakke begin daal – dit gebeur met alle mans. Dis waarom ons voel dat ons moet allerhande brawe of opwindende dinge doen om onsself te bewys. Maar gelukkig is daar iets wat ons daaraan kan doen.

As jy lae Testosteroon het…

  • Maak gesonde leefstylveranderinge

Soos volg ‘n gebalanseerde dieët.

  • Hou by ‘n oefenprogram

Wat kardio en gewigsoefeninge insluit. Jy moet ten minste 4 keer per week oefen, vir 45 minute op ‘n slag.

  • Kry vir jouself ‘n natuurlike aanvulling

Met fito-testosteroon ondersteuning.

Wat is en doen hierdie T-Boost?

  • Help om testosteroonvlakke op die mees natuurlike manier te verhoog, sonder newe-effekte.
  • Slaap beter.
  • Verhoog verminderde libido.
  • Spreek erektiele disfunksie aan.
  • Stop spierverlies.
  • Verminder Ginekomastie (manlike borste).
  • Verminder prikkelbare manlike sindroom.
  • Stop geheueverlies.
  • Stop moegheid.
  • Stop haarverlies en stimuleer haargroei.
T-Boost
 

Spesiaal geformuleer vir mans om hul gesondheid terug te neem

Manna Mansgesondheidsaanvullings

Hierdie formulerings is van die hoogste gehalte natuurlike bestanddele, spesifiek ontwerp om mans se gesondheid op 'n natuurlike manier te help bevorder.

What do customers say about Manna Men's Health Products?

Satisfied Customers

Oh boy! what it is to feel like a man again. My wife had MS, so no sex. I remarried after a long period and sex was not what it was. Now, with your two products, I am back in the happy land of pleasing my wife, I’ll continue to order. (Andropause and T-Boost.)

— Andrew

My Man struggles with bladder problems in general. And since I got him the T Boost he has much more comfort in his bladder. I highly recommend this product for men as a general health product and to make this part of their everyday use.

— Danitsa

(Andropause)
Say good bey to ED. This product along with Manna Blood Circulation is potent. I have a severe heart condition and this product changed my life.

— Eddie (Takealot)

Andropause is a really good product. It has helped my husband tremendously. It has defintely helped him with his moods. He has a better sleep snores less and he does not feel hot as much as he used to and has also increased his concentration levels. Better memory. I highly recommend andropause. It has definitely changed my husbands life. Its a wonderful product.

— Pegasus