Free Shipping

Get free shipping on all orders above R550. *South Africa Only

Natural and Organic

All our ingredients are non-GMO, sustainably sourced and natural

More on Health?

Hundreds of fascinating articles on solving different health problems.

Excellent savings

Sign up to our newsletter for weekly specials and vouchers

chevron_left chevron_right

Raad Vir Brand Voete

Raad Vir Brand Voete

Diabete: Dikwels voel dit asof hulle op warm kole loop.

Dit is een van die mees algemene probleme wat by diabete voorkom.

Die voete is seker die deel wat die heel meeste aangetas word deur diabetes. Daarom is dit uiters belangrik om goeie voetsorg te tref. Hier is bietjie raad vir brand voete.

Ons raad vir brand voete het 10 maklike stappe om te volg vir daaglikse voetsorg:

  1. Ondersoek jou voete daagliks

    Jy kan voet probleme ontwikkel waarvan jy nie bewus is nie. Ondersoek jou voete vir snye, sere, rooi kolle, inflammasie, of besmette toonnaels. ʼn Voet-ondersoek moet by jou daaglikse roetine ingesluit wees. As dit vir jou moeilik is om te buk om jou voete te ondersoek, gebruik ʼn klein spieëltjie of vra iemand om jou te help. Kontak dadelik jou dokter as ʼn sny, seerplek, blaas of kneusplek op jou voet nie na een dag begin gesond word nie.

  2. Was jou voete deeglik

    Was jou voete in warm water. Moenie jou voete week nie, want dit sal veroorsaak dat jou vel uitdroog. Gebruik ʼn termometer of jou elmboog om die water se temperatuur te meet, want dit moenie te warm wees nie. Droog jou voete goed af, veral tussen jou tone. Gebruik babapoeier om die vel tussen jou tone droog te hou.

  3. Hou die vel sag en glad

    Smeer ʼn klein hoeveelheid vogroom op jou hele voet. Moenie daarvan tussen jou tone smeer nie, want dit kan infeksie veroorsaak.

  4. Dra skoene en sokkies ten alle tye

    Moenie kaalvoet loop nie, selfs nie in die huis nie. Jy kan dalk in iets trap wat jou voete beskadig. Dra altyd sokkies, sykouse of kouse sonder some saam met jou skoene om te verhoed dat jy blase en sere kry. Maak seker dat die materiaal help om die vog van die voete te absorbeer sodat die voete droog kan bly. Maak altyd eers seker daar is niks binne die skoene, soos klippies, nie. Dra skoene wat goed pas en jou voete beskerm.

  5. Beskerm jou voete teen hitte en koue

    Dra skoene wanneer jy op warm oppervlaktes soos ʼn sypaadjie of op die strand stap. As die bokant van jou voete aan die son blootgestel is, beskerm hulle met sonskerm. Hou jou voete weg van verwarmers of oop vure. Moenie warmwatersakke of warm kussings op jou voete sit nie. As jou voete koud kry, dra soomlose sokkies wanneer jy slaap. Uitgevoerde stewels help om jou voete warm te hou gedurende die winter. Hou altyd jou voete warm gedurende die koue weer. Moenie sokkies met some of ongelyk dele dra nie. Kies gestopte sokkies wat jou voete beskerm en gemaklik is om mee te stap.

  6. Behou die bloedvloei na jou voete

    • Sit jou voete op ʼn voetstoeltjie wanneer jy sit.
    • Wikkel jou tone vir ongeveer 5 minute, 2 of 3 keer per dag. Beweeg jou enkels in alle rigtings om bloedvloei in jou voete en bene te verbeter.
    • Moenie jou bene vir lang tye kruis nie.
    • Moenie styfpassende kouse, rekke of kousbande dra nie.
    • Moet nie beperkende skoene of voetprodukte dra nie. Sulke produkte met rekke moenie deur diabete gedra word nie, want dit verminder die bloedsirkulasie na die voete.
    • Moenie rook nie. Rook verminder die bloedsirkulasie na die voete. As jy aan hoë bloeddruk of hoë cholesterol lei, raadpleeg jou gesondheidsorgspan om dit onder beheer te kry.
  7. Eet gesond

    Bly weg van kits-diëte af wat jou net moedeloos maak en boonop nog sleg vir jou gesondheid ook is. Volg ʼn gebalanseerde manier van eet wat volhoubaar is in die langtermyn. Jy kan die GRATIS Manna Dieet aflaai om te gebruik as ʼn handleiding.

  8. Wees meer aktief

    Beperk alle oefeninge wat stremmend is op die voete, soos hardloop of spring. Sluit altyd ʼn kort opwarming- en afkoeltyd in. Dra beskermende stap- of sportskoene wat goed pas en goeie ondersteuning bied. Stap, dans, swem en fietsry is alles goeie vorme van oefening wat nie stremmend op die voete is nie. Maar moenie dat dit jou beperk nie!

  9. Beheer jou bloedsuiker vlakke

    Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete. Die Manna Blood Sugar Support is 'n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

  10. Gebruik die Manna Burning Feet Gel

    Die Manna Burning Feet Gel verlig simptome van brandende voete. Dit help om die pyn en ongemak wat deur brandende voete gebring word te verlig en sodoende lewensgehalte te verbeter.

Manna Burning Feet Gel help om simptome wat met brandende voete geassosieer word, te verlig.

Manna Burning Feet Gel

Verlig spierspasmas, help om pyn te verlig, anti-allergeen, anti-inflammatories, antisepties, nie-toksies en veroorsaak nie irritasie nie.

What do customers say about Manna Burning Feet Gel?

Satisfied Customers

chevron_left chevron_right

Wow what a great product. It really works. My feet sometimes burn and since I have been using this I can sleep in peace as this works in a few minutes and I do not have to toss and turn because my feet are burning or irritating me.

— Chantell (Takealot)

This product really works well. Eases the burning effect. Can walk with ease. Great stuff!!!

— Frank Joubert

Not only is this miracle gel for diabetics with neuropathy, I have painful arthritis in my hands. By evening I have raised blisters on my fingers. Your could be called Burning Hands and Feet gel. Once applied to my fingers I am able to sleep peacefully all night without taking drugs. Thank you.

— Verna Walker

From day one I felt the relief. This is forsure a excellent product. Highly recommended

— Susan (Takealot)